Jan Kempdorp: Vier seuns weer in hof

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Die vier leerders wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn koshuisleerder van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap aangerand en seksueel mishandel het, het Donderdag in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn.

Mashudu Malabi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak is tot 9 April uitgestel. Die seuns, tussen 14 en 18 jaar oud, is vroeër op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Die vier seuns is uit die skool en koshuis geskors ná die voorval wat glo op 1 Februarie plaasgevind het. ʼn Dissiplinêre proses vind onafhanklik van die strafregtelike proses plaas.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ʼn 18-jarige seun glo as deel van ʼn ontgroeningsproses kaal uitgetrek het, sy hande en voete vasgebind en hom op sy maag op die bed laat lê het. Hy is glo met skeerroom gespuit en met ʼn voorwerp gesodomiseer.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.