Jannie Moolman weer geopereer

Jannie Moolman. Foto: Facebook

Jannie Moolman. Foto: Facebook

Die sanger Jannie Moolman sal na verwagting vandag weer ʼn operasie ondergaan terwyl sy toestand steeds ernstig maar stabiel is.

Hetta Saunderson, Moolman se woordvoerder, sê die sanger het veelvuldige frakture aan sy wigbeen (been agter die neusholte onderaan die skedel) neusbene, bo-kaak asook sy wangbeen opgedoen. “Sy linkerhand is ook beseer en reeds geopereer. Hy word in ‘n geïnduseerde koma gehou en Donderdag weer geopereer.”

Moolman is vroeg Sondagoggend in die trauma-eenheid van ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem na ʼn voorval die vorige aand tydens ʼn ramparty by ʼn restaurant in Hartbeespoortdam. “Die presiese oorsaak van sy beserings is steeds onduidelik. Vroeëre berigte dat hy van ‘n dak af geval het, is weens die aard van sy beserings, nie die finale gevolgtrekking nie. Hy is alleen buite die restaurant aangetref deur ‘n sekuriteitswag. Die voorval word vir moontlike verdere optrede ondersoek.”

Saunderson sê Moolman se vriendin Melissa-Jo Sharp, asook familielede , is bykans deurgaans by sy bed. “Hulle het waardering uitgespreek vir die wense van beterskap wat van ondersteuners en vanuit die vermaaklikheidsbedryf ontvang word.”

Lees ook:
Video: Jannie Moolman steeds in koma
Jannie Moolman kritiek ná val

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

anita visser ·

Baie jammer om te hoor en alle sterkte vir jannie en famillie, ons familie hier in Duitsland bid vir jou vir genesing

magriet ·

Is dit dieselfde Jannie wie se eks vrou selfmoord gepleeg het nadat sy jare in sy loopbaan ingesit het toe los hy haar????

magriet ·

Is dit dieselfde Jannie Moolman wie se eks vrou selfmoord gepleeg het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.