Jansen oor #FeesMustFall: ‘Ek is bang’

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

“Daar is net twee maniere hoe die verbranding van ons universiteite tot ʼn einde kan kom,” meen Jonathan Jansen, die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

“Die regering verklaar gratis onderrig, dus betaal niemand . Of die regering gryp met ʼn ystervuis in. Die probleem is, die regering het nie daardie soort geld nie. Ek is bang.”

Só het Jansen vandeesweek gesê oor die #FeesMustFall-betogings wat al sedert verlede week op universiteitskampusse regoor Suid-Afrika woed.

Jansen, wat aan die begin van die maand as genoot by die Sentrum vir Gevorderde Studies in Gedragswetenskappe aan die Stanford Universiteit in die VSA aangesluit het, het op Facebook gesê al meer akademici sê aan hom hulle oorweeg dit om akademiese poste in die buiteland te aanvaar en Suid-Afrika te verlaat.

“Ek is jammer om dit te sê, maar julle was gewaarsku. Hier begin die afdraande pad vir ons top universiteite en die einde aan hoë gehalte onderrig in die laaste oorblywende Afrika-nasie met stewige instansies. Asof hierdie plunderende betogers omgee,” het hy geskryf.

“Slegs ʼn sterk teenstand-stem van die publiek en ʼn daadwerklike reaksie uit die hoogste vlakke van die regering, kan die verrotting keer.”

Volgens Jansen word die toekoms van die universiteite bedreig deur ʼn minderheidsgroep wat glo wetteloosheid het geen gevolge nie. Hy sê ook dit is juis die arm swart bevolking wat die meeste onder die betogings ly.

“Die beste manier om hierdie vernietigende betogings te keer, is vir die ander studente om terug te druk, veral die armes wat kan sien hoe hul lewensgeleenthede voor hul oë verdamp. Dit gebeur nou op sommige kampusse. Ek wonder of die media so gretig sal wees om aan hierdie studente – die meerderheid – ʼn stem te gee?” het hy gesê.

“Soos die petrolbomme gegooi word en die brande al meer opvlam, raak dit al hoe duideliker duisende studente sal nie hierdie jaar of volgende jaar kan gradueer nie, en dat ouers van gr. 12 [leerders] alternatiewe planne vir 2017 sal moet maak. Hierdie Suid-Afrikaanse hart breek. Soos die gesegde lui, die toekoms is nie meer wat dit altyd was nie. Die verlede ook nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

56 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ww

Nou hoe praat ‘n man nou oor afstand wat dit wat wit mense 10 jaar terug gesê het afgemaak het as rassisme

Sarie

Ek is òòk bang Prof Jansen, maar èk kannie die land verlaat nie… Wàt gaan van mý klein- & agterkleinkinders word? Ons is Suid Afrikaners in murg & bloed… Ons wil nêrens anders woon nie, mààr hoe noù gemààk???

leon

Dit is hoekom al meer ouers hul kinders buiteland toe stuur om te gaan studier.Wat van al die arme student wat ernstig is oor hul studies en leer maar hierdeur benadeel word.Gaan die universiteite hul gelde terugbetaal as hul nie hul eksamens kan klaarmaak nie.

venushka

weet jy neh ek is so siek om te hoor oor die arem swart bevolking! wat van ons wittes wat elke bleri dag swaar trek, wat kinders probeer groot maak in hierdie barbaarse omstandighede en vir hulle eendag n toekoms wil he???? swart swart swart, ek is so siek hiervoor, ek is so moeg om te hoor hoe swwar hulle kry ens, ons wittes kry vandag nie werk nie al het ons hoeveel jare se ondervinding en matriek agter ons naam! dis nou regtig genoeg! ons weet presies wie is hierdie studente wat hulle soos skaamtelose varke gedra, wat almal… Lees meer »

Kiepie

Sjoe, is dit nie ‘n loodregte ommekeer van wat hy verkondig het toe hy juis in ‘n posisie was om iets daadwerkliks aan die situasie te doen nie? En het hy nie juis die studente wat op Shimla-park opgestaan en “teruggedruk” het dissiplinêr laat vervolg nie? Maar miskien is dit goed dat die man nou in die buiteland sit en kan verkondig wat werklik op sy hart is, eerder as wat hy steeds aan die hoof van een van ons top-instansies staan en sy stertjie moet swaai na gelang van die hand wat hom voed. Miskien neem die wêreld nou… Lees meer »