Jantjies vrygelaat, later vandag in hof

‘n Argieffoto van Elton Jantjies op die OR Tambo Internasionale Lughawe nadat die Springbokke die Wêreldbeker in 2019 gewen het. (5 November 2019) (Foto: Guillem Sartorio / AFP)

Die Springbokrugbyspeler Elton Jantjies (31) is op borgtog vrygelaat nadat hy Sondag op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het bevestig dat borgtog van R1 000 Sondag ná inhegtenisneming aan Jantjies toegestaan is. Mathe kon egter nie Maandagoggend aan Maroela Media bevestig hoe lank die losskakel in aanhouding was nie.

Sy het wel gesê Jantjies sal na verwagting later vandag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging.

Maroela Media het vroeër berig Jantjies is Sondagoggend met sy aankoms op die lughawe in Kempton Park in hegtenis geneem. Dít nadat hy op ʼn internasionale vlug van Dubai na Suid-Afrika na bewering eiendom wat aan die lugdiens behoort, beskadig het.

Jantjies, wat al 41 keer vir die Springbokke uitgedraf het, was in 2019 deel van die Springbokke se Wêreldbekerspan. Hy speel tans vir die NTT Red Hurricanes in Japan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jaco ·

Heelwat ander media huise berig ook hieroor en daar is verseker meer aan die, berigte verwys dat n lugwaardin haar in n toilet moes toesluit en dat hy so hard aan die deur geslaan het dat sy hande gebloei het,

Annelize ·

Hier steek beslis meer agter die storie as net ‘n beskadigde lig. Ek het ook die berigte rondom die lugwaardin wat haarself in die toilet moes toesluit gelees. Klink my die knaap het ‘n behoorlike oorlas van homself gemaak op die vlug.

Kensy ·

n Mens verwag beter van n persoon wat as ambasedeer beskou word die oomblik as hy jou land
teen woordig. SWAK!
AS geld (of drank) jou karakter verander, het jy nooit n karakter gehad nie.

Dries ·

As dit ek was sou ek eers maandag kon aansoek doen vir borg

Snuffelgids ·

Hoe lyk Pollsmoor se rugby span, dalk kan hy 2de span speel…

Misky ·

Hy gaan seker onskuldig pleit en is mos nooit skuldig nie. Paul Adams sal seker kom getuig en sy alibi wees.

Genis ·

Dis n skande, on die minste te se… Iemand het seker ook iets genoem 100jaar terug… snaakse bynaam of iets…

Sêmanet ·

Is dit nou rerig die einde van die aarde? En moet die storietjie nou in die nuus en al wat sosiale media is, kom? Kan hulle nie eerder REGTE skelms so gou arresteer nie? Moordenaars kom weg, maar as jy in die publieke oog is, word jy vir enige ding gearresteer. Hy sal seker nou ook uit die kerk verban word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.