‘n Video van Jannie Moolman en Corlea Botha by Afrikaans is Groot 2012 volg onderaan die berig. Die bekende sanger Jannie Moolman word nog in die hoësorgeenheid by die Millpark-hospitaal in Johannesburg onder verdowing gehou nadat hy Saterdagaand van ʼn dak afgeval het.
Hetta Saunderson, Jannie se bestuurder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval is “baie vreemd” en dat hulle nog nie presies weet wat gebeur het nie. “Die voorval het Saterdagaand omstreeks 23:00 by ʼn restaurant in Hartbeespoort plaasgevind,” het Saunderson gesê. “Hy was by ʼn ramparty toe hy van die dak af geval het.”
Saunderson sê hulle is nog nie seker wat presies gebeur het nie. “Daar is egter merke aan sy arms wat toon dat hy moontlik gestamp is,” het sy bygevoeg. “Maar in hierdie stadium weet net Jannie wat gebeur het.”
Sy sê basies alles aan sy linkerkant is beseer, maar dit wil voorkom of hy nie breinskade opgedoen het nie. “Die dokters hou hom nog onder verdowing en monitor sy situasie.”
Volgens Saunderson gaan sy optredes vir April gekanselleer word en moontlik ook die optredes in Meimaand, maar alle betrokke partye sal betyds in kennis gestel word om die optredes te herskeduleer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Sterkte word gou gesond GBU
Ek weet ek gaan nou gestenig word, maar..Ramparty…Op die dak…Vreemd….Drank meskien ?
Sterkte Jannie, word gou gesond.
Ons almal bid vir jou spoedige herstel Jannie.
Dis baie slegte nuus! Sterkte Jannie, hoop ons sien jou 21 Mei in KunsteGrot!
Spoediige herstel word jou toegewens!