Jan Kempdorp: Vier uit skool, koshuis geskors

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Die vier leerlinge van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn koshuisleerling aangerand en seksueel mishandel het, is uit die skool geskors.

Sydney Stander, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het aan Maroela Media bevestig dat die vier seuns, tussen 14 en 19 jaar oud, uit die skool en koshuis geskors is na verlede Sondag se beweerde voorval.

Volgens Stander het die leerlinge oor die naweek die klagstaat ontvang en opdrag gekry om voor ʼn dissiplinêre komitee te verskyn. Die vier seuns het nie Maandag na die skool en koshuis teruggekeer nie. Stander het gesê die dissiplinêre proses vind onafhanklik van die strafregtelike proses plaas.
Die vier seuns het Vrydag in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Hulle moet op 5 Maart weer in die hof verskyn.

Die seuns het na bewering verlede Sondagaand omstreeks 21:30 die 18-jarige slagoffer se kamer betree. Hulle het glo as deel van ʼn ontgroeningsproses hom kaal uitgetrek, sy hande en voete vasgebind en hom op sy maag op die bed laat lê. Hy is glo met skeerroom gespuit en met ʼn vreemde voorwerp gesodomiseer.

Lees alle vorige berigte oor Jan Kempdorp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boesman ·

Dis reg so. Hulle moet sommer die ouers ook bietjie op check…

Vlekkie van Deventer ·

Dankie tog, die eerste stap van reg en geregtigheid het plaasgevind. Mens kan nie net ‘n ander verkrag en dink jy kan daarmee wegkom nie. Hulle verdien om swaar gestraf te word.

Tammy ·

Mooi so nou hoef niemand by die skool of koshuis verder met die barbare te sukkel nie. Ons onderwysers werk alreeds hard, hulle het nie nodig om met sulke gemors te sukkel nie. Ja, ek dink dis nodig om bietjie die ouers en agtergrond tuis ook onder die vergrootglas te plaas.

johan ·

weet ouers kry die skuld vir alles , gee bietjie vriende , die duiwel , skool ens die skuld

Riaan ·

Volgens die berig op e-nuus, is al 4 wit. TOG, op die video, is daar baie duidelik swart kinders wat saam met die wittes deelneem. Dus is dit nie rassisme nie. Gaan die ander ook gestraf word, of net die wit teikens? Anders is dit mos nie regverdig nie? Of verwag ek te veel van die skoolraad en owerhede?

Tog bly dit afgryslik, en ek hoop AL die skuldiges ry aan die pen. Hulle verdien niks minder nie.

ui ·

Ek is bly dat mense nie verkragting verdedig uit ‘n ras-oogpunt nie. Daar moet wel werk gemaak word daarvan dat die swart kinders wat deelgeneem het, nie aangekla is nie. Dit is rassisme en dit beteken daar is steeds verkragters op die skoolterrein. Ek stem saam dat daar na die ouers gekyk moet word. Regstegnies is die ouers van kinders aanspreeklik, en sosiaal-opvoedkundig is daar ‘n groot skroef los met ouerskap in Suid-Afrika, wat uitgelig moet word. Tydelike skorsing is korrek todat die hofproses formeel volg.

Theresa ·

En so word rasse-haat net meer aangewakker deur hierdie sinnelose en idiotiese optrede en onskuldiges ly daaronder. Ek vra nie meer nie – ek weet nou – almal het heeltemal gek geword en so word nog lewens verwoes.

Magriet ·

Almal wat gekyk en niks gedoen het nie is ewe skuldig! Deler net so goed soos die steler!

Swanna ·

Stem saam. Almal wat in daardie vertrek was toe die daad gepleeg is moet aangeklae word. Wit, swart, peink en pers, die hele spul. Op die video sien jy duidelik wie betrokke was. Of hy net gestaan en kyk het is hy deel van die daad want hy het niks gedoen om dit te stop nie maar hom self verlustig en ook gedink dit is reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.