Janusz Walus, die Poolse immigrant wat lewenslange tronkstraf uitdien vir die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani, se jongste aansoek om parool sal Dinsdag 22 Februarie 2022 deur die hoogste hof van appèl aangehoor word.
Die Konstitusionele Hof het dié datum onlangs bekend gemaak nadat die hooggeregshof in Pretoria vroeër vanjaar geweier het om parool aan die 68-jarige Walus toe te staan.
Hy is alreeds byna 30 jaar agter tralies en het al verskeie kere om parool aansoek gedoen. Chris Hani se weduwee het tot dusver geweier om aan die proses deel te neem en verklaar openlik dat hy nie op parool behoort vrygelaat te word nie.
Walus se regsverteenwoordiger, Julian Knight, sê hy kan nie in dié stadium kommentaar op die meriete van die saak lewer nie aangesien dit nog hangend is.
Walus het Hani in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Walus en Clive Derby-Lewis is in dieselfde jaar albei die doodstraf vir Hani se moord opgelê, maar dié vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel. Derby-Lewis is in 2015 op mediese parool vrygelaat en is in November 2016 dood.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Our people het gepraat, maak nie saak wat die Wet sê nie.
Ek bid regtig dat dit hierdie keer toegestaan word. Daar is soveel ander moordenaars en verkragters wat veeeel erger gedoen het en die vonnis was minder.
Daar is al ‘n menigte verkragters en moordenaars vrygelaat. Wat maak die saak anders?
Sterkte,
HULLE weet Nié, wat Vergifnis is Nié !!
Maar, hulle weet wat “Double Standards” IS !!
Twee Gesigte se Moses !!
Lewenslank is 25 jaar. Hy was veronderstel om al op parool te gewees het nadat hy ek dink 2/3 van die vonnis uitgedien het. Verder moes hy dat al meer as 5 jaar gelede vrygelaat te word. Wie sit nog 30 jaar in die tronk? Die is absolute rassisme. Niks ander nie.