Jannie Mouton vertel oor siektetoestand

Jannie Mouton.

Een van die bekendste Afrikaanse sakemanne, kunsversamelaars en liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde, Jannie Mouton van die PSG-groep, het aangekondig dat ʼn vroeë vorm van demensie by hom gediagnoseer is.

Die PSG-groep besit benewens PSG en PSG Konsult ook groot belange in maatskappye soos Capitec en Curro.

Mouton, wat bekend is om sy standpunt dat Suid-Afrikaanse kuns- en letterkundeskatte nie die land moet verlaat nie, en sy bereidheid om sy hand in eie sak te steek om dit te verseker, is die nie-uitvoerende voorsitter van PSG.

Hy is in 2010 as uitvoerende voorsitter van PSG opgevolg deur sy seun, Piet Mouton.

Jannie Mouton het die aankondiging oor sy demensie in ʼn ope brief gedoen. Hy sê in die brief dat sy korttermyn-geheue nie meer goed is nie, met die gevolg dat hy soms name en fynere besonderhede vergeet, homself herhaal of gedisoriënteerd voorkom. Hy ontvang die beste mediese behandeling en die onderskraging van sy gesin, het Mouton gesê.

Hy is reeds die afgelope agt jaar nie meer uitvoerende voorsitter van PSG nie, maar bly in ʼn raadgewende hoedanigheid by PSG betrokke en gaan elke dag na sy kantoor by die groep se hoofkantoor in Stellenbosch, waar sy verantwoordelikhede afgeskaal is.

Hoewel die presiese aard en omvang van Mouton se demensie nie aangekondig is nie, is verskeie algemene feite oor die siektetoestand bekend. Dit is byvoorbeeld so dat die uitwerking van die siekte beperk kan word deur die tipe uitstekende mediese behandeling waartoe Mouton toegang het.

Demensie is die versamelnaam vir ʼn veelheid simptome wanneer die breinweefsel afgetakel word. Ondanks heersende persepsies is dit nie so dat almal wat aan demensie ly, noodwendig Alzheimer se siekte kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Held ·

Jannie is n held en rolmodel vir Suid Afrikaners. Dankie vir wat jy vor ons land gedoen het. Jou besighede word as bestes op internasionale vlak gereken. Vat dinge rustig, jy het jou deel meer as gedoen. Jy verander dit waaraan jy raak in goud. Dalk kan jy nog bydra om ‘n genesing vir die siektetoestand te ontdek.

Piet Pompies ·

Demensie is erg as een van jou geliefdes dit kry, dit is ook amper soos ‘n siekte wat jou bekruip en aanval. Die persoon se optrede verander stelselmatig en jy troos jou daaraan dat dit normal is vir ouer mense om te vergeet en vreemd op te tree. Tot op die dag wat die groot verandering kom en niks meer sin maak. My pa het hierdie siekte gehad en voor hy tot sterwe gekom het, kon hy nie ons as kinders onthou of selfs herken. Dit is uiters moeilik om te ervaar dat die man wat jou groot gemaak het nie meer daar is vir jou.

Johann ·

“uitstekende mediese behandeling waartoe Mouton toegang het…”? Presies: die siekte kies nie volgens naam of statuur nie, maar wanneer dit by die behandeling daarvan kom… wil dit voorkom asof jou statuur en “toegang” beslis n rol speel.

Waarom dan die artikel? Oor die omvang en aard van die siekte? Dat n bekende dit het? Dat hy toegang het tot uitstekende mediese behandeling? (lees geld het om dit te kan bekostig)

In n tyd wat klippe oor en weer deur n paar glas huise gegooi word oor “bevooregtes” en hulle “hantering van” uitdagings op grond van hulle “toegang”…. BAIE vreemde berig!!!!!

Boer ·

Johann. Jy mis die punt heeltemal. Geld het niks hiermee uit te waai nie. Dit gaan oor n mens wat n baie persoonlike siekte met die wereld deel. Demensie is n baie gesigmatiseerde siekte wat ons nog glad nie verstaan nie. My bynaam is wel Boer maar ek weet nogal waarvan ek hier praat.

ai ·

Ek stem saam. Wat van ons gewone man op straat moet ons maar suffer want ons het nie daardie tipe geld nie. Dis hartseer en scary.

Linda van Mosselbaai ·

Baie sterkte aan almal. Ja ons moet maar gedurig bewus wees van wat verander & dit dan aanspreek …….

Marie ·

Dit is baie dapper om jouself bloot te stel aan van die kommentare in Maroela Media. Mnr.Mouton kan miskien daaraan dink om n welwillendheidsfonds te stig vir demensie pasiënte wat nie die geld het om medikasie te bekostig nie.Sterkte.

Cherokee ·

Marie en ander, hy veg om sy eie gesondheid in stand te hou, en dit is onregverdig om te verwag dat hy daarmee saam diegene moet help wat nie hulself help nie. Ek gee toe sonder om dit te betwyfel, dat daar hope mense is wat dit nie kan bekostig nie, maar daar daar is net soveel of meer wat geen sent spandeer aan gesinsbeveiliging, maar van die bure verwag om dit te doen. Ek spandeer huidig sowat 25% van my inkomste aan gesondheidsorg vir my en my sowat 34 of 35 dogters, maar ons weet daar word omgesien na ons. Indien jul pleidooi sou gaan vir werklike behoeftiges, ondersteun ek dit 110%.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.