Jannie Moolman sterk tuis aan

Jannie Moolman Foto: Facebook

Jannie Moolman Foto: Facebook

Die sanger Jannie Moolman is die afgelope naweek uit die hopsitaal ontslaan en sterk by sy huis in Johannesburg aan.

“Die dokters is tevrede met sy vordering, maar hy het nog ‘n herstelfase van ‘n paar weke wat voorlê,” het Barnard Beukman, direkteur by Glaskasteel-kommunikasie, in ‘n verklaring gesê. “Hy ontvang steeds behandeling. Hy het beenfrakture in sy gesig en in sy linkerhand opgedoen, en twee afsonderlike operasies is uitgevoer. Hy het ‘n derde operasie vir die sny naby sy linkeroog ondergaan.”

Moolman is op 5 April tydens ʼn ramparty by ʼn restaurant in Hartbeespoort beseer. Inligting oor die voorval is steeds skraps.

Lees ook:
Jannie Moolman herwin sy bewussyn
Musiekkonserte ten bate van Jannie Moolman
Jannie Moolman haal self asem
“Onwaarhede” oor Jannie Moolman versprei
Jannie Moolman se derde operasie ‘n sukses
Jannie Moolman ondergaan gesigoperasie
Jannie Moolman weer geopereer
Video: Jannie Moolman steeds in koma
Jannie Moolman kritiek ná val

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Dis wonderlike nuus – hoop jy herstel sommer baie vinnig.

leana ·

Baie goeie nuus so op ‘n blou blou Maandag ! Hoop jy is spoedig weer aan’t sing Jannie !

Trudie du Plessis ·

Jannie ons almal hoop van harte dat jy geheel en al sal herstel. Ek gun vir jou die Vader se seen en ‘n absolute wonderwerk sodat jy sodanig sal herstel dat jy steeds ons kosbare en wonderlike sanger sal wees. Mag al jou “seerkry” ophou en jy ‘n lewe vol son sal beleef

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.