Jannie Moolman kritiek ná val

Jannie Moolman Foto: Jannie Moolman, Facebook

Jannie Moolman Foto: Jannie Moolman, Facebook

‘n Video van Jannie Moolman en Corlea Botha by Afrikaans is Groot 2012 volg onderaan die berig. Die bekende sanger Jannie Moolman word nog in die hoësorgeenheid by die Millpark-hospitaal in Johannesburg onder verdowing gehou nadat hy Saterdagaand van ʼn dak afgeval het.

Hetta Saunderson, Jannie se bestuurder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval is “baie vreemd” en dat hulle nog nie presies weet wat gebeur het nie. “Die voorval het Saterdagaand omstreeks 23:00 by ʼn restaurant in Hartbeespoort plaasgevind,” het Saunderson gesê. “Hy was by ʼn ramparty toe hy van die dak af geval het.”

Saunderson sê hulle is nog nie seker wat presies gebeur het nie. “Daar is egter merke aan sy arms wat toon dat hy moontlik gestamp is,” het sy bygevoeg. “Maar in hierdie stadium weet net Jannie wat gebeur het.”

Sy sê basies alles aan sy linkerkant is beseer, maar dit wil voorkom of hy nie breinskade opgedoen het nie. “Die dokters hou hom nog onder verdowing en monitor sy situasie.”

Volgens Saunderson gaan sy optredes vir April gekanselleer word en moontlik ook die optredes in Meimaand, maar alle betrokke partye sal betyds in kennis gestel word om die optredes te herskeduleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peter Says ·

Ek weet ek gaan nou gestenig word, maar..Ramparty…Op die dak…Vreemd….Drank meskien ?

Sterkte Jannie, word gou gesond.

Rita Volschenk ·

Dis baie slegte nuus! Sterkte Jannie, hoop ons sien jou 21 Mei in KunsteGrot!

Ida naude ·

Jannie Moolman, ons bid vir ‘n spoedige en volkome herstel, sodat ons weer jou stem sal hoor.

Chrstine Welgemoed ·

Sterkte Jannie – jy is in ons gebede en hoop jy word so beter dat jy ons weer kan verheerlik met jou sang en jou mooi persoonlikheid. Onse Vader is met jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.