Jansen oor #FeesMustFall: ‘Ek is bang’

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

“Daar is net twee maniere hoe die verbranding van ons universiteite tot ʼn einde kan kom,” meen Jonathan Jansen, die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

“Die regering verklaar gratis onderrig, dus betaal niemand . Of die regering gryp met ʼn ystervuis in. Die probleem is, die regering het nie daardie soort geld nie. Ek is bang.”

Só het Jansen vandeesweek gesê oor die #FeesMustFall-betogings wat al sedert verlede week op universiteitskampusse regoor Suid-Afrika woed.

Jansen, wat aan die begin van die maand as genoot by die Sentrum vir Gevorderde Studies in Gedragswetenskappe aan die Stanford Universiteit in die VSA aangesluit het, het op Facebook gesê al meer akademici sê aan hom hulle oorweeg dit om akademiese poste in die buiteland te aanvaar en Suid-Afrika te verlaat.

“Ek is jammer om dit te sê, maar julle was gewaarsku. Hier begin die afdraande pad vir ons top universiteite en die einde aan hoë gehalte onderrig in die laaste oorblywende Afrika-nasie met stewige instansies. Asof hierdie plunderende betogers omgee,” het hy geskryf.

“Slegs ʼn sterk teenstand-stem van die publiek en ʼn daadwerklike reaksie uit die hoogste vlakke van die regering, kan die verrotting keer.”

Volgens Jansen word die toekoms van die universiteite bedreig deur ʼn minderheidsgroep wat glo wetteloosheid het geen gevolge nie. Hy sê ook dit is juis die arm swart bevolking wat die meeste onder die betogings ly.

“Die beste manier om hierdie vernietigende betogings te keer, is vir die ander studente om terug te druk, veral die armes wat kan sien hoe hul lewensgeleenthede voor hul oë verdamp. Dit gebeur nou op sommige kampusse. Ek wonder of die media so gretig sal wees om aan hierdie studente – die meerderheid – ʼn stem te gee?” het hy gesê.

“Soos die petrolbomme gegooi word en die brande al meer opvlam, raak dit al hoe duideliker duisende studente sal nie hierdie jaar of volgende jaar kan gradueer nie, en dat ouers van gr. 12 [leerders] alternatiewe planne vir 2017 sal moet maak. Hierdie Suid-Afrikaanse hart breek. Soos die gesegde lui, die toekoms is nie meer wat dit altyd was nie. Die verlede ook nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Ww ·

Nou hoe praat ‘n man nou oor afstand wat dit wat wit mense 10 jaar terug gesê het afgemaak het as rassisme

Sarie ·

Ek is òòk bang Prof Jansen, maar èk kannie die land verlaat nie… Wàt gaan van mý klein- & agterkleinkinders word? Ons is Suid Afrikaners in murg & bloed… Ons wil nêrens anders woon nie, mààr hoe noù gemààk???

Jakes ·

Sarie, ek dink ons as pa’s van ons kinders moet ons dagtake los, opruk universiteit toe en ons kinders vir wie ons betaal gaan beskerm. Soos ons gaan vir biddae, Nampo.
Stabiliteit sal gou herstel word. Wat sê die vaders, #beskermdestudies?

Nelie ·

Vra die Rooi Miere om handjie by te sit om geboue te beskerm. Die polisie kan dit nie alleen doen nie. En sit die wat brand stig in die tronk. Nie net vir ‘n week nie. Dit is ‘n misdaad. Skors die sondebokke vir altyd, Help die wat WIL leer. Maak die toelatings vereistes strenger. As jy nie slaag nie, is jy uit. Her op jou eie onkoste voor jy weer toegelaat word. Probleem is: Hulle is so geleer, en nou sit die regering met sy eie sak patats.

leon ·

Dit is hoekom al meer ouers hul kinders buiteland toe stuur om te gaan studier.Wat van al die arme student wat ernstig is oor hul studies en leer maar hierdeur benadeel word.Gaan die universiteite hul gelde terugbetaal as hul nie hul eksamens kan klaarmaak nie.

venushka ·

weet jy neh ek is so siek om te hoor oor die arem swart bevolking! wat van ons wittes wat elke bleri dag swaar trek, wat kinders probeer groot maak in hierdie barbaarse omstandighede en vir hulle eendag n toekoms wil he???? swart swart swart, ek is so siek hiervoor, ek is so moeg om te hoor hoe swwar hulle kry ens, ons wittes kry vandag nie werk nie al het ons hoeveel jare se ondervinding en matriek agter ons naam! dis nou regtig genoeg! ons weet presies wie is hierdie studente wat hulle soos skaamtelose varke gedra, wat almal se lewens ontwrig en dit oor hulle als verniet wil he, wat dink hulle gaan dit ons belasting betalers kos as ons vir hul dokters grade moet betaal??? hoe moet ons hulle voer as ons skaar ons huis gesinne kan onderhou!!! word hulle inelkgeval die kans gegin om verniet te swot staak hulle volgende keer oor iets anders wat hulle verniet soek of kamtig mee ontevrede is! dis n bleri bose kringloop! en hoe gouer die swak regering drasties iets omtrent die situasie doen sal ons maar in hierdie swak omstandighede bly en ons arme kinders gaan eendag nog swaarder trek! alles draai nie om hulle nie, of jy gaan werk deeltyds en swot deeltyds en betaal vir jou studies soos almal van ons moet of bly weg!

Sue ·

Nou kyk so reguit het ek nog nooit tee gekom nie en ongelukkig is dit die waarheid. SA is besig om heeltemal ten gronde te gaan geen wonder ons kinders immigreer na beter lewe oorsee. Om te dink ‘n vreemde land doen vir my kinders meer as hulle geboorteland en ek te oud om te immigreer.

Kiepie ·

Sjoe, is dit nie ‘n loodregte ommekeer van wat hy verkondig het toe hy juis in ‘n posisie was om iets daadwerkliks aan die situasie te doen nie? En het hy nie juis die studente wat op Shimla-park opgestaan en “teruggedruk” het dissiplinêr laat vervolg nie? Maar miskien is dit goed dat die man nou in die buiteland sit en kan verkondig wat werklik op sy hart is, eerder as wat hy steeds aan die hoof van een van ons top-instansies staan en sy stertjie moet swaai na gelang van die hand wat hom voed. Miskien neem die wêreld nou notissie van wat werklik aan die gang is.

SUE ·

JA PROF JANSEN JY STAAN NOU LEKKER VAN DIE “OORKANT” VAN DIE SEE AF + SKREEU..JY IS BEKOMMERD…WAAROOR??? JY HET TOEGEDRA TOT OMSTANDIGHEDE + TOE JOU GOED GEPAK + LAAT WAAI!!

Johan 2 ·

100% Sue…hy was n voorstaander van geforseerde integrasie nes sy voorganger, lekker gevlug na buiteland..!..

Johann ·

Ja Jansen. So.praat jy en jou ander handpop maats NOU? Maar wie het hand om die blaas gestaan en “prep” vir presies dit wat jy NOU se onmoontlik is? Jyt toegelaat dat die anargiste hulle hand en tand kon vasbyt in en aan KOVSIES. En nous jy grootbek van doer daar vêr? Slapgat

Irene ·

Wat van die arm wit arm wit bevolking tel hulle nie jy vlug na ander plekke toe nou begin die struggel tyd eers julle het laat wakker geskrik

Bruno Stef ·

Nou hoekom het jy nie die waarskuwing en standpunt ingeneem toe jy hier was en n verskil ivm die huidige toedrag van sake kon gemaak het nie.Dit is nou n mostert na die maal kommentaar waarmee jy jou self wil verontskuldig los maar die bang storie wat die ouers/grootouers sal moet absorbeer ter wille van die kind/kleinkind se toekomsdrome wat elke dag al hoe meer vernietig word.

Kobie ·

Wat sê hy nou net die anderdag het hy gesê daar skort met die afrikaans spreekende wit mans se opvoeding. Is dit opgevoede mense wat so optree ?

Kleintjie ·

Venushka, jou kommentaar is in die kol. Ek voel net soos jy oor hierdie GEMORS.

Jeanne ·

Ja julle het die gemors aan die gang gesit en toe VSA toe gevlug. Ek het geen probleem met emigrasie nie, maar julle het die moeilikheid hier begin, en nou vlug al die dosente en rektore en akademiese personeel wat nou hande gevou staan en nie ‘n duit omgee vir studente wat studie-ure en eksamens gaan mis nie. Hulle het nou al so toegegee tot die oproeriges se eise, hulle staan nou met die rug teen die muur, en dit alle ten koste van die studente. Wat jy nie weet nie Prof Jansen is dat die STUDENTE ook eersdaags oorsee gaan vlug en die land met al die gemors agterlos.

Dosent ·

Jeanne, dosente het nie hierdie gemors veroorsaak nie en ons gee beslis vir ons studente om. Dit is nie universiteitspersoneel wat toegee aan eise nie – die regering sê hoe die situasie hanteer moet word.

Jakes ·

As dit is hoe ‘n geleerde man redineer is ek maar dankbaar ek nie so hoogs geskoold. Waar is daardie Prins/ Price van UCT wat sy eie kind aangepor en na arristasie gaan uitbail het laas jaar? Wanneer klim hy op die wa?

Sydney ·

Ja prof Jansen. Nou het jy baie om te se noudat jy nie meer hier is nie. Jy wou ook nie luister na hulle wat jou gewaarsku het oor wat gaan nog gebeur nie. Nou het ons die probleme en jy kyk uit ‘n ander hoek na die probleme in Suid Afrika. Wie is nou die een wat raad probeer gee, kom terug en help die probleme uit te sorteer, jy was mos ook gewaarsku nie waar nie?

Rika van Loggerenberg ·

Daar is geen straf vir hierdie vandalistiese studente nie. Brandstigting sover ek kan onthou, is ‘n wets oortreding met ernstige gevolge. Daar is groot fout binne’n parlement wat toelaat dat die jeug die land SO negatief beinvloed. In die ou jare sou die ou storie al hoeka stop gesit gewees het met die skuldiges in die tronk. Nee wat ons land het geen leiers nie en ons polisiemag word lam gele deur vrese van die gevolge van Marikana. Laasgenoende was soos ‘n wegspring skoot om te boikot en te plunder en te brand nes jy wil. Die arme belasting betaler gaan weer moet opdok! Die ANC het hulle eie Frankensteins gemaak. Hulle voorbeelde was tipes SO!

vermeende ·

Die siende blinde liberale gespuis verstaan net nie. In SA is daar twee uiteenlopende sienings oor reels, reels is daar om gehoorsaam te word of die ander siening, reels is daar om gebreuk te word en getoets word. Jansen daar bestaan nie gemene grond met die sienings nie.

Die konserwtiewes waarsku al van voor 94 af en Jansen skree rassiste maar nou het hy sy hasesprong gegee oor Afrika uniwersiteite na n nog beter blanke inatelling. Hierdie is deels Jansen se hande werk saam met die liberalis, wonder net hoe dit apartheid en die blanke se skuld sal wees.

Theuns ·

Dr. Jansen die toekoms en verlede is presies wat dit nog altyd was maar ouens soos jy het die bagasie (bollie) elke dag bygevoeg sodat die verlede en die toekoms stink en nie sal regkom voordat jy jou bollie verwyder nie. Hoekom bely jy nie eerder jou ongevraagde haat teenoor die Witmense en Afrikaners nie en vra hulle omverskoning!

Grassie ·

Hy het hierdie kwaad help stook, nou sit hy daar met ‘n vroom gesig asof botter nie in sy mond kan smelt nie.

Poot ·

Die Bybel sê…..”weë die land wat deur vroue en kinders regeer word”. PUNT.

Ella ·

POOT, in watter Bybel lees jy dit? As vroue jou nou in die hande kry, gaan jy les opsê.

Pieter Ellis ·

Nee Poot-in-die-bek, dit is onwaar. Daar staan wel behoed die land wat deur n slaaf regeer word. En met slaaf word bedoel die persoon wat geensins reg en geregtigheid verstaan en net hom of haarself wil bevoordeel. Dus n selfsugtige, selfgesentreerde persoon. Laat die beskrywing jou aan enige persoon dink?

Jakoba ·

Daai vers wat ou Poot nou se is skere net in die bybel wat ou Poot self geskryf het. Lees die regte bybel voor jy jou naam met ‘n plank slaan ou Poot

ja ·

Ja stemmers. Dis waarvoor jul mos gestem het. Moenie nou kla en huil.

Paul ·

Veral die 500 000 stemme wat in die stembusse was voordat ‘n kruisie wettiglik getrek was.

Albert Marais ·

Arme prof. my hart bloei vir jou. Jy moes bang gewees het toe jy nog hier was en al wat n wit mens is, uitgekryt het vir al die probleme

Flippie ·

So praat die groot vader van transformasie. Hater van die Afrikaner en als wat Afrikaans is. Was die voorbok om om die Afrikaanse karakter van die UV te vernietig en Afrikaanse studente verdag te maak en as rassiste te karakteriseer en swart studente teen wittes op te sweep.

Ja, Jansen, jy was een van die wat die lont in die kruitvat gesteelk en dit aangesteek het. Nou hardloop jy weg – nogal na ‘n westerse wit kapitalistiese land toe . En nou is jy bang en bevrees en gee raad van die wall af.

Nee wat, gaan net liewer weg. Ons sal die gemors daaraan jy aandadig is op ons eie oplos.

Andre ·

Jakes van almal het jy die beste oplossing. Ons as pa’s van hierdie kinders van ons waarvoor ons almal swoeg en sweet om studies te betaal want net die swart student kry kamstig swaar, moet ons eie slapgeit laat staan en as ouers bymekaar kom en hierdie jong gepeupel met GEEN WAARDES, DISSIPLINE OF RESPEK n les gaan leer aangesien die sogenaamde Kovsie sekuriteit asook ons patetiese Polisiemag en SAW dit nie kan doen nie. Om van Twee gesig Jansen nie eers te praat nie. Wat n teleurstelling van n leier. Ongelukkig gaan ons n nog swakker bestuur by Kovsies tegemoet in die toekoms. Daarom doen ek n beroep op alle oud studente, donateurs, trusts ens, ens om alle fondse te staak na die Universiteit en vra ek die pappas met murg in hul pypies om op te staan en ons kinders se regte om te studeer te help beskerm.

DEE ·

Ja Jansen. Dis net jammer dat jy die “studente” in hulle kwaad gesterk het toe jy moes gekeer het. Nou sit jy ver en veilig en probeer saampraat.

Penellope Jones ·

Net een enkele rede:
Die ANC se gierigheid het die land opgemors, soveel so dat daar letterlik en figuurlik niks gaan oorbly nie.

Dirk Rossouw ·

En nou sluit UFS om ‘solidariteit’te wys met die eise!!!!! Of is Lachia Loader nou weer verkeerd aangehaal. Die nornamale verskoning van die nuwe SA!

Sê maar net ·

Jy is reg Dirk. Die UV reik verklarings uit wat dit stel dat die personeel “solidariteit” betoon met die “arme weerlose studente”. Die personeel en 98% van die studente is so g@tvol vir die spul onderpresterende vandaliste, as die topbestuur maar net weet. Die spul oproerders plaas ‘n foto van ‘n wit meisie wat op die kampus draf, met die opskrif “white privilege”. Huh? Of is ek net so onnosel dat ek nie die wit voordeel in iemand wat draf kan sien nie.

Stuiwer ·

Dit steek ons as ouers, alumni en werknemers van die UV DWARS IN DIE KROP dat die kennisgeweging uit alle oorde lees “In eensgesindheid met die oproep om gratis onderrig vir die armes en die ontbrekende middelgroep” – van wanneer af is opgevoede mense eensgesind met anargiste, kriminele, vandaliste en brandstigters? Nou verloor ons kinders IN HUL FINALE JAAR klastyd, toetse, werkodragte en tutor-mentor tye – hoe gaan die kinders gradueer? Of gaan hulle, saam met die “missing middle” sommer hul grade verniet kry?

popeye ·

Hierdie groep mense, jansen ingesluit is besig om die geskiedenis te skryf. Ek sê reguit; lesers van die geskiedenis in die toekoms gaan sê…..”wat ‘n spul patete”

Een plus Een = Minus universiteite Juffrou ·

AL die universiteite moet SLUIT vir die volgende 2 jaar sodat die “OULIKE” ( sarkasme) betogers kan sien wat se wonderlike skade hulle aangerig het. Hulle kan hulle self op die DIK skouers klop dat hulle nou , nadat hulle nie meer die (metaal unies) , ( wynboere) en ook die (treine en busse) verder kan intimideer deur dit af te brand of MINIMUM salaris verhogings kan eis nie. Dis mos nou die universiteite se beurt, anders is die betogers werkloos. Julle verstaan ook boggerol,. Na die universiteite is dit weer die dekselse skole se skuld. Of volgende is dit weer die vliegtuie, want erens moet hulle heeldag besig wees deur af te brand, te R(h)oer en Rumoer omdat hierdie barbare nie ordentlike ma en pa gehad het wat hulle GATTE vuurwarm gelooi het die eerste keer toe hulle steel nie.

WORLD WIDE STUDENTS PAY for DEGREES ( ENGELS sodat die klipgooi helle) die sin dalk verstaan.

JJ ·

Ja prof, en jy hét gesê dat wit Afrikaner mans ‘n probleem het. Nog nie een gesien wat klip gooi nie

John ·

Dit wil voorkom of die geagte professor een van daardie duur waskomme bekom het waarin mens jou hande in onskuld was. Ek hoor ook daar is nou swart handdoeke op die mark beskikbaar waarop “Ek is onskuldig” mooi in die landskleure uitgeborduur is deur Indiese of Sjinese tannies. Weet iemand waar dit te koop is of het die ANC almal opgekoop?

Lorette ·

Nie eens die moeite gedoen om alles te lees nie. Vlug maar landuit Jansen, ek sal ook bang wees as ek jy is, want jy het ook ‘n aandeel hieraan. My kinders kon nie een universiteit toe gaan nie, want ons het nie geld gehad nie, al is ons wit. Ons het minstens die verstand gehad om ons kinders ordentlik op te voed dat hulle nie alles om hulle vernietig nie!!!!! Nou moet daar skielik standpunt ingeneem word, noudat julle alles vernietig het wat opgebou was! Mag die Hemelse Vader ons genadig wees sodat ons minstens van ons “staatshoof” ontslae kan raak en mense met opvoeding en verstand aan die hoof van die land kan kry, ONGEAG van kleur!

Hen3 ·

Dis so jammer dat die verwoesting van goed ingerigte en deeglik beproefde stelsels en sisteme feitlik weekliks verder en al verder toegelaat word om vernietig te word. Voorbeelde is: Universiteite & skole, selfs die Polisiediens, Poskantoor, die eens trotse SAL. Die Munisipaliteite se swak bestuur en skuldlas. Die miljarde rande se vermorsing op sogenaamde grondhervorming met GEEN resultate nie. Ontbrekende water suiwering en voorsiening, skool opleiding en krisusse rondom Universiteite. Vermorsing van geld uit die Staatskas…..PetroSA, 3 keer duurder oprigting van die Medupi’s vir krag voorsiening. Huidige SAUK gemors. Die alombekende Nkandla en wapenskandaal en bedrog spul. Om nie eens te praat van die Zuma-Guptagate en skandale nie. Ook Prasa en e-tol dramas. Natuurlik ook die toegelate afbreek van ñ eens baie goeie wêreld standaard hospitaal op die kampus van die Vrystaat universiteit. Prof Jansen jy is besonder slim en geslepe met als wat jy by Kovsies verander het en die wit studente en hul ouers verneder het. Jy’t gesien jy moes vlug ….en toe doen jy dit betyds. Wanneer tog sal hierdie stoomroller van vernietiging gestop kan word en deur wie? Hoe lank sal ons almal hoor en sien, praat en planne maak EN niks gedoen kry nie. ONS is maar net nóg ñ Afrika land met die lank voorspelde chaotiese einde in sig??

snoefie ·

lekker om in die verte te sit en dan bek te rek. jy moes jou se lankal gese het. dis steeds nie te laat om die hebsugtige massas te vertel dat hoEr onderrig n luukse is wat ongelukkig nie almal beskore is nie.

Uiltjie ·

En as alles in sak en as le, Dan kom ROOI GEVAAR tot ons “redding”…

Andre ·

Ja Jansen, jy wil hê die studente moet ook ‘n ” sterk teenstand” gee, maar wat het jy gedoen met die studente wat die onlus makers van die rugby veld probeer verjaag het toe die betogers die wedstryd onwrig het? Sover ek weet word die wit studente nog steeds vervolg, terwyl die betogers skotvry is.

Hoeveel geweldadige betogers is al suksesvol vervolg by U V?

Paul ·

(1) Ek het self gesien hoe ‘n student by MAKRO, met ‘n “ANC TUKS Branch” T-hemp aan; sy 5 reeks BMW laai met ‘n trollie vol drank, in die bagasieruim en ook op die agterste sitplek. Is dit nou die mense wat nie klasgelde kan bekostig nie? Ek het nog nooit in my lewe, soveel drank op een slag gekoop nie.
(2) Prof. Jansen het baie te sê gehad oor Afrikaner mans se opvoeding tuis (in die algemeen), het hy die mannemoed om iets te sê oor die FeesMustFall studente se opvoeding tuis?

Martin Pretorius ·

Die studente wat bydrae tot die amok moet geadentifiseer word en aan die publiek bekend gemaak word sodat besighede n databasis het waardeur hulle kan filter vir aanstellings doeleindes. Hierdie studente wil nie geidentifiseer word nie want dit mag hulle in slegte lug plaas.

Lola ·

Jansen wat maak jy nog hier. Ek dag jy is oppad Amerika toe??????

JJ ·

Wat’s volgende – # fines must fall, free housing, free electric, free petrol…

Maggie ·

Jip Prof Jansen kan maar fout by begin gaan soek UV waar begin is met toegewings gemaak want kan nie met iemand wat situasie afbreek en vernietig enige sin in praat en nou liberale oproepige “studente” wat verder eis en eis en eis maar waag om hul aan te vat. Nou vernietig hul toekoms van land

Rupert Ashford ·

So hartseer soos dit nou mag klink is dit tyd vir mense wat omgee om hulle hande te was aan Jhennsin en instansies soos die UV en te help om Akademia se ontwikkeling te “fast track”.

fred ·

Prof jy verkondig nou presies die teenoorgestelde as wat jy op kampus gedoen het. Onthou jy toe betogende studente onwettig op die rugbyveld gestorm het, onskuldige mense beseer het en die wedstryd ontwrig het?? Ander
studente en toeskouers het hulle toe hardhandig verwilder maar jy kies toe die kant van die betogers en kla die onskuldiges aan… hie dan nou??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.