Jan Taks sê oor belastinginvordering

Argieffoto (Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het gesê meer as ses miljoen belastingbetalers het al ingeteken, byna 1,3 miljoen opgawes is versoek en meer as 1 miljoen opgawes is ingedien, waarvan 900 000 vir die 2019-belastingjaar was.

Die SAID het teen 29 Julie 2019 reeds R5,5 miljard uitbetaal met ʼn gemiddelde omkeertyd van ongeveer sewe dae vir belastingbetalers wat nie vir oudits gekies is nie, en 21 dae vir diegene wat gekies is vir oudits, het Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, gesê.

“Die SAID wil dit ook benadruk dat, toe ons die belastingseisoen op 1 Julie 2019 oopgemaak het, hoofsaaklik vir elektroniese indiening deur sy eFiling en SAID-app, was die doel om dinge makliker te maak vir belastingbetalers. Ons hou streng kubersekuriteitprotokol en bly op die hoogte van tegnologie. Verskeie veranderinge is aangebring vir die belastingbetaler se gerief.”

Memela het gesê die SAID neem kennis van ʼn paar belastingbetalers wat tegniese probleme ondervind het toe hulle hul belastingopgawes wou indien. “Vir meeste belastingbetalers het die diens vlot verloop, maar sommige persone het probleme ondervind toe hulle wou aanteken. Hulle het ook probleme ondervind met die stuur van die eenmalige PIN-kode, probleme om stawende dokumente op te laai, en probleme met assesserings en rekenkundige uitslae.”

Memela het gesê die SAID beskou dié kwessies in ʼn baie ernstige lig en die instansie doen alles in sy vermoë om die probleme so vinnig as moontlik uit te stryk en die impak te verlig op belastingbetalers wat hul verpligtinge wil nakom. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief aan die betrokke belastingbetalers. Maar ons wil dit graag ook benadruk dat dit nie ʼn algemene probleem was nie.”

Enigiemand wat probleme ondervind kan die SAID kontak by 0800 00 7277 of per e-pos by [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert van Wierdapark

Die SARS vorm is mos heel eenvoudig! Dit vra wat jy verdien, wat jy OOR het, en laastens:”Stuur DIT maar vir ons (Sars)! He-he-he!!!

belasting

Ek is ‘n staatsdienspensioenaris wat R8 200,00 aan mediese uitgawes uit my sak moes betaal, wat ek geeis het. Deeltydse werk waar ek R3000 per maand verdien om persioen aan te vul. Self my vorms voltooi en ek moet R3000,00 aan Sars betaal.

Gustav

Dit klink nie reg nie, daar moet iewers ‘n fout wees

Doris

Wil graag weet of iemand my kan sê as jou belasting ge-oudit word betaal hulle jou gelde terug binne 21 dae in alle gevalle of kan dit langer duur hoekom en waarom? Betaal hulle jou rente as dit langer is.

Johanna Botha

Nou het hulle weer n geldjie wat hulle gaan vermors ! Gee vir Eskom saa en sabc