Jan Kempdorp: Vier seuns dissiplinêr verhoor

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Die vier leerders wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn koshuisleerder van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap aangerand en seksueel mishandel het, sal volgende week dissiplinêr verhoor word, het die Sunday Times berig.

Die seuns, tussen 14 en 18 jaar oud, is al sedert 9 Februarie geskors na ʼn voorval waar ʼn 18-jarige seun glo as deel van ʼn ontgroeningsproses kaal uitgetrek en sy hande en voete vasgebind is. Hy is glo met skeerroom gespuit en met ʼn voorwerp gesodomiseer.

Sydney Stander, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, het aan die koerant gesê die vier seuns het nog nie berou getoon vir hulle dade nie. “Ons weet nie of hulle tydens die dissiplinêre verhoor sal besluit om dit te doen nie.”

Die vier seun word ook strafregtelik aangekla en het Donderdag in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn. Die saak is tot 9 April uitgestel.

Volgens Stander het die beweerde slagoffer se ouers intussen besluit om hul seun weer terug te stuur na die skool nadat hulle vroeër gesê hulle wil nie hê hy moet terugkeer nie. Sy terugkeer sal glo geskied onder leiding van ʼn sielkundige.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

carel ·

Ek lees gisteraand op DSTV – news 24.com en sien daar word berig oor die 4 seuns as “four White boys” -dis insigewend maar nou wonder ek as swart mense die wet oortree hoekom dan nie na ras verwys word nie? – is dit nie rsisties nie? jy hoor van plaas aanvallers 16…17 jaar oud en sien later fotos van die swart aanvaller … maar nooit word na hom as n “black boy or child” verwys nie – ja rasisme loop dik in ons media ook.

Ghost ·

carel stem met jou saam. Daar word vining gese hoekom moet mens altyd kleur in bring as m swarte die misdaadiger is. Maar sodra dit n witte is dan gee hulle nie om of dit genome word nie. Ek het al vele brerigte gesien waar dit gebeur. Ek het maar begin aanneem as hulle dan net kler wil noem as dit wit is, dan is 90% van al die ander gevalle in elkgeval seker dan swart.

KOOS ·

Carel en Ghost, julle is so reg. Baie maklik om die rassisme kaart te speel in ons land, maar daar was kinders van alle kleure direk betrokke by die voorval! Selfs die klaer se ma sien dit nie as ‘n rassistiese voorval nie. Ek is een van die ouers van een van die aangeklaagdes en was van dag 1 af direk betrokke en teenwoordig by die skool se dissipliner en daar is reeds 3 van die kinders onskuldig bevind op die “verkragtings” aanklag – deur getuies wat teenwoordig was in die kamer. Die Woordvoerder van Noordkaap Onderwysdept stuur oningeligde en vals berigte aan die media deur, wat die wereld ingestuur word, maar dit is seker aanvaarbaar in ‘n land soos RSA, waar korrupsie hoogty vier in alle staatsdepartemente. Hierdie voorval word as ‘n rassistiese skerm gebruik om ander ongeruimdhede in die skool toe te smeer. Hou asseblief my kommentaar dop, wanneer hierdie saak finaal afgehandel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.