Janusz Walus bly in SA

Janusz Walus (Foto: WALTER DHLADHLA / AFP)

Janusz Walus gaan nié gedeporteer word nie en sal tot die verstryking van sy vonnis in Suid-Afrika bly.

Die departement van binnelandse sake het Walus vrystelling ingevolge die Immigrasiewet toegestaan om sy parooltydperk in Suid-Afrika uit te dien.

Die vrystelling is toegestaan op voorwaarde dat Walus geensins van reisdokumente, uitgereik deur die ambassade van Pole, gebruik maak nie.

“Die brief gerig aan mnr. Walus, en ’n sertifikaat van vrystelling, is aan die minister van justisie en korrektiewe dienste gestuur om aan mnr. Walus afgelewer te word,” het die departement van binnelandse sake Maandag gesê.

“Die brief het die buitengewone omstandighede uiteengesit wat die verlening van die vrystelling vereis. Dit sluit in onder meer die feit dat dit in die belang van geregtigheid sal wees dat mnr. Walus sy vonnis ten volle, asook sy parool in die Republiek van Suid-Afrika uitdien.”

Maroela Media het vroeër berig die Konstitusionele Hof het verlede maand eindelik aan Walus parool toegestaan ná vele mislukte paroolaansoeke.

Daar is die afgelope week bespiegel dat sou Walus na Pole gedeporteer word, hy geen parool sou hoef uit te dien nie aangesien die uitspraak deur Suid-Afrika se hoogste hof nie van toepassing is op Pole nie.

Die departement sê egter nou die erns van Walus se ootreding maak dit verpligtend dat hy sy parool in Suid-Afrika uitdien.

Walus, ’n Poolse immigrant, het die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Hy en Clive Derby-Lewis is in dieselfde jaar albei die doodstraf vir die moord op Hani opgelê. Die vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel. Derby-Lewis is in 2015 op mediese parool vrygelaat en is in November 2016 dood.

Walus is al sowat 28 jaar lank in aanhouding en het sedert 2011 reeds verskeie kere onsuksesvol aansoek gedoen om parool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Nicholaas ·

Ek kry so al die gevoel hul wil hom hier hou vir n doel, miskien beplan hul om sy lewe te neem.

Koos 100 ·

Of om te voorkom dat hy met die waarheid uitkom as hy nie meer onder SA beheer is nie?

Maritza ·

Ek stem. Die herrie gaan los wees die dag as hy vrygelaat word. Seker weer honderde EFF manne wat ‘n dag se werk gaan prys gee om te betoog

groenboer ·

My vermoede is dit: die Pole van vandag is nie die Pole wat hy verlaat het nie. Dit is nou ‘n moderne, vooruitstrewende land met ‘n vrye mark, die kommunisme grootliks vergete. Ek vermoed hy is desperaat om na sy geboorteland terug te keer, en hy word nou hier gehou om hom verder te straf, siende hulle hom nie meer in di tronk kan hou nie.

Barend ·

Was eers doodstraf maar die nuwe regering het doodstraf afgeskaf en die twee se vonnis na lewenslank afgeskaal.

Jaada ·

So die Dept van binnelandse sake kan nou besluit hoe ernstig iemand se oortreding is, gedog die howe maak sulke beslissings.

Harley Davidson ·

Die ongeregtigheid in hierdie land,die man word lings en regs met sy lewe gedreig selfs die hoof rassis en huidige benaadeelde hater lesufi het gewaarsku dat walush nie veilig sal wees as hy die tronk verlaat nie.

Murray ·

Is die 28 jaar wat hy alreeds uit gedien het nie lankal verby sy vonnis tydperk nie?

piet ·

Nee, hy’t lewenslank gekry. Om uitgelaat te word op parool beteken nie jou straf is verby nie, hy gaan vir die res van sy lewe aan paroolvoorwaardes gebonde wees wat sy vryheid van beweging gaan inperk byvoorbeeld. As hy sy paroolvoorwaardes verbreek, kan hy teruggaan tronk toe.

miche ·

Hul laat hom uit die tronk maar in effek het hul sy doodsvonnis geteken en verseël.

Pieter ·

So nou moet hy maar net in ‘n groter tronk bly waar daar 76 moorde ‘n dag is en geen kos of krag… Belaglik, absoluut belaglik!

Rjc ·

Dis snaaks Dat die hof gese het hy moet mandag uit maar hy sit nog steeds daar . Vir Wie is die wet dan

annie ·

Hoe lank sal sy parool wees? Wie besluit dit? Mev Hani van Lesotho? Leef ons nog in die dae van Dingaan met wreedheid as maatstaf vir naasteliefde en vergifnis? Hani was die leier van die MK’s en het verkies om nie die pad van onderhandeling en verdraagsaamheid te volg nie. Die ANC is dus nog op dieselfde weg na ondergang en ellende? En die minister van binnelandse sake wat so graag uitlanders pos, wil hy ook nou een van die Sweet Six word?

piet ·

Sy vonnis is lewenslank so in teorie lewenslank. Kan gebeur dat sy paroolvoorwaardes op ‘n stadium verslap word of selfs heeltemal opgeskort word maar dit sal ‘n vergunning wees deur die departement sover ek weet.

Nico ·

Hulle is meer bekommerd oor Walus, kyk hoe lyk die moord syfer in SA.

Christine ·

Die volgende nuus wat ons oor Walus gaan kry, is dat hy om die lewe gebring is….

Wondermaarnet ·

En Mandela het net 25 gesit en mag toe reis net waar hy wou! Hoe onregverdig.

Marcello ·

Ek wil ook weet, maar OO! Wee , hy is mos die Ikoon wat niks verkeerd gedoen het nie.

piet ·

Was dit nie 27-jaar nie en toe kry hy presidensiele kwytskelding wat iets heeltemal anders is. As jy presidensiele kwytskelding kry word jou vonnis en skuldigbevinding basies geskrap. Jou kriminele rekord word verwyder asof daar nooit een was nie.

Nie Verbaas ·

Hierdie man gaan moedswillig uitgelewer word aan die “slimmes” wat hom gaan vermoor. Hy het alreeds 28 jaar uitgedien. Hoekom moet hy nog hier bly? Ander verkragters en moordenaars word na net n paar jaar vrygelaat net om weer te moor. Wat van die lafhartige dade van die ANC bomplanters wat onskuldiges se dood veroorsaak het?

Jaco ·

Kan ek dan asseblief in Walus se plek gedeporteer word? Eerlikwaar, ek is bereid om met net die klere aan my lyf van vooraf te begin in Europa of Amerika of Kanada of Australië. Ek weet daardie lande het ook probleme, maar hulle is darem sonder:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Lae standaard onderwys
Min of geen munisipale dienslewering
Misdaad buite beheer
Diskriminasie teen wit mense
En en en

piet ·

Jaco daar’s hoop vir jou. My broerskind het 2 jaar terug “met net die klere aan sy lyf” Kanada toe vertrek maar dis ‘n proses dis nie sommer net opklim en vlieg nie. Doen bietjie moeite en vind uit of jy moontlik kan kwalifiseer (dis dalk nie so moeilik as wat jy dink nie) en hoe jy uit hierdie “hool” wat jou so pla, kan kom. Sterkte.

piet ·

Wel, dan moet jy die beste maak van ‘n slegte saak jy is nie die enigste een wat voel jy word benadeel en sukkel nie. Probeer maar iets doen vir jou self (werk vir jouself). Ek is effe ouer as jy en werk ook maar vir myself. Gaan nie help om op ‘n hopie te sit en kla nie, die situasie gaan nie sommer verander nie. Ek weet nie of jy getroud is nie maar as jy nie is nie kan jy altyd ‘n oorsese vrou vat, dis ‘n manier om in te kom. Lees bietjie op. Die oorsese vrou kan selfs hier in SA met jou trou, dan bly jy agter tot al die admin uitgesorteer is en gaan dan oor….dan kry jy jou burgerskap daar en skei die vrou (as jy wil). LOL

Fran ·

Mandela en sy maatjies moes eerder die doodstaf gekry het vir hulle misdade. Toe stap die godtjie ‘n held uit die tronk.

De Villiers ·

My wens is dit iemand hom na sy vaderland terug sal smokkel.

Elsie ·

Gaan modereer jou ma want hoekom kan mens komentaar opsit dan word dit gemodereer?

honeybee ·

Waar gaan hy bly, hoop iewers waar hy veilig gaan wees. En wie gaan vir hom sorg, hy gaan mos geen inkomste he nie. Kry die man bitter jammer.

Owlie ·

Lewer die man uit aan Pole voor al due dreigrmente wat reeds op television gemaak is waar word en daar net nog meer Moore en ongeregtighede gaan wees.

Marcello ·

Arme man, wat se lewe gaan hy in SA hê, hy gaan nêrens kan gaan nie, want hy sal elke oomblik in vrees lewe, aangesien MEV. HANI, so tekere gegaan het oor sy parool. Hy gaan defnitief uitgehaal word. Ek dink regtig hy is mos nou lank genoeg gestraf. Waar is die blankes dat hulle nie, ook so tekere gaan as ‘n plaas moordenaar vrygelaat word. Ons nasie kan maar net nie bymekaar staan nie. Sterkte aan hom, want jy gaan permanent oor jou skouer moet kyk, of in ‘n huis bly, wat gepanser is met veiligheids meganismes.

Laksman ·

Onder die omstandighede het hy niks om te verloor nie…………nog net 1 gunsie asb

Gaitsigubib ·

Laat hom begaan laksman. Dis nou die wat baie praat en niks doen se beurt.

Cabytheron ·

Kom ons hoop dat Janusz Walus se straf vir die moord wat hy gepleeg het, van toepassing sal wees op alle moordenaars in Suid Afrika!

Papsak ·

Goeie raad my ou gaan land uit gaan twrug na waar jy hoort gou ook hier kom planne

anko ·

Hy gaan veiliger binne die tronk as buite wees. Net jammer al die moordenaars word so behandel nie. Kom na ‘n bietjie tyd uit en gaan dan terug tronk toe, want hulle weet daar is kos, bed ens ens

JM ·

Waarom moet Walus tydens sy parool in Suid-Afrika bly? Sy verblyfreg in Suid-Afrika is in 2015 al teruggetrek.

piet ·

Want dis die prerogatief van die land waar hy die misdaad gepleeg het om te besluit of hy sy volle vonnis hier moet uitdien. Ons lees dikwels byvoorbeeld van SA burgers wat in oorsese tronke sit vir dwelmhandel. As daai lande hulle nie wil uitlewer nie, kan jy niks doen nie.

Jaco ·

Daars klaar 5 miljoen of meer uit die res van Afrika in SA sonder verblyfreg. Hulle stap eenvoudig oor die grens. So nog 1 ekstra sonder verblyfreg gaan nie ‘n verskil maak nie.

Raadsman ·

Janusz het ‘n groot oorwinning teen kommunisme wereld wyd behaal 25 jaar gelede, maar ons stryd duur voort.

Anton J ·

Ek was 4 jaar oud destyds so ek sal nie weet wat gebeur het nie behalwe wat ek gaan Google het en my daardeer self wys gemaak om te verstaan wat vandag gebeur. Ek het een vraag en dalk kan iemand my help. Gaan Janusz op straat bly, ek meen hy het niemand hier nie. Indien die staat buite na hom gekyk soos hulle hom binne moes onderhou maak dit geen sin nie. Stuur die man terug Pole toe. Maak nie sin dat hy ‘n Las bly op die staat se kas nie. Ek meen, wie gaan hom werk gee. Ek sal nie, nie omdat hy veroordeelde moordenaar is nie maar omdat hy Janusz is en sou ek hom help, stel ek my ander werkers in groot gevaar teen die politieke ongelukkigheid. My mening.

Gaitsigubib ·

Hy sal nie op straat eindig nie. Nie almal is bang nie my vriend.

Jr ·

Dit was die einste Mal emma wat gesê het revolutionist must be prepared to kill. So geld dit net vir sekeres. Net soos hy skree “kill the Boer” wat volgens die hof nie haatspraak is nie, maar die wit vrou wat gesê wat sy gesê het oor swartes word deur n ander kam geskeer word. Oh I forgot at the hoërskool Fishhoek was ons geleer dat swartes kan nie rassisties wees. En die vrou prof van Nelson Mandela univ gister geuiter dat wit mense nog rassisties en bevooreg is. White people and racism is the new way to get votes for the cANCer and eff’ers, because services, jobs, improvement in economy, schooling, housing promises doesn’t cut it anymore

Lillian ·

Maar as jou van Zuma of Shaik is kry jy mediese parool en geniet jou vryheid.

skurweberg ·

Hulle mag hom nie vebied om ‘n boek oor sy lewe te skryf nie. Sal ‘n treffer wees

Niklaas ·

Slaap lig , vriend . Moet ook nie teveel in die openbaar verskyn nie. Arme man , hy mag dalks in vrees lewe na die vrylating.

Oosie ·

Dit is jammer.. kaders sal hom wil verwyder.. hoop iemand kan hom wegsteek..

Lizelle ·

Ek dink nie dis ‘n goeie idee dat hy hier bly nie… hy gaan nie veilig wees nie.

Christo ·

Walus moet glo in SA bly “tot hy sy vonnis uitgedien het”. Wanneer sal dit wees?

Esme ·

My siening is Drakoniese Paroolvoorwaardes. Die plaasboer, soos Brendan Horner, wat so wreed vermoor is, se moordenaars stap rond en hulle word bygestaan deur niemand minder as Bheki Cele nie. Die familie van ‘n vermoorde plaasboer ervaar dieselfde hartseer en pyn as die Hani Familie. Is daar ‘n moontlikheid van ‘n Janusz Walus Fonds om ‘n man wat ‘dubbel en dwars betaal het vir sy oortreding, te subsidueer vir kos, klere en mediese sorg. Ek sal beslis ‘n bydra lewer as die fonds deur ‘n eerlike instansie bedryf en bestuur word. Ek hoop ons howe hanteer ALLE moordenaars binne Suid-Afrika op dieselfde wyse – ‘n lewe is ‘n lewe, hetsy dit ‘n Chris Hani lewe of ‘n plaasboer en sy gesin se lewens.

Papsak ·

WAT SO PATETIES IS IS DAT HIERDIE MAN HET SY TRAF DEEGLIK UIT GEDIEN HY IS AL LANGER AS LEWENSLANK TOE GESLUIT NOU DAT HY PAROOL GEKRY HET HOEKOM HOU HULLE HOM NOG IN TRONK LAAT HY GAAN WANT HIERDIE GEMORS GAAN HOM DOOD MAAK WANT VAN MOOR KRY HULLE NET NIE GENOEG NIE KEN NIE VAN STOP NIE EN OU HANI SE VROU MOET N BRUG BOU EN OOR HAARSELF NOU N SLAG KOM ONS WITTES VAL GENOEG DEUR HULLE EN ONS GAAN NIE SO TEKERE NIE

Karina ·

Daar was klaar ‘n aanval op hom in die tronk “‘n enkele gevangene het uit sy eie opgetree”??? Hy was aangehits om Janus met ‘n mes in die maag te steek. Maar die mense wat moor en verkrag, kry parool sonder ‘n probleem, om maar net weer dieselfde roete te volg. Ag nee, die wet en regering is ‘n klug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.