Jan Taks het reeds R3,5 miljard uitbetaal

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag gesê hy het reeds R3,5 miljard se terugbetalings aan belastingbetalers gedoen sedert die belastingjaar vir digitale opgawes op 1 Julie geopen het.

Dit volg nadat die SAID aan die begin van die belastingseisoen vir digitale opgawes ʼn probleem met sy eFiling-stelsel ondervind het.

Selfs met die tegniese foute het die SAID in die eerste week R1,5 miljard aan belastingbetalers uitbetaal wat hulle opgawes deur die SAID se nuwe app of die opgeknapte weergawe van eFiling ingedien het.

Die SAID skryf dit toe aan sy vermoë om vinniger opgawes te kan evalueer wanneer belastingbetalers sy digitale dienste benut. Dit maak dit dan vir die diens moontlik om terugbetalings binne sewe dae geldig te verklaar en uit te betaal, waar dit gewoonlik 30 dae neem as dit met die hand gedoen word.

SAID waarsku egter dat verifiëring steeds langer sal neem indien daar stawende dokumente van die belastingbetaler aangevra word.

Belastingbetalers wat hulle opgawes per hand by die SAID se fisieke takke wil indien, kan dit van 1 Augustus doen.

Die SAID het egter gevra dat belastingbetalers eerder van sy digitale dienste gebruik moet maak sodat sy personeel kan fokus op die ondersoek en vervolging van grootskaalse belastingontduikers, wat meer aandag van Jan Taks verg.

Jan Taks se digitale dienste beskik ook oor ʼn kletsdiens en hulpforums om te verseker dat gebruikers regstreeks met personeel kan gesels om enige onsekerhede op te klaar.

Die SARS MobiApp kan by Apple se iStore of Google se Play Store op slimfone afgelaai word.

Die Inkomstediens het gesê hy is dankbaar dat soveel mense van sy digitale platforms gebruik maak en hy werk steeds hard daaraan om die proses om opgawes in te dien vir belastingbetalers verder te vereenvoudig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Reinhardt ·

As jou geld nie binne 2 dae betaal is nie dan is daar iets fout. Hulle soek waarskynlik addisionele dokumente.

Eish wag-nogsteeds ·

Wag ook nogsteeds……So hul is nie rerig so vinnig al het jy dit elektronies ingedien nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

As hulle JOU skuld, kan jy wag….as jy HULLE skuld, is dit tickets met jou. Ek sukkel nog steeds met die konsep: Betaal meer as wat jy moet….en eis terug….nadat hulle met JOU geld rente verdien het? Dis net soos “Kry R50 000,00 terug as jy “hierdie kar” koop!!”…maar sowaar as vet sal die handelaar NIE die R50K van die koopprys aftrek nie…..Nee, jy betaal die VOL prys, betaal BTW op die VOL prys…en kry R50K terug? En dis nie net wanneer dit by kar koop kom nie….meeste supermarkte, petrol stasies en klere winkels “over charge” die kliënt…en gee hom of haar dan “punte” of “rewards” terug…as hy of sy WEER kom spandeer? Hoe belaglik is dit? Ek wou onlangs ‘n broek by Edgards koop…vir R900 000,00…en as hulle my dan R899 640,00 terug gee….my huisverband aflos…maar hulle wou nie!!! hahahahaha….sotte.

Rika ·

Nee net klug spul kamstig almal audit self advidate in gee dat jy unemployed was lankal in gee maar Nog steeds in audit.
Ag wee moet tog net nie die plaaslik kantoor probeer nie. Loop net rond koek en tee en winkel en haar salon verdwyn hul kry selfs 300000 as rebates a jaar as staats werkers en dan Wil hul Ander mense audit hul moet na hulself kyk. Nie eers te praat van die onbeskofte en onbehulpsame blanke aunties nie,moet hul tog nie pla nie. Tax ontduikers kan lekker slaap daai groep tel net die ure om. Bid maar geld sal nie kom nie.

Heinrich ·

Ek het myne darem al gekry. As jy seker maak al jou dokumentasie is ingegee presies wat jy op jou vorm verklaar het behoort jy nie probleme te he nie. Ek het myne en ‘n vriend sin gedoen en as jou bank besonderhede verander het betaal hulle nie uit voor jy die dokumentasie ingevat het SARS toe nie.

DeVill ·

Ek het myne in minder as 24uur gekry en dit was ‘n lekker bedrag!

Dink net, Mnr Kieswetter het gesê ek hoef nie in te dien nie, maar dan sou ek mos my nie die ekstra geldjie gekry het nie?!

Leana ·

ja en as jy eers een keer geoudit is word jy elke keer geoudit …

TP ·

Ek wonder hoekom dit so is Leana. Ek is ‘n doodgewone salaristrekker, met geen ander inkomste nie, en word ELKE jaar geoudit. Ek dink die ‘off-button’ is stukkend :)

Marlien ·

Hulle se mens moet dit digitaal doen efiling of die mobi app. Ek het myne efiling gedoen en toe was daar probleme met die oplaai van dokumente. Ek was nou al 4 keer by hulle kantoor en 3 keer gebel en elke keer jaag hulle net aan. Belowe hulle het my inligting verander dan het hulle nie. My efiling werk ook nie soos hy moet nie en niemand kan my help met my efiling of weet wat die probleem is nie. Die swakste dien wat ek nog ooit van hulle gekry het.

Asjas ·

Wag ook nog steeds …
Maar hoekom vra hulle vir 2015, 16, 17 en 18 weer alhoewel ek in AL daardie jare ge-audit was?? Ek begin dink hulle speel vir tyd want hulle het nie meer geld oor nie, moet seker nou eers weer bietjie insamel.

Carina ·

Ek kry gewoonlik darem ‘n lekker bedraggie terug, maar a.g.v. rentetjies wat ek op ‘n erfporsie gekry het, vat hulle alles en nog ‘n bietjie. Eers sou ek ±R11000 terug kry. Toe vra hulle weer al my docs aan – wat hulle so terloops alreeds op file het want die vrou het my gebel voor ek dit gestuur het – en na die audit besluit hulle sommer ek moet nou ±R2600 inbetaal!! Waar dink hulle moet ek dit nou kry? En hoe lank het ek om dit te betaal?

Willie ·

Soms is dit beter om iemand maar te betaal om jou behulpsaam te wees met indiening. Die stelsel is baie maklik vir iemand wat dit verstaan.

Cheryl ·

Het myne ingedien. Calculation het gese ek gaan geld terug kry en toe ek submit toe skuld ek SARS. Hoe nou????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.