Jasmin-moord: Verdagte in hof

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

Die man wat beskuldig word van die moord op die vierjarige Jasmin Lee Pretorius het Woensdag in die landdroshof in Brakpan verskyn.

Kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte het vlugtig in die hof verskyn. Sy verhoor sal in November in die hooggeregshof in Delmas begin. Hy word aangekla van moord en verkragting.

Jasmin se liggaam is in Desember 2013 onder ʼn bed in haar pa se huis aangetref nadat sy as vermis aangemeld is. Haar oom is later vir die moord in hegtenis geneem.

Lees ook:
Hooggeregshof vir Jasmin Pretorius se saak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

Jy weet, n mens mag nie oordeel, en veroordeel nie, jy wens ook nie ander kwaad toe nie, maar mag hierdie “ding” nie die eer he om verhoor te word nie. Hoop hy word voor die verhoordatum begrawe.

Lisa ·

Stem 100% saam met jou!! Dit is gemors…! Om sulke vieslike ondenkbare dinge met so klein onskuldige pragtige meisie te doen. Dit is siek verby verby!! Sies sies sies!!!

Belinda ·

Kan nog nie glo dat n vark dit aan n onskuldige kind kon doen nie……………ek hoop hy vrek aan iets voor die saak begin want regtig ek is moeg om vir die tipe mense te sorg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.