Jan Taks samel meer belastinggeld in as verlede jaar

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Dinsdag gesê hy het R1,2 biljoen (“trillion”) in die 2017/18 finansiële jaar ingesamel, effens laer as wat in Februarie in die begroting aangemeld is, maar 6.3% hoër as die vorige jaar.

“Die 2017/18 finansiële jaar is gekenmerk deur uitdruklike en duidelik afgebeelde groeipatrone,” het die SAID in ʼn verklaring gesê. Die SAID het benadruk dat die bedrae gebaseer is op ʼn voorlopige uitslag, en dit moet nog finaal geoudit word.

Die ontvanger het altesaam R1,451 biljoen (“trillion”) ingesamel en R234,3 miljard (“billion”) is terugbetaal, wat ʼn inkomste van altesaam R1,216 biljoen beteken.

Die inkomste-uitslag is 0.06% minder as die skatting wat deur die minister van finansies gedurende die Februarie 2018 begrotingsrede aangekondig is, maar verteenwoordig ʼn groei van R72.4 miljard (6.3%) in vergelyking met die 2016/17 finansiële jaar.

Inkomste-invordering word deur die toestand van die ekonomie, die fiskale beleidskeuses, administratiewe doeltreffendheid en belastingpligtige-nakoming of belastingmoraliteit gedryf. Hoewel die prestasie van enige belastingadministrasie deur die ekonomie vooropgestel is, is ander sleutelbepalings sake- en verbruikersvertroue, belastingmoraliteit en die geloofwaardigheid van die belastingadministrasie.

Vir die tydperk van Desember tot Februarie 2018, het inkomstegroei, op ‘n maand-tot-maand basis versnel tot tussen 9.5% en 15.5%, wat algehele jaar-op-jaar groei versterk het, tot omtrent 7.3%. Volgens die SAID kan hierdie versterking in inkomstegroei gedurende hierdie driemaandetydperk toegeskryf word aan:
– ‘n Verbetering in sakevertroue tot vlakke wat laas in 2015 opgemerk was, wat tot verbeterde winsvooruitsigte en gevolglik voorlopige betalings gelei het;
– ʼn Styging in kommoditeitspryse, wat maatskappye inkomstebelasting gedryf het, veral in die mynbedryf in Desember 2017;
– Die aankoopbestuursindeks (PMI) wat ‘n herstel in die vervaardigingsektor getoon het, wat tot verbeterde maatskappye inkomstebelasting (MIB) vanuit hierdie sektor gelei het; en
– Die sterker geldeenheid gedurende die laaste deel van 2017 wat maatskappye met invoere gehelp het, en tot die voordeel van ons handelsbelastings was.

Die hoofbronne van inkomste wat tot die R1,216 biljoen gelei het, was Persoonlike Inkomstebelasting (PIB), Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) en Maatskappye Inkomstebelasting (MIB):
– PIB het R462.5 miljard (38.0%) bygedra
– BTW het R297.8 miljard (24.5%) bygedra
– MIB het R220.2 miljard (18.1%) bygedra
– Doeane het R49.4 miljard (4.1%) bygedra

Die SAID stel elke jaar omvattende inisiatiewe in werking om inkomste-invordering te optimaliseer. Die korttermyn Spesiale Vrywillige Blootleggingsprogram, wat ingestel is om belastingpligtiges die geleentheid te bied om oorsese rykdom te verklaar, het R2,9 miljard in belastings in die finansiële jaar ingebring uit 827 geprosesseerde SVBP-aansoeke van die 2 024 aansoeke wat ontvang is. Die voortgaande Vrywillige Blootleggingsprogram presteer oortdurend goed en het sedert 2012, toe die VBP in werking gestel is, R10.8 miljard ingebring.

Die ontvanger het bygevoeg belastingnakoming is vir enige belastingowerheid een van die sleutelbepalings van sy inkomsteprestasie. “Die SAID het ʼn afneem in nakoming waargeneem, aangedui uit die algehele groei in uitstaande opgawes oor alle belastings heen. Meer kommerwekkend, is egter die toenemende neiging van besighede om belastings, soos BTW en werknemersbelasting wat namens SARS ingevorder word, terug te hou.

“Ons het ons uitreiking en toepassingsprogramme verskerp en ons kontaksentrums en kantore het meer as ʼn miljoen uitgaande oproepe aan belastingpligtiges gemaak. Ons uitstaande opgawesveldtog sal hierdie jaar verskerp word om hierdie kwessie onder beheer te bring. Die SAID werk met die departement van justisie saam om die vervolging van belastingoortredings te bespoedig.

“Ten spyte van hierdie afneem in nakoming, kom meeste belastingpligtiges steeds hul verpligtinge getrou na.

“Die SAID wil vandag graag alle Suid-Afrikaners hartlik bedank vir hierdie reusebydra tot die groei van ons toekoms en ontwikkeling. Ons wil ook die toewyding en professionaliteit van ons 13 500 personneellede erken, wat erge uitdagings ten opsigte van die SAID se reputasie moes trotseer en steeds die administrasie op dreef moes hou.

Hier volg tabelle wat die prestasie van die verskeie belastings uiteensit:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Callie ·

Mag ons handjie vol wittes nie belasting bevraagteken nie. Ons word volgens die president nie beskou as sy mense nie. Die wit boere word uitgemoor. Wittes moet na hul self kyk a. g. v regstellende aksie. Wys een plek waar belastinggeld aangewend word om wittes te help. Kan die belastinggaarder dalk syfers wys om die belasting bydraes van die bevolkings groepe ten toon te stel

Pietman ·

6% is omtrent inflasie. DWS niks meer geld is ingesamel nie. Ware inflasiekoers is waarskynlik baie hoër as 6%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.