Jan Viljoen: Boelie gestraf

‘n Skermgreep uit die video.

Die leerder van Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein, wat per video opgeneem is toe sy ʼn seun met die vuis in sy gesig slaan, is Donderdag tydens ʼn interne dissiplinêre verhoor by die skool skuldig bevind.

Die meisie (16) is tydelik geskors nadat ʼn video van die voorval ʼn paar weke gelede op sosiale media versprei is. Die skool se beheerliggaam het haar nou skuldig bevind aan aanranding en vulgêre taalgebruik. Sy is wel onskuldig bevind daarvan dat sy die video versprei het.

Haar straf is soos volg:

  • Sy is geskors uit die skool, maar dis opgeskort vir een jaar. Sou sy haar skuldig maak aan ʼn soortgelyke oortreding, sal sy onmiddellik die skool belet word. Sy kan dus in Januarie terugkeer skool toe.
  • Sy moet op 15 Januarie 2020 in die nuwe skooljaar voor in die saal gaan staan en verskoning vra vir haar gedrag.
  • Sy word ook versoek om ʼn ope brief te skryf waarin sy vir die skool sê sy is jammer.
  • Sy moet ʼn sielkundige gaan spreek op eie koste.

Die meisie se identiteit word weerhou omdat sy minderjarig is. Die seun (ook 16) het ook ʼn strafregtelike saak van aanranding teen die meisie aanhangig gemaak.

Haar prokureur, Hein Maré, sê hy is absoluut gewalg oor hoe “amateuragtig” die verhoor hanteer is. Hy sê sy kliënt is nooit gevra om haar kant van die saak te stel nie. Hulle beplan om teen die bevindinge te appelleer.

Volgens Maré het die skool nie ʼn sterk saak gehad nie, aangesien die voorval buite die skool in ʼn afgeleë straat plaasgevind het.

Hy sê die persoon wat die video laat uitlek het, is die eintlike skuldige in dié verhaal – die video was die meisie se privaat eiendom aangesien dit op haar foon verfilm is. Niemand weet egter wie die video laat uitlek het nie.

Hoërskool Jan Viljoen het alle vrae vanaf Maroela Media na die Gautengse departement van onderwys verwys. Dié departement het egter nie op navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Ivan ·

Goed so. En die prokureur wat namens haar optree gryp na strooi halms. Hulle was in skool uniform en op skool gronde of te nie, mag jy nie sommer net aanrand soos jy wil nie

hannah van der merwe ·

Natuurlik sal die prokureur gewalg wees. hy word immers betaal om gewalg te wees…..

Johann ·

Nee kyk, Hein Mare sal nooit my prokureur ( of soos sy facebook blad se…advokaat) wees nie. Sy stelling dat die cideo haar privaat eiendom is aangesien dit op haar foon afgeneem is bewys dat sy met voorbedagte rade, m.a.w. sy het dit cooruit beplan, iemand gevra het om dit af te neem. Sy sal dus nie kan pleit dat sy ” te haastig of skielik haar kop verloor het of nie gedink hey nie” sy het dit vooraf beplan en haar prokureur het dit nou bewys. Hein is die beste getuie nou vir die Seun wat die saak teen haar gemaak het. Ek hoop sy kry die swaarste straf wat hulle kan gee.

Dawie ·

Klink bekend. Plaas die blaam op almal en aanvaar geen verantwoordelikheid vir jou dade. Wonder waar leer hulle dit?………..

Matts ·

Sy moet die skool om verskoning vra? Wat ‘n verskoning aan die seun wat sy geboelie het? Sy het lig daarvan afgekom.

OumaLien ·

Ek wou nounet dieselfde ding vra. Moet sy nie eerder die seun omverskoning vra nie? Hy was die bullie se slagoffer. Boodskap aan die Boelie: “Sies vir jou”, jy behoort jou te skaam. Gelukkig is jy nou gebrandmerk as ‘n boelie en hopelik volg die stigma jou en sal jou twee keer laat dink voor jy weer iemand boelie.

Hippie Chick ·

Waarvoor sê so iemand jammer:
net oor sy gevang is!!!

Jakes ·

“dit was eintlik die meisie se privaat eiendom omdat dit op haar foon geneem is…” Genade ou girlie, kry vir jou dadelik ‘n ander prokoreur. Die een het geen idee hoe kopiereg op videomateriaal in SA werk nie.

Angelique ·

Dis vir my so verkeurd en die prokeree doen ook verkeurd syt Haar hande vir n onskuldige seun gelig Daar was nou die dag n seun wat sy lewe geneem het oor hy geboelie was die boelies weet nie wat hulle aan die kind wat hulle seer maak doen nie dis net verkeurd ek voel Dat ons as ours ons kinders moet help en beskerm

Vicky ·

Dis op haar foon ek stem sy moet mos weet wie was op haar foon om dit yt te lek hkm in die eerste plek dit record

Stormrider ·

Baie ontevrede met hierdie uitkoms. Sy behoort nie weer in ‘n skool toegelaat te word nie.

Christa ·

Ek stem, sy het hopeloos te lig afgekom. Ek sou so kind nie in dieselfde skool as my kind wou he nie. Teleurgesteld.

Ruben ·

Haar prokureur……???
Net soos die res van Sa. Die slagoffer moet bewys maar die person wat die oortreder is kan met moord weg kom
10 jaar van nou af rand sy almal aan en dink dit is reg…

Anna ·

Vir wat moet die Meisie vir hele skool onverskoing vra, sy was die boelie gewees, en hoekom kan die video nie verspry word, dit al hoe hierdie ding in skole gaan berheer sodat almal kan nie die boelie is sy moet die sien onverskoing vra

Johann ·

Jy kry goeie prokureurs en minder goeies en dan kry jy hierdie perd, ek reken jy verskyn eerder sonder n prokureur voor jy so ou aanstel om jou te verteenwoordig.

Marinda ·

Is die meisie se Prokureur blind, sy het geslaan, blykbaar volgens die kind wat aangerand is ook nie die 1ste keer nie. Sy het dit in haar skoolklere gedoen, dus het die skool ‘n sterk saak. Haar straf is absoluut te lig. Sou dit andersom wees sou almal blou moord skreeu… as jy wil klappe uitdeel moet jy die gevolge en straf kan dra.

Lizelle ·

kan nie glo sy kan terug keer skool toe , boelies moet permanent uit skole verwyder word. Die arme seun, sy het gedink sy gaan naam maak omdat sy n seun kan slaan. Baie respek vir die seun omdat hy nie terug geslaan het nie , as ek hy was het ek nie eers 2 keer gedink nie.

Johan de Beer ·

Ongelukkig is dit hoe die skolewet werk. Net soos baie ander landswette word die oortreder se sogenaamde regte vooropgestel. Die beheerraad mag haar nie permanent uit die skool uitsit nie. Skoliere in staatsskole kan met moord wegkom, danksy Motshega et al.

Fran ·

Geen mens mag onder ‘n ander mense se vuiste deurloop nie. Geen mens mag ‘n ander mens verbaal verneder nie. MAAK NIE SAAK WAT DIE OMSTANDIGHEDE IS NIE!!!

Anna Smith ·

Ek weet wraggies ook nie wat die persoon probeer se nie.

waarheid ·

Ek is soooo bly die video het uitgelek anders sou hierdie tipe gemors nooit die lig gesien het nie.
Die seun is hierdeur gered!
Die dogter se respek is daarmee heen en dit is wat sy verdien.

Lizelle ·

Die prokureur moet besef sy het dit nogsteeds gedoen terwyl sy die skool se uniform aangehad het en verteenwoordig dus die skool. Sy moet maniere geleer word. Dalk kan sy, haar ouers en die “prokureur” almal baatvind by n paar klasse! Sy behoort haar te skaam.

Petro Crause ·

Ek staan verstom oor hierdie hele saak. Ten eerste al was sy ni in die skool gronde nie, sy het haar uniform aangehad. Maar dit lyk vir my so soos die skoolgronde. Sy het GEEN reg om enige iemand te slaan ni. Sy het dit gedoen om aandag te kry, kinders het haar nog aangehuts ook. Tweedens, haar privaatheid, ASB, di video is met HAAR foon opgeneem. Dus het sy gereel dat iemand n video met haar foon neem, en sy het alles vooraf beplan. Sy is nou maar eenmaal skuldig. As ek die hoof was, geskors permanent, klaar. Sy kom te lig daarvan af.

gatgogga ·

Die persoon wat die video laat uitlek het, is die eintlike skuldige?
Aldus die gewalgde prokureurtjie.
Ongelooflik.
Ek is bly sy naam word genoem.

Sonja ·

Teleurgesteld dat sy weer toegelaat word in die skool. Ons almal weet prokureurs lieg en verdraai alles in die naam van geld nie een van ons is blind of doof nie!

Annelize ·

Ja Sonja, dis mos ongelukkig die goue wet in hierdie land van ons: geld wat stom is, maak reg wat krom is.

Weet nie hoe party prokureurs in die nag slaap nie. Ek word dan eerder ‘n straatveer voor ek my gewete en morele waardes so moet verkrag in die naam van beroep en geld.

Sarel ·

Nou ja wat ek dink tyd geword dat buitestaanders maar hulle by hulle eie sake bemoei.

Koos de Meyer ·

Die hele besigheid is walglik, more doen sy dit maar weer. Sy moet maar boet vir haar dade.

Zolla ·

Video op die skuldige se foon verfilm? Hoekom sou sy dit wou opneem met haar foon? Om dit later weer te kyk of vir ander te wys en genot daaruit te put of die slagoffer verder te verneder? Heeltemal te ligte straf vir boelie!!!!!!!! Dis hoekom die tipe gedrag aanhou voorkom in skole!!!!

SêMaarNet ·

Wel, dit lyk nie sy het die foon in haar hand gehad toe die video geneem is nie, dus het sy iemand gevra om dit op te neem.(en dalk te versprei sodat sy naam kan maak) Kry vir jou, sussie. Jy kom lig daarvan af.

Melanie ·

So sy het haar selfoon met voorbedagderade aan iemand gegee en gesee neem af alles wat ek nou gaan doen. Skokkend

Naas ·

Sy het heeltemal te lig daarvan afgekom. Sy moes permanent geskors gewees het van daardie skool.

Christelle Richards ·

Sy en al die ander boelies in daardie skool word nie goed genoeg gestraf nie. My seun is herhaaldelik dag na dag geboelie, so erg dat ek hom uit gehaal het. Nadat ons die hoof gesien het, wag ons nou nog vir terugvoering ‘n jaar nadat ons hom uitgehaal het. Mooi onder die mat ingevee!!

Wa ·

Sy hoef nie haar kant te stel nie, almal het haar kant op HAAR video gesien!!! Nee wat, sy moet hierdie prokureur hou….Hy gaan sorg dat sy ordentlik gestraf word, net soos sy verdien!!!

Rene ·

Sy is en bly ‘n kind wat foute gemaak het en ek glo dat sy met die nodige hulp en leiding gehelp kan word. Ons almal leer uit ons foute en niemand is leliewit nie. Ek praat glad nie haar optrede goed nie en ek hoop van harte sy kry die nodige sielkundige hulp en vind baat daarby.

Natascha ·

Goed dat sy moet omverskoning vra, maar wat verhoed haar om nog kinders te boelie??
Sal sy regtig n les hieruit leer, dat boelie nie toegelaat word nie?

Franje ·

Die tweetjies in die agtergrond is darem baie cozy in hulle skoolklere. Se baie oor dissipline in n skool.

Danie Grobler ·

Die persone in beheer vd skool moet sommer hard hanteer word oor die slap manier wat die situasie hanteer is. Politieke korrektheid en al die aanverwante optredes daarmee saam is die grootste hoop gemors op hierdie aardbol. Die betrokke wese gaan verseker weer iets soortgelyks aanvang. Dit het gans en al te lig hiervan afgekom. ñ TOTALE SKORSING sou die antwoord gewees het. Arme bloedjie. Wat van die seun wat benadeel is? Wat gaan die spul by die skool doen om hom te help? NIKS!!!!

Anna Smith ·

Ek weet wraggies ook nie wat die persoon probeer se nie.

lanie ·

Haar ouers moet ook sommer aangekla word. Wat se opvoeding gee hulle vir hulle kind of kinders. Dit is seker die voorbeeld wat in hulle huis gestel word.

Rene ·

Hierdie dogter’tjie sal bitter vinnig hulp moet kry. Sy toon duidelike gedragsprobleme. Dit lyk of sy ‘n intense woede koester oor iets. Die sielkundige behoort haar te kan help, maar as mens haar regsverteenwoordiger se kommentaar lees, lyk dit nie of sy verantwoordelikheid aanvaar nie. Indien sy nie verantwoordelikheid aanvaar vir haar dade nie, sal sy niks by terapie baat nie nie. Die volwassenes in haar lewe behoort haar nie te pamperlang nie, want wat sy gedoen het was verkeerd. Die volwassenes se optrede voed net haar gedrag. Ek hoop van harte sy kry hulp. Sterkte aan die slagoffer en sy gesin. Ook hy behoort berading/terapie te ontvang.

Dries Moolman ·

Hulle kon haar net sowel ‘n lollypop in die bek gedruk het en gese het: Mooi so dogter. Hierdie is geen straf nie. Sy behoort uit die skool gesmyt te word! En die hele land weet reeds wie sy is, so ek weet nie vir wat haar naam nou kamstig weerhou moet word nie.

Sandy ·

Mnr Mare, of die voorval op die skoolgronde, buite die skool of op die maan gebeur het, jou klient het geen reg gehad om daardie seun so te slaan nie. Dis aanranding. Die feit dat sy in die skool is, maak geen verskil nie. As sy nou daarmee wegkom, dan gaan sy dink wat sy gedoen het is reg. Haar privaat sel? Niemand weet hoe die video uitgelek het nie? Wel sy het dit natuurlik met haar maatjies gedeel om te brag. Want ek weet nie veel van tegnologie af nie, maar ek weet dat die video nie van haar foon afgespring het en op sosiale media, of met ander gedeel was nie. Die skool was nog goed vir haar om haar volgende jaar toe te laat, duidelik is die hoof nie ek nie. Ek sal ook nie laat jy my verteenwoordig nie, want jy worry duidelik oor stupid goed soos amateuragtige verhore. Sy kan bly wees sy is nie gearresteer nie. As dit my kind was wat die vuishoue gekry het, sal ek haar laat arresteer vir aanranding.

Clipper ·

Sy het eintlik skotvry gekom. Geskors vir n jaar opgeskort beteken geen skorsing. Al die verskonings is aan die skool nooit aan die seun nie. Ek hoop die saak van aanranding wat gemaak is sal gou voorkom en haar n gepaste straf gee.

Rossi ·

Aan Mnr die Prokureur wil ek sê: “Jy walg my”.
Aan die Beheerraad van die skool wil ek graag vra hoe skors jy ‘n kind gedurende die vakansie??? watse straf is dit. Dit is nie asof sy nou sou skool toe gaan nie. Kinders is al vir ‘n rukkie met vakansie…..

Lizelda ·

Dis n duidelike bewys wat ek al menigte kere gese het. Die Boelies word altyd beskerm, want ag siestog die arme boelie se omstandighede, ag siestog weet jy waardeur gaan die boelie…

Pieter ·

Dit is bitter jammer dat sy ‘n tweede kans gegun word. So kind hoort in ‘n verbeteringskool en nie tussen ordentlike mense wat waardes het nie. As die seun haar terug geslaan het sou hy ook so lig van die saak afgekom het?

Adel ·

Ek is glad nie ñ voorstaander van vroue slaan nie, maar kyk as jy soos hierdie skroplap kan slaan soos ñ man, dan moet jy maar kan vat soos ñ man!!

Adel ·

Straf is gans en al te lig, sy moes eers in 2021 toegelaat gewees het om terug te keer na ENIGE skool!!!! Watse straf is dit nou juis om geskors te wees oor die lang Des vakansie???

Regtig, daai arme seun is geboelie en gefoeter, en sy kan maar Januarie terug gaan skool toe…….

Johan ·

Dit is hoekom die bullies nie gestop kan word nie, straf is te lig en gemaklik . Dit is aanranding en moet so hanteer word, sit haar in n verbetering skool tot sy 18 is.

Johan ·

Kan jy die “prokureur” glo !!!!! Dit is tipies die skelm prokureurs, beskerm die skuldige en plaas blaam op die onskuldige. Het hy geen ruggraat of sin van reg en verkeerd nie. Almal moet hom boikot dat hy publiek onverskoning vra vir sy tekort aan integriteit.

Omgee ·

Dankie tog vir die video clip, en mense wat omgee, anders was die geval net onder die mat ingevee en haar optrede het net gesnowball tot grooter geweld, wat dan?

Annie ·

Soos ek gese het.. dis jammer daar is nie meer verbetering skole nie…

Johan ·

Weet julle wat is vir my die ergste van die hele ding! instede dat die prokureur vir haar se sy was verkeerd en dat sy baie lig daarvan afgekom het vertel hy vir haar almal anders was verkeerd. die skool die persoon wat die vidio versprei het ens, nee sus jy is die een met n probleem! kry hulp en verander jou houding, die vidio lieg nie. of jy nou skool kleure aan het of nie jy mag nie iemand slaan nie. op die skool weg van die skool of in die bos maak nie saak nie jy was verkeerd.

Nicole ·

Ek wonder dieselfde ding, Pieter. Dit sal in daai geval seker nie gesien word as selfverdediging nie en die hele voorval sal dus uit verband geruk word sodat die bullie soos die slagoffer lyk.

Hanlie ·

Verwag die Beheerraad nou werklik dat die seun wat geboelie is weer na daardie skool moet teruggaan? Asseblief!!!! Die boelie word dan weer toegelaat in die skool. Belaglik!!!

Ansie ·

In my dae sou ‘n seun te skaam gewees het om te se ‘n MEISIE het hom geslaan laat staan nog ‘n klagte gaan le. Hy sou die sissie van die skool geword het.

HPV ·

Ansie, in die ou dae was daar nie sulke “meisies” nie, toe was meisies nog vroulik. Selfs tydens my weermag dae het ek nooit so “meisie” binne of buite die weermag teegekom nie, ook nie tans in die jagveld of avontuurkampe nie. Die wat ek ken kan meeding met mans, soms fikser en vaardiger as mans, maar is steeds vroulikheid en ordentelik.

Karin ·

Kyk……in die 1ste plek – as hierdie my dogtertjie was, sou sy vir weke lank nie op haar sitvlak kon sit nie. Op die video wys dit hoe sy glimlaggend na die selfoon kyk wat die video afneem. Dit was van die heel begin af bedoel gewees om die video te neem. Teruggaan skooltoe……is die skoolraad dan omgekoop? Sy is en sal altyd ‘n klein terroris wees. Die dag as hierdie meisiekind groot is, sal sy dieselfde in haar werksplek doen. Sy moes na ‘n verbetering skool oorgeplaas word waar sy kan leer om ‘n mens te wees !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.