Jan Kempdorp: Saak weer uitgestel

'n Skermskoot van die video wat by die Hoër Landbouskool in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap gemaak is. Die slagoffer lê met sy maag op 'n bed terwyl ander skoolseuns toekyk.

‘n Skermskoot van die video wat by die Hoër Landbouskool in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap gemaak is. Die slagoffer lê met sy maag op ‘n bed terwyl ander skoolseuns toekyk.

Die vier leerlinge van die Hoër Landbouskool in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap wat
daarvan beskuldig word dat hulle ʼn koshuisleerder aangerand en seksueel mishandel het, se saak is weer uitgestel.

“Die Demokratiese Alliansie neem met misnoeë kennis dat die verkragtingsaak weer uitgestel is,” het Safiyia Stanfley, provinsiale woordvoerder van die DA, in ʼn verklaring gesê. “Byna twee maande het nou verstryk sedert die brutale verkragting en aanranding op die skoolterrein.”

Die leerlinge het Donderdag in die hof verskyn waar die saak tot 15 Mei uitgestel is. “Wanneer die beskuldigdes weer verskyn, wil ons sien dat die ondersoek afgehandel is en dat ʼn hofdatum vasgestel word,” het hy bygevoeg.

Stanfley het gesê die saak is ʼn groot skande vir ons land en berokken skade aan versoening. “Hoe langer hierdie saak deur die howe gesleep word, hoe moeiliker is dit vir die slagoffer en die gemeenskap om berusting te vind. Geregtigheid moet geskied, ter wille van die slagoffer wat sluiting moet vind. Daar moenie enige verdere vertragings in die saak wees nie.”

Die party doen ook ʼn beroep op die skoolbeheerliggaam om die interne dissiplinêre prosesse af te handel, wat uitgestel is om regsverteenwoordiging toe te laat. “Ons verwelkom dit dat die regte prosesse gevolg word, veral omdat ʼn misdaad gepleeg is, maar die volg van prosesse kan nie gebruik word as ʼn verskoning om geregtigheid te vertraag nie.”

Die voorval het hewige reaksie ontlok toe dit aan die lig gekom het. Van die omstanders het die voorval met ‘n selfoon afgeneem.

Lees alle vorige berigte oor Jan Kempdorp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KOOS ·

Desire, ons kan sien jy is ook een van die hoogs oningeligde persone wat ook hierdie geval uit verband uit wil ruk. Het jy al navraag gedoen om jou feite agtermekaar te kry, of lewer jy net kommentaar uit eie opinie en denke? Ek is ‘n ouer van een van die seuns en het die hele dissiplinere verhoor by die skool bygewoon van dag 1 af. Drie van die seuns is alreeds op die klag van verkragting onskuldig bevind, deur ‘n dissiplinere paneel wat deur die skool aangestel was. N.a.v. getuies wat self teenwoordig was in die kamer, kon drie van die seuns nie met die “verkragting” verbind word nie. Ek wil asb. mense soos JY vra, wat oningeligte kommentaar lewer in die openbaar, om julle feite reg te kry. Die media blaas alles op en uit verband uit en moet nuus lewer oor dit wat vir hulle voorgeskryf word. As jy nie positiewe kommentaar kan lewer nie, wil ek asseblief liewer voorstel dat jy jou opinie vir jouself hou op die stadium, want dit is baie veiliger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.