Jan Taks in Oktober ook Saterdae oop

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se takke sal in Oktober ook op Saterdae oop wees om belastingbetalers te help met die indien van belastingopgawes.

Takke sal van 08:00 tot 13:00 oop wees op 5, 12, 19 en 26 Oktober en dienste wat gelewer word, sal beperk wees tot die indiening van persoonlike belastingopgawes en hulp om op die SAID se MobiApp te registreer en om opgawes via dié platform in te dien.

Die SAID het ʼn beroep op belastingbetalers gedoen om die nodige ondersteunende dokumente saam met hulle te bring wanneer ʼn tak besoek word. Dit sluit in: bankbesonderhede; IRP5- of IT3(a)-belastingsertifikate; IT3(b)-belastingsertifikate vir inkomste wat uit beleggings verdien is; besonderhede van mediese uitgawes wat nie deur die mediese fonds gedek is nie; sertifikaat van jou mediese fonds wat bydraes aandui wat nié op die IRP5- of IT3(a)-belastingsertifikaat verskyn nie; bewys van bydraes tot ’n uittree-annuïteit; besonderhede van sakereise indien’n reistoelaag ontvang word en enige ander bewyse vir eise wat ingedien word.

Die sperdatums vir die indien van persoonlike belastingopgawes is: 31 Oktober vir diegene wat nie van digitale metodes gebruik maak nie en dit by die naaste SAID-tak indien – dit geld vir gewone en voorlopige belastingbetalers; 4 Desember vir gewone belastingbetalers wat hul opgawes elektronies op die SAID se eFiling-diens of met die app indien; en 31 Januarie 2020 vir voorlopige belastingbetalers wat opgawes deur een van die digitale kanale indien.

Die SAID het ook belastingbetalers daaraan herinner dat hulle nié ’n opgawe hoef in te dien nie as hulle vir ’n volle 12 maande vir net een werkgewer gewerk en ’n IRP5 ontvang het; absoluut geen ander inkomste gedurende die belastingjaar verdien het nie en daar geen bykomende belastingverwante aftrekkings soos mediese uitgawes, bydraes tot uittreeannuïteite en/of reisuitgawes was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Julle kan maar sondae ook oop wees vir al wat ek om gee ek sal nie sent verder betaal aan die ANC regering nie julle het ons nou genoeg gemelk

remondo ·

…………….lyk my al waneer hulle beter diens wil lewer is waneer hulle geld soek………….

Corrien ·

Blankes werk gedurende die week, nou kan hulle die vrye saterdae opoffer.

Elna ·

Met die werkloosheid syfer wat tans besig is om te groei wonder ek waar gaan jan tax se inkomste vandaan kom as daar geen werk meer is vir die getroue belasting betalers nie. Wat gaan dan gebeur? Hierdie land sink vinniger as die Titanic op die oomblik.

Sophia ·

Moet nie val vir die storie van jy hoef in sekere geval nie ‘n opgawe in te dien nie. My ma was ook nie verplig nie want sy het maar ‘n karige pensioen van Transnet gekry. Nou na haar dood moes ons opgawes indien van 2012 tot 2019. So vat maar my raad dien julle opgawes in al kry jy net R5 ‘n maand. Want na jou dood gaan ander mense moet sukkel om jare se belasting sertifikate in die hande te kry. Dit kon alles vermy gewees het opgawes jaarliks ingedien was.

Erika ·

Die slegste van als as jy iets nie reg ingevul het op SARS dokumente nie moet mens nou 60 werksdae wag voor hulle jou uitbetaal. As jy hulle skuld dan moet jy dit oornag doen.
Belaglik!! Hulle terugbetalings is pateties!!

Erika ·

As SARS jou dokumente oudit omdat jy iets nie ingevul het nie moet jy nou 60 werksdae wag vir uitbetaling. Pateties! Maaaaar moet net nie vir hulle skuld nie…

Pensioen aris ·

Pensioen is so min en as jy werk om inkomste aan te vul tel hulle Jou onbelaste pensioen en salaris bymekaar en belas jou dan op volle inkomste wat beteken jy betaal elke jaar ongeveer R10000 in. Ek voel pensioen moet nie belas word nie al kry jy ander inkomste. Belas net jou ander inkomste. Dit is reg.

Elsa ·

Daar is “pensionarisse” wat R100 000 + per maand ontvang. Sit eerder n platform op n bedrag

Jy stel dit mooi, onthou net: Enige ander inkomste word bymekaar getel. Huurgeld, annuiteit, addisionele inkomste…. Noem dit maar.

Db ·

Mense luister. As jy reeds in die verlede ‘n opgawe ingevul het doen dit weer al sê hulle dat as jy net een inkomste sonder byvoordele het hoef jy nie. As jy as efiler geregistreer is onthou asseblief dat die vorms as onvoltooid sal oopmaak en dat jy die skuldige is. Vul die vorms in want jy word onmiddellik boetes aangeslaan sodra die spertyd verby is en dan volg dit boetes en rentes tot doomsday. Moenie dat julle bedrieg word nie. Ek werk met dit en weet dat baie mense nou In hierdie strik gaan trap van “ek kry nou net minder as die drempel en hoef nie meer in te vul nie. Vul in daardie vorm om vorentoe groot probleme te voorkom vir jouself. Sars is nie eerlik en duidelik oor dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.