Jan Taks uit miljoene bedrieg met skema

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag die hoop uitgespreek dat iemand binnekort in hegtenis geneem sal word in verband met ʼn bedrogskema wat hom reeds R39 miljoen gekos het.

Luther Lebelo, woordvoerder van die SAID, het gesê klopjagte is Donderdag op sewe persele in Kaapstad uitgevoer in die ondersoek na ʼn BTW-bedrogskema in die Wes-Kaap. “Die ondersoek het ʼn georganiseerde poging om onbehoorlike BTW-terugbetalings van die SAID af te kry, aan die lig gebring.”

Volgens Lebelo het die skema verskeie korporatiewe entiteite en individue gebruik om meer as R39 miljoen se BTW-terugbetalings van die SAID te kry. “Die oortreders het altesaam R146 miljoen in BTW-terugbetalings geëis met R39 miljoen wat reeds uitbetaal is.”

Volgens Lebelo het SAID-ondersoekers twee “meesterbreine” geïdentifiseer wat glo agter die skema sit. Die “meesterbreine” is glo ʼn Kaapse sakeman en ʼn ongeregistreerde belastingpraktisyn wat vroeër by die SAID gewerk het.

“Die ondersoek duur voort en nog verdagtes kan later geïdentifiseer word,” het Lebelo gesê. “Die SAID beskou hierdie soort gedrag as baie ernstig en ʼn misdaad wat teen alle eerlike Suid-Afrikaanse belastingbetalers gepleeg word. Die SAID werk nou saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om hierdie soort oortreders te vang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maggie ·

HAHAHahaha voel hoe voel dit om deur die ore gedinges te word!!!!

CHRISTA ·

NOU pla misdaad wat teen belastingbetalers gepleeg word hulle – WAT VAN ZUMA EN SY NKANDLA?!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.