Jansen se termyn verleng

Jansen

Jansen

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het prof. Jonathan Jansen vir ’n verdere termyn van vyf jaar as visekanselier en rektor aangestel.

“Prof. Jansen se visie vir die toekoms van die Universiteit van die Vrystaat is in lyn met die van die raad,” het regter Ian van der Merwe, voorsitter van die UV-raad, in ʼn verklaring gesê. Die besluit is vroeër die maand tydens ʼn raadsvergadering geneem. Jansen is op 1 Julie 2009 as rektor aangestel. Sy termyn sal vir ʼn verdere vyf jaar verleng word op 1 Julie 2014. Van der Merwe sê Jansen het die UV deur moeilike tye suksesvol gelei. Hy sê Jansen se vermoë om mense van verskillende agtergronde byeen te bring het ʼn groot verskil gemaak in hoe die UV plaaslik en internasionaal beskou word. “Ons is dankbaar dat sy dienste vir ʼn verdere termyn behou kan word en sien daarna uit om saam hom te werk.” Jansen sê intussen hy is geëerd om vir ʼn verdere termyn verkies te word. “Ek sal selfs harder werk om akademiese uitnemendheid by die wonderlike instelling te bevorder en om menseverhoudings te verdiep.” Edward Kieswetter, visevoorsitter van die raad, se termyn is ook ʼn verdere drie jaar verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.