Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het om verskoning gevra vir SMS-boodskappe wat uitgestuur is om die aandag op agterstallige belastingopgawes te vestig.
“Die SMS-boodskap wat vroeër vandeesweek met betrekking tot uitstaande opgawes uitgestuur is, het nie voldoen aan die hoë professionele standaard wat ons probeer handhaaf nie. Die SAID vra dus opreg om verskoning vir die wyse waarop hierdie saak hanteer is, die frustrasie wat dit moontlik vir eerlike belastingbetalers veroorsaak het, en enige ongerief wat veroorsaak is.”
Volgens die SAID streef hy daarna om belastingbetalers bewus te maak van hul wetlike plig rakende belastingsake asook die moontlike gevolge sou hulle dit nie nakom nie. “Nieteenstaande die wetlike mandaat van die SAID om op te tree teen belastingbetalers wat versuim om daaraan te voldoen, word daar oor die algemeen verwag dat ons eers ʼn vooraf-kennisgewing stuur om belastingbetalers daaraan te herinner en hulle die geleentheid gee om te voldoen, voordat die SAID met regstappe begin.”
Volgens die SAID was die beoogde boodskap bedoel as ’n opregte en nuttige aanmaning aan belastingbetalers om belastingopgawes wat verskuldig is in te dien en hul wetlike indieningverpligting na te kom.
“Die meeste belastingbetalers is eerlik en waardeer gewoonlik sulke aanmanings. Eerlike belastingbetalers moenie deur die SAID bedreig voel nie, maar die manier waarop die boodskap saamgestel is, het ongelukkig hierdie effek gehad.”
Die boodskap het verwys na moontlike vervolging van belastingbetalers vir hul versuim om hul opgawes in te dien soos hulle wetlik verplig is om te doen.
“Terwyl die SAID deur wetgewing gemagtig is om alle belastingbetalers wat nog by die SAID geregistreer is, te herinner aan hul wetlike verpligting om hul relevante opgawes teen die sperdatum in te dien, begin die SAID nie met regstappe voordat hulle met belastingbetalers in gesprek tree nie.
“Ongelukkig word die SAID se aanmanings deur sommige belastingbetalers geïgnoreer, wat beteken dat hul situasie eskaleer tot vlakke waar regstappe nodig kan wees. Selfs dan word hulle vooraf kennis gegee van hul verpligting om die uitstaande opgawes in te dien.”
Volgens die SAID het hy intussen die SMS-veldtog gestaak, maar belastingbetalers daaraan herinner dat dit hul wetlike verpligting bly om te verseker dat hul belastingsake gereël word en dat hy op die gepaste tyd met belastingbetalers in gesprek sal tree met betrekking tot uitstaande opgawes.
“Ons wil dit duidelik stel dat belastingbetalers wat aanhou om aanmanings te ignoreer en versuim om hul belastingaangeleenthede in ooreenstemming met die wet te reguleer, uiteindelik sal moet verantwoording doen vir hul voortgesette nie-nakoming.”
Wat van ‘n klompie dreig-boodskappe aan Jan Taks? Soos om die skuldiges te verhoor en te straf?
Hoop dit is aan almal gestuur en nie net aan die minderheid wat elke jaar die land aan die gang hou nie.
Ek stem saam.
Miskien is mense al gewoond om in te betaal en sien niks van wat gedoen word met geld nie of dalk ook moeg dan kry jy tyerug dan moet jy weer inbetaal ek dink mense gee nie om om inte betaal nie of om opgawes in te vul nie maar wil opk sien wat gedoen word met geld
My vermoedens is dat dit een of ander SARS amptenaar is wie ‘n wrok teen SARS se topbestuur het. Kan niks anders wees nie. Ek dink Kieswetter moet maalvleis van die betrokkene maak. Ons land het nie sulke mense nodig nie.
Ek het seker 20 boodskappe gekry in verband met maatskappye waarvan ek geen kennis dra nie en glad nie by betrokke is nie.
Regering soek geld, SASSA toelaes moet betaal word aan die meerderheid
Die regering moet eers korrupsie uitroei en korrupte amptenare laat terug betaal en hulle opsluit voordat hulle belastingeise kan instel.
Daar is letterlik ‘n handtjie vol van ons wat die Staats Kas aan die gang hou. Die wonderwerk hiervan is, is dat daar opstand was oor die boodskap. Nou weet ons, al ons saam staan oor die dat ons letterlik dood belas word dat hulle eindlik magteloos is…. want selfs as 10% besluit om nie te betaal nie gaan daar geen plek wees in enige tronk nie vir al die mense nie. Die mag le by die publiek want die staat skep niks…. hy vorder net in en mors meeste va dit uit net weer om vir ons te kom en ons in vreea te probeer hou.
Die eerste (foutiewe) sms lyk in elk geval suspisieus met spel- en punktuasiefoute. Dit is altyd vir my ‘n rooi vlag dat dit moontlik ‘n spam sms is. (‘n Bank sal bv. nooit spasiefoute ens. in hul kommunikasie hê nie.) Ek sal my nogal skaam oor die swak standaard / tekort aan professionaliteit van die boodskappe wat uitgestuur word, as ek die SAID is. Ek sê maar net.
Ons het ook altyd tot einde Januarie gehad om SARS te betaal sou jy hul iets skuld nadat jy jou persoonlike inkomste belasting ingedien het (23 Oktobber afsny datum). Nou eis hul betaling teen 31 Okt, en dreig met rente en regstappe as dit nie betaal word nie.
Hul is verseker skielik baie meer aggressief.
Is dit nie 30 Nov
Hierdie Sms is laasjaar ook gestuur.