Die seuns, tussen 14 en 18 jaar oud, is al sedert 9 Februarie geskors na ʼn voorval waar ʼn 18-jarige seun glo as deel van ʼn ontgroeningsproses kaal uitgetrek en sy hande en voete vasgebind is. Hy is glo met skeerroom gespuit en met ʼn voorwerp gesodomiseer.
Sydney Stander, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, het aan die koerant gesê die vier seuns het nog nie berou getoon vir hulle dade nie. “Ons weet nie of hulle tydens die dissiplinêre verhoor sal besluit om dit te doen nie.”
Die vier seun word ook strafregtelik aangekla en het Donderdag in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn. Die saak is tot 9 April uitgestel.
Volgens Stander het die beweerde slagoffer se ouers intussen besluit om hul seun weer terug te stuur na die skool nadat hulle vroeër gesê hulle wil nie hê hy moet terugkeer nie. Sy terugkeer sal glo geskied onder leiding van ʼn sielkundige.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Ek lees gisteraand op DSTV – news 24.com en sien daar word berig oor die 4 seuns as “four White boys” -dis insigewend maar nou wonder ek as swart mense die wet oortree hoekom dan nie na ras verwys word nie? – is dit nie rsisties nie? jy hoor van plaas aanvallers 16…17 jaar oud en sien later fotos van die swart aanvaller … maar nooit word na hom as n “black boy or child” verwys nie – ja rasisme loop dik in ons media ook.