Jannie Moolman ondergaan gesigoperasie

Jannie Moolman Foto: Facebook

Jannie Moolman Foto: Facebook

Die sanger Jannie Moolman het Donderdagaand ‘n operasie aan sy gesig ondergaan.

Barnard Beukman, direkteur by Glaskasteel Kommunikasie, sê Moolman het ‘n suksesvolle operasie ondergaan waarin ses beenfrakture in sy gesig geheg is. “Die betrokke medici het ook aangedui dat daar nie verdere ernstige skade aan sy sinus, beseerde oog of ander dele van sy gesig is nie.” Moolman het vroeër die week ‘n sukesvolle operasie aan ‘n gebreekte arm ondergaan. “Ons is baie tevrede met sy vordering,” het sy vriendin Melissa-Jo Sharpe, gisteraand gesê.

Moolman het veelvuldige frakture aan sy wigbeen (been agter die neusholte onderaan die skedel) neusbene, bo-kaak asook sy wangbeen opgedoen. Hy word in ‘n geïnduseerde koma gehou. Moolman is vroeg Sondagoggend in die trauma-eenheid van ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem na ʼn voorval die vorige aand tydens ʼn ramparty by ʼn restaurant in Hartbeespoortdam.

Lees ook:
Jannie Moolman weer geopereer
Video: Jannie Moolman steeds in koma
Jannie Moolman kritiek ná val

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Dankie tog vir bietjie goeie nuus. Jannie, baie sterkte met jou herstelpad. Ek hoop ons sien jou somer gou weer op die verhoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.