Jantjies in beskuldigdebank

Elton Jantjies. (Foto: GB Jordaan).

Die Springbok-losskakel Elton Jantjies het Maandag vlugtig in die Kempton Park-landdroshof verskyn nadat hy die afgelope naweek in hegtenis geneem is.

Jantjies (31) staan tereg op klagte van kwaadwillige saakbeskadiging en die oortreding van die Lugvaartwet en is aangekeer kort nadat hy op ʼn vlug van Turkye in Suid-Afrika aangekom het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê bemanningslede het tydens die vlug klagtes oor ʼn passasier in besigheidsklas ontvang wat passasiers en bemanningslede glo gevloek het.

Jantjies word voorts daarvan beskuldig dat hy ʼn TV-skerm en gloeilamp aan boord van die vliegtuig gebreek het toe hy beveel is om terug te keer na sy sitplek. Dít nadat hy glo ʼn glas in die besigheidsklas-uitstrekgebied gebreek het.

Die losskakel het glo sy vinger in die proses met die gebreekte glas gesny.

Jantjies het vlugtig in die beskuldigdebank van die landdroshof in Kempton Park verskyn voordat die saak teen hom vir verdere ondersoek uitgestel is.

James Adams, Jantjies se agent, het vroeër gesê hy glo die voorval word onnodig aangeblaas.

Jantjies is Sondagoggend met sy aankoms op die OR Tambo-lughawe aangekeer. Borgtog van R1 000 is later die dag by die polisiestasie in Kempton Park aan die losskakel toegestaan.

Hy moet weer op 3 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

JM ·

Volgens die klagtes teen Jantjes lyk dit nie of die voorval, aldus Adams, onnodig aangeblaas word nie.

Johann ·

In ander Media berigte kom hy saan met mamma en lyfwagte by die hof aan. Shame.

Delene ·

Sal sy tugverhoor met belangstelling dop hou!! Hy is nie die 1ste Springbok Rugbyspeler wat hom wangedra nie!

Realis Thailand ·

Hy moet maar net vir so drie maande gaan sit
n Boete beteken nie veel Hy betaal dit en vergeet daarvan
Hy moet maar ook verbied word om weer te vlieg vir n jaar of twee op alle lugdienste maar dit sal nie gebeur want hoe kom hy dan by sy werkplek uit

Gert ·

Hy moet maar met die skip gaan en sommer daar bly. As hy daar droogmaak kielhaal die kaptein hom… Lmga!

Cornel ·

En die aanval op die kajuit bemanning ?of kyk ons weer na n volgende oscar ,waar so genaamde bekendes met alles wegkom.
Pateties

Kerrie ·

Hy dink seker hy is op n Metro-trein tussen Hanover en Citrusdal.

Lillian ·

“Arrogance is the weak man’s imitation of strength”

Andrew ·

Probleem met die kollig, jy gaan onthou word vir jou swak dade, nie die goeie.

Pim die Skim ·

Ek wonder maar net wat sou gebeur het as dit ‘n wit rugbyspeler was wat homself so wangedra het – kyk maar na Boucher (krieketafrigter) wat onsskuldig is en waardeer hy alles gegaan het.

Misky ·

Hoe het hy borg op ‘n Sondag gekry? Die gewone man op straat moet wag tot Maandag en eers in die hof verskyn vir formele aanklagte.

Elsabé ·

Aanblaas of te not… enige mens moet hom gedra op ‘n openbare plek… enige mens moet weet wanneer om op te hou drink… enige mens moet nie ‘n lugwaardin so ongemaklik laat voel dat sy gaan wegkruip nie. SOVEEL te meer ‘n rugbyspeler na wie jong kinders opkyk. Sy prokureur wil nie kamera’s in die hofsaal hê nie. Hoekom nie? Iets om weg te steek? Nee wat, Jantjies… in my oë kan jy jou tokse maar ophang. Ek soek nie so ‘n outjie op die veld om my land te verteenwoordig nie.

Wielspore ·

Dit is uiters gevaarlik as ‘n passasier op ‘n vliegtuig hom swak gedra, dit plaas die bemanning en res van die passasiers se lewens in gevaar. Die items wat gebreek is kan vervang word, dit gaan oor die gedrag. ‘n Straf wat hom op ‘n vliegtuig verbied sal meer toepaslik wees.

Manie ·

Nou wil Jantjies nog boonop buite die hof probeer skik. Ongelukkig verg hierdie tipe optrede meer as dit, ongeag wie die persoon is, dit gaan oor vliegveiligheid, nie die beskerming van ego’s nie.

Henk ·

Gedragsprobleme en hy kan nie eers ordentlik rugby speel nie!!

Kobus ·

“Net ‘n lig” voorval word “onnodig aangeblaas” Mnr die agent, ek sou my liewer beroep het op ” Geen kommentaar” Ek kan u verseker sou dit in die VSA gebeur het sou hy nooit weer op ‘n vliegtuig toegelaat word nie. Sou ek as gewone burger my so gedra het sou ek verseker die naweek in die selle deurgebring het en vervolg word. Hoop nie hy word toegelaat om te skik nie.

Kaptein ·

Dis nou wat gebeur as jou kop te groot raak. Is mos die main peanut in die pakkie. Siestog , nou word die nuus opgeblaas. Man , as jy in die kalklig
Wil wees gedra jou . Almal ken jou , jy hoe nie op so manier te adverteer wie jy is nie.

Doompie Daan ·

Alle mense word kwaad en mag maar – volgens Gods Woord – maar mens moet mos leer om jou emosies in toom te hou. Veral as jy ‘n hoë profiel persoon soos ‘n Spingbokrugbyspeler is na wie veral jou eie kultuurgroep en portuur opsien omdat jy iets bereik het waarna baie smag! Skaam jou dus, Elton Jantjes! Mag die tugmaatreëls sodanig wees dat jy ‘n lewenslange les daaruit sal leer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.