‘Jansen het reeds genoeg skade aangerig’

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het hom vandag skerp uitgespreek teen prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV)  en aanbeveel dat hy hom eerder met universiteitsake bemoei as om hom met rassistiese beledigings besig te hou.

Dit volg nadat Jansen glo op ʼn senaatsvergadering gesê het iets skort met die opvoeding van wit Afrikanermans én dat daar bewyse is dat wit studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word. “Jansen het ook van die geleentheid gebruik gemaak om weer die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal te beklemtoon.”

Volgens Buys kry ʼn mens die indruk Jansen probeer Afrikaans en haar sprekers vir oulaas afbreek, skade aan die universiteit aanrig en mense verder polariseer voordat hy uiteindelik oorsee vertrek. “Dalk is dit goed dat Jansen oorsee kan gaan en daar verder vervreemding toepas.”

Jansen het glo ook gesê jong Afrikaner mans dink hulle is op sekere goed geregtig en het nie respek vir ander mense nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Basson ·

O die ironie – Prof Jansen verwys na ‘geen respek’, maar openbaar / betoon die geagte hoogleraar self respek teenoor ‘wit Afrikaner mans’, of reflekteer hy net sy eie bevooroordeling teenoor bepaalde groepe?

Jan maak n Plan ·

Hoe lui die spreek woord nou weer – wat die hart van vol is loop die mond van oor. Hy praat seker van homself en sy gepeupel. Hy kasn maar sy “pie wat en waai”. Hy sal nie gemis word nie.

m ·

Nou ma bring dan al die bewyse dat die probleem dan die nodige aandag kan kry…… Daar is baie bewyse teeoor ander ook, kyk ma die nuus elke dag hoe hulle afbreek.

Piet Pompies ·

Mnr Jansen, jy is heeltemal reg, daar is fout met ons Suid Afrikaanse wit mans. Anders as jy werk ons hard om die beste vir ons familie, ons land en ons God te gee.

BOLANDER ·

Piet, vat so ou maat. Wat ‘n fantastiese antwoord!!!!!!!!!!

Cherokee ·

So jy Piet Pompe, beskou dit as ‘n fout en Bolander juig jou toe en noem dit fantasties.

Tiaan ·

Ek neem hom nie kwalik dat hy so dink nie. Seker omdat wit Afrikaners so baie impliseer word by plaas moorde, gewapende roof, verkragting en af brand van infrastruktuur.

Jordaan ·

In my ervaring is dit nie hoofsaaklik die wit Afrikaanse mans wat “dink hulle is op sekere goed geregtig en wat nie respek het vir ander nie. Waar is die kultuur van “entitlement”, soos die Engelsman van praat, die meeste sigbaar soos in “ek wil ‘n huis met gratis krag en water kry, gratis skool, gratis universiteitsopleiding, gratis medies, ens”. Dit is nie die wit Afrikaner mans wat hiervoor in die ry kan staan nie Prof Jansen

Joann ·

Laat die Prof. Janse maar sy goed vinnig pak en gaan,sy soort het ons nie nodig nie. Hy moet net eers teregstaan op die klagte wat hy gemaak het teen studente in die rugby debakel.

Francois le Cochon ·

Jammer mense, maar ek stem saam met die prof. Vandag se deursnee wit jongmans is hierdie macho, egoistiese, vloekende, rokende en drinkende bullebakke. Punt. Jong meisies vind dit al hoe moeiliker om ‘n opgevoede jong man te vind as gepaste lewensmaat.

Bolander ·

Francois, jy praat nou seker van jouself ou maat. Sterkte.

Martin ·

Francois, ek is geneig om saam met jou te stem. Ek moet egter byvoeg, daar is uitsonderings.

Maddox ·

Francois, jy praat nou ‘n klomp nonsense hoor. Dit mag so wees dat daar bulle-bakke is, inteendeel daar was nog altyd, maar om te se almal is so is rerig verregaande. Hier is ‘n idee, verander jou vriende kring en mense waarmee jy omgaan, ek vermoed jy bevind jou in die verkeerde geselskap-kring. Nou skeer jy almal oor dieselfde kam.

Sarie ·

Waar bly jy? Ek ken nie een so ‘n Afrikaner jong man nie.

Pietman ·

Dis wat gebeur as mens iemand met ‘n swak selfbeeld eweskielik bietjie mag het. Hulle koppies haak uit.

kobus ·

Defenisie van n professor: somebody who knows a little of something and nothing of anything

hans ·

Kan daar nie onmiddelik kriminele klagtes teen die prof ingedien word. Het nie gehoor dat hy iets te se het oor die opvoeding van mense wat geboue brand,standbeelde skend. Dink sy optrede moet ook onder die aandag van die akademiese gemeenskap-binnelands en buitelands-gebring word.

Alida ·

Stem saam. Die ou prof moet bewys dat dit wit afrikaners is wat toi toi en alles afbrand. Hy is siek in sy kop en moet in die VSA bly vir altyd.

Sê maar net ·

Die ou laat al die erge rassistiese optrede deur swart studente toe. Sy onderrok hang ver uit. Hy het genoeg skade hier by die UV aangerig. Hy kan maar gerus loop.

Stan ·

Die man praat nooit uit dieselfde mond nie. Hy het 2 jaar gelede by my dogters se skool (in Potchefstroom) ook ‘n klomp anti-swart / anti-Mandela stellings gemaak. Hy is soos ‘n verkleurmannetjie wat by sy gehore aanpas!

Penellope Jones ·

Dis nie met Afrikaanse wit studente se opvoeding waarmee iets skort nie. . . . . . . . . . .!!

lizaan ·

Its like telling the Irish they must leave there accent and speak Zulu really leave Afrikaans people alone. Look at crime then we talk again ,,,,,

Ai ·

jinne, hy was my gunsteling dekaan destyds by Tukkies. Deur die jare het baie van sy vroeë sienings net stadigaan verander totdat dit nie meer met die “gewone” student praat nie, maar net met die swart student. Nogal teleurgesteld.

John ·

Mens wonder wat met swart studente se opvoeding skort as selfs die rektor in die buiteland moet gaan bedel vir studiegeld vir hul lekkerlewe op kampus. In ons dae moes studente werk en na-ure/buitemuurs studeer om klasgelde te betaal vir oa die rektor se salaris. Geen eksamens is uitgestel vir studente wat hul speelgoed uit die prem gooi nie en waar het studente dit gewaag om geboue aan die brand te steek en hulle gaan maar aan asof niks gebeur het nie. Miskien is nie daar meer meisies wat nie mans kry wat voldoen aan hul vereistes nie, maar sjoe, daar is ook net soveel meisies wat deesdae daarop aandring om die broek in die huis te dra. Die rektor verdien ‘n pos by ‘n top Amerikaanse of Britse universiteit soos Harvard. Ek beveel hom ten sterkste aan. Wat het hulle al die jare sonder sy lyding gedoen? Hy ly al soveel jare in die land onder die Boere en hul taal. Red hom asseblief!

Andre ·

Hierdie ou moet aangekla word vir naamskending vir sy veralgemenings. Afrikaners gaan weer terugsit en net kerm…!

antjie ·

lol Jansen moet net onthou daar oorkant die water is ook baie wittes…..

groenewaldt ·

Wat ;n regte kwaadstoker!!
Koppie is klein- hy gaan nog druipstert probeer terugkom want waar hy gaan moet jy werk vir sy geld nie soos hier waar hy niks hoef te doen en net die Afrikaner te kritiseer en daarvoor geld te kry nie. Wat ‘n pateet! Ek dink nie hy ht die mentaliteit om te besef hy is ‘n pateet nie.
Wanneer vertrek die skepsel dan – hoort nie hier nie.

JC ·

Los my taal en my kultuur uit Jansen, as jy nie jou eie het om op trots te wees nie!
Jaloesie is ‘n baie lelike ding ne?
Afrikaans SAL BLY!

alex ·

eks self n wit afrikaanse man. ek het lank kamers in my huis verhuur. my swakste huurders en my huurders wat probleme veroorsaak het met onnetheid, geen betaling, laatnag lawaai, dronkenskap ens ens was deur die bank ALTYD jong wit Afrikaanse mans. So as my gevolgtrekking oor hierdie groep nou dieselfde is as Prof Jansen s’n, dan beteken dit mos dat daar ‘n mate van waarheid in sy beskuldiging sit.

Theo ·

Alex. Ek ervaar dit net weer andersom die “ras lyn”. Ek dink eerder dis in sekere gevalle n probleem met alle rasse, maar om een ras nou te wil identifiseer en afmaak as die probleem spreek boekdele van Jansen se werklike bedoelinge en insig.

Kaufman ·

Stel die Universiteit waar hy gaan werk in kennis. Dit kan dalk sy oos daar kos.

John ·

Alex, jy leer vinnig. Die swart studente gaan binnekort goeie betalers wees met jou swaar verdiende belastinggeld. Verhuur aan hulle. So kry jy darem iets terug… miskien ook nie. Dalk sal hulle nou in duur Engelse hotelle kan tuisgaan om te pas by hul grand motors en klere… ook met jou bloedsweet-belastinggeld…

Ding Dong ·

As jou klok lui in die enige rondte beteken dit dat jy verloor het, jy is uit ” Poer des merdes is “. Jy kan soveel lawaai maak as jy wil,dit beteken niks en word verwerp met min agting .

Popeye ·

Prof. Jansen, u uitlating verdien ‘n kort en onbeskofte afjak! Sou die woord “sommige” in jou geteem opgeneem gewees het , sou ek se ja dit is so. Net soos sommige swart mense ook opperste rassiste is en dink die wereld skuld hulle alles. Dus kort en bondig prof……sjarrap!

Dark.O ·

Dit is miskien “knowledge in the blood” wat maak dat Jansen optree soos hy optree? Hy kan nie anders nie. Vlug maat vlug!

Joey ·

Ek is verstom oor prof Jansen se uitlatings. So teleurgesteld. Iemand het vroeër gemeld dat hy ‘n verkleurmannetjie is. Ek moet dit ongelukkig beaam. Die man wat tydens gradeplegtighede en universiteitaktiwiteite ouers en studente toespreek verskil werklik so ver soos die ooste van die weste van mekaar. Prof Jansen – hoeveel maskers het u en hoe leef u met uself saam . Geen mens kan mos so skynheilig wees nie. Weet u wat maak my die kwaadste – ek het u respekteer……groot fout!

Peer ·

Bye jj, jy het geen waarde toegevoeg het nie. VSA gaan gou deur jou sien dan is jy nerens meer welkom nie.

Burger ·

Baie van die menings laat my wonder of hy nie tog reg is nie

Manie ·

Ek’s n oud kovsie maar ek wil my glad nie meer assosieer met kovsies. Jansen het een ding reggekry om die universiteit in die grond in te bestuur met sy politieke speletjies. Dit is net hy wat kan trots wees op sy nalatenskap wat een gemors is. Hy moet nou sou goed vat en waai en ophou met sy politiek. Maar ek dink dit is vyf jaar te laat

JOHN ·

die arme drommel van n Jansen…..hy weet nie waar hy inpas nie!!! kom so gou as moontlik weg uit SA uit!

Stefaans ·

Geleerdheid bring nie noodwendig insig nie. Hoe lank gaan hierdie arme ou nog tjank oor apartheid?

SNEL ·

Ek het ook al met hom te doen gehad en nogal respek vir die man gehad, maar Jansen, jammer om te sê, jou ster het geval by my, as jy sulke twak kwyt raak. Mag dit net stofwolke wees soos wat jy hier wegskiet Amerika toe.

Ou Vlakvark ·

Kan iemand my asseblief die klankbaan of skriftelike stuk gee wat die volle toespraak bevat? Ek stel belang in primêre brongetuienis, nie hoorsê getuienis of mense se indrukke of persepsies of hul bymotiewe nie. In welke konteks is die toespraak gemaak? Ek is moeg vir al die eensydige beriggewing in ons nuusmedia waarop die kommentatore kommentaar lewer asof hulle al die primêre bewysbronne in die hand het en self teenwoordig was. Ek stel belang in FEITE, nie indrukke en persepsies nie.

Ongeduld, onverdraagsaamheid, persepsies, hoorsê getuienis en eensydige beriggewing is nie bevorderlik vir NasieBou nie, nog minder vir ons kinders se toekoms. Onthou die reël van van natuurlike geregtigheid: “Audi alteram partem”, hoor ook die saak van die ander party aan. Jy mag dalk op jou eie neus kyk!

Ou Bosvark, Ou Erdvark en Ou Krimpvark ·

Ou Vlakvark,

Iewers het ons gelees: “Hy wat eerste praat in ‘n regsaak, lyk onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit.”

Of anders gestel: “Hy wat eerste kritiseer lyk reg te wees. Eers na ‘audi alteram partem’ kom die waarheid uit.”

En iewers staan geskrywe: “Moenie vriende maak met ‘n humeurige mens nie. Bly ver weg van een wat ongeduldig is. Jy moenie dalk sy maniere by hom aanleer nie.”

Laat ons almal blymoedige soogdiere wees en elke oomblik van ons kortstondige lewens waardeer en geniet en ook vir andere iets opbouends probeer beteken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.