Jantjies-voorval ‘onnodig aangeblaas’

‘n Argieffoto van Elton Jantjies op die OR Tambo Internasionale Lughawe nadat die Springbokke die Wêreldbeker in 2019 gewen het. (5 November 2019)

Die Springbokrugbyspeler Elton Jantjies se agent sê die voorval aan boord van ’n vliegtuig wat tot Jantjies se inhegtenisneming op die OR Tambo-lughawe gelei het, is uit verband geruk.

James Adams, Jantjies se agent, sê die losskakel was Sondagoggend op pad huis toe ná ’n week in Turkye saam met sy familie, toe ’n lig aan boord van die vliegtuig na bewering beskadig is.

“Ons glo die voorval is onnodig aangeblaas. Ons kliënt bly egter verbind tot die ondersoekproses en sal die aangeleentheid hanteer met die erns wat dit verdien.”

Jantjies het ten tyde van die voorval oënskynlik alleen na Suid-Afrika gereis. Sy familie het luidens die verklaring van sy agent in Turkye agtergebly.

“Ons wil graag wetstoepassingsowerhede toelaat om aandag aan hierdie aangeleentheid te gee sonder enige onbehoorlike invloed. Ons vra dat die publiek en die media die regsproses respekteer sonder om ʼn oordeel te vel,” sê Adams.

Jantjies sal na verwagting later vandag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging.

Adams het voorts versoek dat Jantjies se reg op privaatheid gerespekteer word.

Maroela Media het vroeër berig Jantjies is Sondagoggend met sy aankoms op die lughawe in Kempton Park in hegtenis geneem. Hy is sedertdien op borgtog van R1 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JohanEtz ·

Reg op privaatheid. As ñ opebare misdaad/wangedrag gepleeg word, soek skielik privaatheid. Publiek het die reg om alles te weet……..

Hugo ·

Wat Jantjies en sy agent vertel is nie wat die ooggetuies sê nie. Dit was baie erger as net ń lig.

Michele ·

Ek stem saam! Hierdie is nie die volle storie nie….Hoekom moes die lugwaardin haarself gaan toesluit in n badkamer?

SjN ·

Sy agent was mos nie saam nie, geld en bekendheid kan nie klas koop nie.

Racheltjie Debeer ·

Presies. AL die ooggetuies kan mos nie verkeerd wees as almal die selfde storie vertel nie.

Kloekie ·

Ag whatever! Mense word nie vir niks gearresteer nie.
Hy het hom nou weer wangedra.

Kensy ·

You must learn that your actions have consciousnesses .
if you get away with the small stuff… before long you will spiral out of control.

Kiepie ·

Ja, los hom uit die alle toekomstige Springbok-groepe uit.

Jr ·

Ja gewone mense word soos kriminele gehanteer. Maar celebs se mannewales is uit verband geblaas. Onthou net die wat se mense altyd verskonings gebruik om hulle verkeerd reg te bewys sal eendag n prokereur ook nodig hê om hulle verkeerd reg te wys

EnoughSaid ·

Sê die agent m.a.w. dis die norm wat mens moet toepas in die “redelike man” toets?

twaalfboor ·

Eks nou glad nie ñ Jantjies aanhanger nie, maar was dit regtig nodig om die man te boei. Het hy hom verset teen arrestasie want dan kan ek dit verstaan?

Jannie van Niekerk ·

As jy goed op ‘n vliegtuig doelbewus beskadig is jy ‘n kriminineel en kriminele word geboei as hulle in hegtenis geneem word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.