Jannie Mouton vertel oor siektetoestand

Jannie Mouton.

Een van die bekendste Afrikaanse sakemanne, kunsversamelaars en liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde, Jannie Mouton van die PSG-groep, het aangekondig dat ʼn vroeë vorm van demensie by hom gediagnoseer is.

Die PSG-groep besit benewens PSG en PSG Konsult ook groot belange in maatskappye soos Capitec en Curro.

Mouton, wat bekend is om sy standpunt dat Suid-Afrikaanse kuns- en letterkundeskatte nie die land moet verlaat nie, en sy bereidheid om sy hand in eie sak te steek om dit te verseker, is die nie-uitvoerende voorsitter van PSG.

Hy is in 2010 as uitvoerende voorsitter van PSG opgevolg deur sy seun, Piet Mouton.

Jannie Mouton het die aankondiging oor sy demensie in ʼn ope brief gedoen. Hy sê in die brief dat sy korttermyn-geheue nie meer goed is nie, met die gevolg dat hy soms name en fynere besonderhede vergeet, homself herhaal of gedisoriënteerd voorkom. Hy ontvang die beste mediese behandeling en die onderskraging van sy gesin, het Mouton gesê.

Hy is reeds die afgelope agt jaar nie meer uitvoerende voorsitter van PSG nie, maar bly in ʼn raadgewende hoedanigheid by PSG betrokke en gaan elke dag na sy kantoor by die groep se hoofkantoor in Stellenbosch, waar sy verantwoordelikhede afgeskaal is.

Hoewel die presiese aard en omvang van Mouton se demensie nie aangekondig is nie, is verskeie algemene feite oor die siektetoestand bekend. Dit is byvoorbeeld so dat die uitwerking van die siekte beperk kan word deur die tipe uitstekende mediese behandeling waartoe Mouton toegang het.

Demensie is die versamelnaam vir ʼn veelheid simptome wanneer die breinweefsel afgetakel word. Ondanks heersende persepsies is dit nie so dat almal wat aan demensie ly, noodwendig Alzheimer se siekte kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Held

Jannie is n held en rolmodel vir Suid Afrikaners. Dankie vir wat jy vor ons land gedoen het. Jou besighede word as bestes op internasionale vlak gereken. Vat dinge rustig, jy het jou deel meer as gedoen. Jy verander dit waaraan jy raak in goud. Dalk kan jy nog bydra om ‘n genesing vir die siektetoestand te ontdek.

Piet Pompies

Demensie is erg as een van jou geliefdes dit kry, dit is ook amper soos ‘n siekte wat jou bekruip en aanval. Die persoon se optrede verander stelselmatig en jy troos jou daaraan dat dit normal is vir ouer mense om te vergeet en vreemd op te tree. Tot op die dag wat die groot verandering kom en niks meer sin maak. My pa het hierdie siekte gehad en voor hy tot sterwe gekom het, kon hy nie ons as kinders onthou of selfs herken. Dit is uiters moeilik om te ervaar dat die man wat jou groot gemaak het… Lees meer »

Johann

“uitstekende mediese behandeling waartoe Mouton toegang het…”? Presies: die siekte kies nie volgens naam of statuur nie, maar wanneer dit by die behandeling daarvan kom… wil dit voorkom asof jou statuur en “toegang” beslis n rol speel.

Waarom dan die artikel? Oor die omvang en aard van die siekte? Dat n bekende dit het? Dat hy toegang het tot uitstekende mediese behandeling? (lees geld het om dit te kan bekostig)

In n tyd wat klippe oor en weer deur n paar glas huise gegooi word oor “bevooregtes” en hulle “hantering van” uitdagings op grond van hulle “toegang”…. BAIE vreemde berig!!!!!

Linda van Mosselbaai

Baie sterkte aan almal. Ja ons moet maar gedurig bewus wees van wat verander & dit dan aanspreek …….

Wihelmien

Dankie vir die deel Jannie. Jy is in ons gebede…