Jannie du Toit in Johannesburg aangeval

Jannie-du-Toit

Jannie du Toit (Foto: Facebook)

Die sanger Jannie du Toit is Woensdagaand buite The Market Square in Newtown, Johannesburg, met ‘n mes aangeval.

Du Toit (66) het die Aardklop 2018-programbekendstelling by dié teater bygewoon.

Hy het ná die bekendstelling, omstreeks 21:00, na sy motor gestap wat in die straat parkeer was, toe hy met ʼn mes aangeval en van sy selfoon beroof is.

Maroela Media verneem Du Toit is nie ernstig beseer nie. Hy kon ook self uitstap na die motor wat hom hospitaal toe geneem het.

Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, was op die toneel en het gesê die Markteater en organiseerders het die situasie goed hanteer. “Hulle het dadelik sekuriteitbeamptes ontbied en ʼn bussie is gereël om persone veilig na hul motors te neem.”

Maroela Media verneem omstanders het die aanvaller voorgekeer en op die perseel gehou totdat die polisie hom in hegtenis kon neem.

Du Toit is vroeër vanjaar in Melville, Johannesburg, met Therina (52) getroud. Sy jongste album, Oesjaar, word later vanjaar uitgereik.

Meer inligting sal volg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

N Lourens Reitz ·

Thinus hier op my klein plattelandse dorpie is 2 mense gisteraand aangeval so vroeg as 18h30.ñ Vrou is met ñ wapen oor haar kop geslaan.
Waar jy vandag in hierdie land SA loop , gaan sit of staan is jy ingevaar!

nhk ·

Waarskuwings is in die afgelope tyd uitgereikdat selfs by troues is gaste aangeval wat uitstap na hul voertuie aangeval. Nerens is dit meer veilig nie

Kwikkie ·

So jammer vir Jannie. Hy het nog altyd net ‘n positiewe bydrae gelewer. Sterkte!

Pieter ·

Kwikkie,

Jannie het vandag gese hy vat die aanval vir Liewe-Madiba.

As dit die man se houding is moet hy nie simpatie verwag van sy volksgenote nie.

Dina ·

Ons land is besig om in n rowersnes te verander. Ergste is ons aanvaar dit maar net en doen niks daaraan nie.

Anoniem ·

Baie sterkte Jannie hoop jy genees gou van die aanval en trauna !!!

Lizzie ·

Hoe kan dit anders as die skelms in die ANC geledere is, soos met die transito rowe. Dalk sal die regering en betrokke ministers iets doen as hulle eie mense en/of familie aangeval en vermoor word.

AmY ·

Ons is nêrens meer veilig nie.
Ek is selfs te bang gou om na die winkel om die hoek te stap om ‘n rood te gaan koop. Waar gaan alles eindig?
Jannie, ek is dankbaar dat jy nie ernstig seer gekry het nie.

Andile ·

Daar is n plek in SA waar hierdie dinge net nooit gebeur nie. n Baie unieke plek waar n nasie agter homself skoonmaak en die vrugte van veilgheid pluk. Eiewerksaamheid is die paspoort tot veilgheid en vooruitgang.

Wollie ·

Ja ek seker Dit kon vir Jannie help.. sal help die woord versprei

Elsa ·

Waar is Ramaphosa se ore? Hoor hy nie die chaos in Suid Afrika op paaie, sentrums, plase, en vele meer nie? Paaie goedsmoeds gesluit en ons as motoriste moet ompaaie ry met brandstof verhogings ….? waar kom die klomp oproeriges dan vandaan en wie gee hul die reg om ontwrigting te veroorsaak? word wakker presidensie en beskerm ook die Polisie…kyk by Hermanus, WAAR is wet en orde nou?

Jakalas ·

Ek waag dit nie daai tyd van die aand om in Johannesburg CBD te wees nie. Ek was een keer en het sommer angs gevoel.

Leon ·

Suid Afrika is besig om in die grootste gemors te verander danksy hierdie ANC regering

treurgrond ·

Ons is rerig nerens meer veilig nie – jammer Jannie.
Ons land Suid Afrika raak net erger en erger. En dis waar wat hulle se mens is te bang om ‘n brood te gaan koop – te bang iemand val jou aan sonder dat jy dit eers weet . Die land moet kinders in grootword – hoe moet hulle as niemand veilig voel nie.

Penellope Jones ·

Anargie en oorlog oral in SA.
Dit kom amper voor as “mafia–agtig”.

Ai ·

Ons ou mense durf nie meer in die aande n’ vertoning te gaan bywoon en/of in die aande te gaan kuier by familie of vriende.
Dit is al gevaarlik genoeg om dit gedurende die dag te doen.

Afrikaanse Knaap ·

Dis sleg vir hulle. Ek gaan verseker nou nie soontoe gaan nie.
Dankie vir die waarskuwing.

LB S ·

En jy dink dit is net by hierdie Teater onveilig?
Maak maar eerder seker dat jy oplettend is ter enige tyd en enige plek!

1+1 ·

Wonder wanneer is dit die kerke se beurt?? Hou maar die deure en hekke gesluit. Gee aan die karwagte alarms en panic buttons.

Waarom ·

Ons sal nie die buitelanders moet waarsku teen leeus in die strate nie, daar is baie erger dinge in daai strate.

Hester de Bruim ·

Ek het simpatie met hom sanger afrikaans duisend maar waar is die boerseun van 25 wat gewerk het met sy bloed vandag sy familie in stukke geruk waar is die media nou geen fotos niks sodat die wereld kan sien nie word net geplaas een keer en dan vergete

Rowyn ·

Aardklop moet bietjie verder as hulle neuse dink oor waar hulle launch hou!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.