Janusz waag nog ʼn poging op parool

Janusz Walus. (Foto: Facebook)

Janusz Walus, die Poolse immigrant wat lewenslange tronkstraf uitdien vir die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani, se jongste aansoek om parool sal Dinsdag 22 Februarie 2022 deur die hoogste hof van appèl aangehoor word.

Die Konstitusionele Hof het dié datum onlangs bekend gemaak nadat die hooggeregshof in Pretoria vroeër vanjaar geweier het om parool aan die 68-jarige Walus toe te staan.

Hy is alreeds byna 30 jaar agter tralies en het al verskeie kere om parool aansoek gedoen. Chris Hani se weduwee het tot dusver geweier om aan die proses deel te neem en verklaar openlik dat hy nie op parool behoort vrygelaat te word nie.

Walus se regsverteenwoordiger, Julian Knight, sê hy kan nie in dié stadium kommentaar op die meriete van die saak lewer nie aangesien dit nog hangend is.

Walus het Hani in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Walus en Clive Derby-Lewis is in dieselfde jaar albei die doodstraf vir Hani se moord opgelê, maar dié vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel. Derby-Lewis is in 2015 op mediese parool vrygelaat en is in November 2016 dood.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Pietertjie ·

Our people het gepraat, maak nie saak wat die Wet sê nie.

BOKKIEBEK ·

Ek bid regtig dat dit hierdie keer toegestaan word. Daar is soveel ander moordenaars en verkragters wat veeeel erger gedoen het en die vonnis was minder.

Skyspy007 ·

Ek wonder net wat het van STAFENDAS geword?????????????

Marius ·

Daar is al ‘n menigte verkragters en moordenaars vrygelaat. Wat maak die saak anders?

madels ·

Dis n wit man wat n swart man doodgeskiet het,.. dis wat die saak anders maak

AW ·

Sterkte,

HULLE weet Nié, wat Vergifnis is Nié !!

Maar, hulle weet wat “Double Standards” IS !!

Twee Gesigte se Moses !!

Anel ·

Lewenslank is 25 jaar. Hy was veronderstel om al op parool te gewees het nadat hy ek dink 2/3 van die vonnis uitgedien het. Verder moes hy dat al meer as 5 jaar gelede vrygelaat te word. Wie sit nog 30 jaar in die tronk? Die is absolute rassisme. Niks ander nie.

Perdeby ·

nie vir die wat lank terug aangekla was vir moord nie, maar ons blankes moet ook nu maar voet neer sit as ‘n swartee parool moet kry.

Pieter ·

Al wat vir ons voet neersit beteken is opduime op jou kommentaar, Gompie. Dan dink almal hulle het nou behoorlik voet neergesit.

Philip ·

Die kommuniste en hulle kleinboet sosialiste/liberaliste sal Janus se vrylating teenstaan net soos hulle die vrylating van Rudolf Hess tot sy dood alleen in die Spandau gevangenis in Duitsland gehanteer het.

Mallie ·

Laat hom vry.. Hy het dertig jaar gesit. Ander kry vinniger parool of word vrygelaat.

Jr ·

Daai Hani vrou is bitter en die haat het haar al opgeeët. Sy is net selfsugtig en wil die senter van aandag wees. Maar eendag “madam” sal jy moet antwoord en dan sal daar ook nie genade vir jou wees.

Marcello ·

Maar as moordenaars van plaasmoorde vrygelaat word, word daar nie vir die familie gevra nie.. Rassisme uit en uit. !!!!!!!!!!!!!!!

Julius ·

Hanie is in opdrag van die ANC vermoor omdat hy nie hulle ideale gevolg het nie. Sluit dié toe wat die opdrag gegee het.

ES ·

Maar moordenaars wat ou mense en plaaseienaars vermoor sit nie eers 7 jaar nie… lekker dubbelstandaarde.

Pieter J ·

Ons regstelsel is besig om in duie te stort. Dit is ń donker dag as politici en die gepeupel mense na willekeur in die tronk kan hou vir solank dit hulle behaag. Hierdie is die uiterste geval van rassisme.

Samuel ·

Hierdie man het reeds betaal vir die moord. Die enigste rede waarom hy nie op parool vrygelaat word nie, is seker die feit dat hy wit is. Sover ek weet het hy berou getoon en gesê hy is jammer oor die moord.

Daar is ander moordenaars en skelms wat na ‘n paar jaar, soms maande, op parool vrygelaat word.

Blikkies ·

30 JAAR…..Dit is nou miskenning van mense regte! En die ANC wil vinger wys!

Elizabeth ·

Waluz verdien parool en Chris Hani se vrou is nie die wet nie. Hy het sy tyd gedoen. Baie erger misdade is gepleeg in hierdie land van ons en die kriminele bewandel ons strate, pleeg nog steeds erge misdade en loop skotvry. Een verkragting en moord na die ander.

Mariana ·

Solank as wat die vrou ‘n sê het sal hulle hom in die tronk hou. Nee dit tyd vir hom om vrygelaat te word.

Sonneblomkind ·

Ek se niks..daar is erger dade in ons land nou al gedoen en n moordenaar en verkragter kry nou borg en gaan dak 5 jaar kry…..moord is moord

Nico ·

Hoeveel moordmisdadigers is al vrygelaat, wie is die mense om te besluit om hom op parool vry te laat, hy was aanvanklik vir 25 jaar gevonnis, het al 30 jaar uitgedien, waar is die president en die minister van korrektiewe sake. Kan hulle nie besluit om hom op parool vry te laat nie, nou luister hulle na ‘n weduwee.

ROELOF ·

Kom ons vra, vir hoeveel lewensverliese was Hani en sy mede terroriste verantwoordelik? En madam Hani reken hy was n held en sekerlik onskuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.