Jasmin se moordenaar gevonnis: ‘Niks kan haar terugbring nie’

Jasmin Lee Pretorius

Jasmin Lee Pretorius

Die vierjarige Jasmin Lee Pretorius se moordenaar en verkragter, haar oom, Sarel du Toit (25), word Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis. Jasmin se ma, Sasha Bam, het intussen ʼn ope brief oor haar dogter op sosiale media gedeel.

Jasmin se liggaam is in Desember 2013 onder ʼn bed in haar pa se huis aangetref nadat sy as vermis aangemeld is. Sy is ook verkrag. Haar oom is later vir die moord in hegtenis geneem. Du Toit het vroeër die week skuld beken.

Bam het intussen in ʼn brief wat op die Facebook-groep Jasmin Lee Pretorius geplaas is, geskryf dat daar geen manier is om haar dogter terug te bring nie en dat geen woorde of aksies die gebeure van daardie dag kan verander nie. Die Facebook-groep is ter nagedagtenis van Jasmin geskep.

“Ek was sterk gewees en het my bes gedoen om haar dood op die beste moontlike manier wat ek kan te hanteer. As Jasmin se ma weet ek Morné (Jasmin se pa) praat nie met enigiemand of die media nie, maar hy hanteer dit soveel slegter, hy kan nie eers vir lank met my daaroor praat nie. Ek weet hy het sy eie berou en elke persoon hanteer pyn op hul eie manier.”

Volgens Bam het sy nie al die antwoorde waarna sy soek nie en sal sy dit ook moontlik nooit kry nie. “Jasmin was liefdevol en het begrip gehad. Sy het ʼn verskil gemaak in soveel lewens, so kom ons kry vir haar geregtigheid en hou die herinnering aan haar lewend.”

Bam het verder geskryf dat dit vir haar ongelooflik moeilik sal wees om Vrydag in die hof te sit wanneer Du Toit gevonnis word. “Vir my is dit die moeilikste ding om so naby aan hom te sit en nie iets te kan doen of sê nie. Ek en Morné as ouers het nodig dat die verhoor en vonnisoplegging tot ʼn einde kom sodat ons die verlies van ons kosbare dogter kan gesond maak.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jasmin Lee Pretorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Narike ·

Ek hoop hy kry lewenslank. Ek , as ‘n ma van n dogtertjie, haat hom vir haar mamma se part.

SkarrelKind ·

Sasha, ek beny jou wysheid en wens julle albei alle sterkte toe.

Sarel – vir jou gaan ek nie sê presies hoe ek voel nie, want dan sal my kommentaar nie verskyn nie. Gerugte is dat kinderverkragters dit glo nie maklik het in die tronk nie. Kry vir jou – hopelik vir 15 jaar lank.

Eliza-beth ·

Ai … daar is baie wat ek aan so ‘n monster sou wou doen as ek net kon. Sterkte ouers en mag julle dit op jul eie manier verwerk. Baie baie sterkte, vrede en aanvaarding.

Annie ·

Ai. So n pragtige kindtjie. Sterkte aan mamma en pappa wat met hierdie dinge moet deel. Onthou net, daar is mense wat vir julle bid en vra vir krag en sterk word. Sterkte aan julle!!!

ANDRÉ ·

My hart gaan uit na hierdie pa en ma. Daar is sekerlik geen worde in enige taal wat hulle pyn en angs kan beskryf nie. Mag die Here hulle vrede en genesing gee. En hierdie mislike vent van ‘n oom sal definitief in die tjoekie kry wat hy verdien.

Baasspeerder Busfark ·

Dis so sleg as die tipe goed gebeur ek vra altyd hoe is dit moontlik wat het gebeur in die samelewing dat ons wereld so wreed geraak het . sarel is a baie baie siek mens die diuwel moet in jou wees om so iets te doen of jy moet die diuwel jou self wees . dis al hoe ek dit verstaan en my as mens sin maak dat so iets gebeur het sterkete aan die famielie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.