Jasmin se moordenaar sit lank

Sarel du Toit Vrydag in die hof. Foto: Gerhard Pretorius/eNuus

Sarel du Toit Vrydag in die hof. Foto: Gerhard Pretorius/eNuus

Die vierjarige Jasmin Lee Pretorius se moordenaar en verkragter, haar oom, Sarel du Toit (25), is Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.

Volgens eNuus het regter Mahomed Ismail Du Toit tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklagte van moord en verkragting. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Ismail het tydens vonnisoplegging gesê Du Toit se aksies het ʼn rimpeleffek op talle mense se lewens gehad. Hy het gesê Du Toit se aksies was boos en dat hy ʼn onskuldige kind aan erge pyn onderwerp het.

Jasmin Lee Pretorius

Jasmin Lee Pretorius

Du Toit het vroeër die week erken dat hy Jasmin op 28 Desember 2013 in ’n woonstel in Brakpan verkrag en vermoor het. Jasmin se liggaam is later onder ʼn bed in haar pa se huis aangetref nadat sy as vermis aangemeld is. Du Toit is kort daarna vir die moord in hegtenis geneem.

Jasmin se ma het intussen ʼn ope brief oor haar dogter op sosiale media gedeel. Klik hier om meer te lees.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jasmin Lee Pretorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Petro ·

My hart is so seer as ek na haar foto kyk maar dis reg lekker vir jou sarel soos daai advertensie se………pappa wag vir jou.RIV Pop en daars nie eendag wat ons as gemeenskap verby daai woonstel kan ry en dink aan dit waardeer jy moes gaan nie en eks seker jy weet dit gelukkig is jy VEILIG by ons HEMELSE PAPPA EN EK BELOWE JOU DAAR KAN GEEN MONSTER JOU SEERMAAK NIE.

l inda Pretorius ·

Nou kan ons almal tot ruste kom met die wete dat hy vir sy res van sy lewe gaan sit,en nie nog n onskuldige kind die leed kan aandoen nie,want ons mense in Brakpan gaan sulke dinge nie duld nie,niks en niemand kan Jasmin terugbring nie,en ons wou die doodstraf gehad het vir die siek monster.

Ludwig ·

Is dit regverdig dat so iemand – mens kan hom nie eens ‘n ongedierte noem nie, maar die Duitsers sou gesê het hy is ‘n Ungeheuer – nog die lewe verder kan geniet, al is dit agter tralies, waar hy allerhande dienste en versorging sal hê? Die kind se mamma sal net verdriet in haar lewe hê. En dan dien die twee vonnisse nog geklyktydig. Dit moes ná mekaar gewees het, sodat hy nooit ooit weer die wêreld daarbujite sal kan sien nie!

kwaad ·

Ek het nie woorde nie… as ek moet se wat ek wil gaan hul net my kommentaar verwyder.

mira ·

Niks sal hierdie pop ooit weer kan terug bring nie, en ek bid vir haar ouers. Dat hul sal krag kry om elke dag te kan aangaan. Weet net dat die Sarel monster gaan kry wat hom toekom in die tronk. Daar gaan hy as vars vleis ingaan en een of ander misdadiger gaan vreeslik baie van hom hou. Hy gaan daar so fraksie van die pyn ervaar wat hy hierdie onskuldige kind aangedoen het. En dan gaan hy eendag voor ons Hemelse Vader staan. En daai is nou een plek waar ons nie kan lieg nie. Daar gaan hy ervaar wat is die hel!

maggie ·

liewe oom.
mag jy baie lekker kuier saam met al die pappas in die tronk.
Groete en sterkte

lee ·

Ek stem saam met ludwig hy moet nooit weer die daglig hier buite sien nie.

Suzy ·

Woderlike nuus !!!!!Jy moet opvrot en boet vir jou vieslike dade ,hoop daar is iemand wat jou gaan bykom daar binne .
Aan die dogtertjie se ouers ek dink aan julle en mag julle vrede vind . Tyd heel wonde !!!!! Sterkte liewe ouers .

Deloris ·

oooeeee geen genade vir jou nie du Toitjie ……. mag alle hel en pyn jou ry in die tronk … daar is baie wat vir jou wag!!!!!

sonja ·

Sasha het gevra vir 2 lewens lange tronk straf en het dit gekry nou kan sy en morne dalk rus vind en aanbeweeg …. Sarel is siek siek siek hoop hull pas hom mooi op en hy gaan erger deur as wat daai engel het

marianne ·

Sarel nie eens die dood straf sou jou dade regverdig het nie…

Annelize ·

Die doodstraf sou meer gepas gewees het, want nou moet die belastingbetaler sy pens vol hou en ‘n dak oor sy kop hou, waar daardie geld eerder aangewend kon word vir Kinderbeskerming.

ELSA ·

MOG HY HEL KRY IN DIE TRONK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! SO N PRAGTIGE ONSKULDIGE DOGTERTJIE!!!!!!!!!!!!! ONS BID VIR HAAR OUERS EN FAMILIE…..

Beatrix Stevens ·

So n hartseer gevoel omvou mens… om na die gesiggie te kyk??? Sieklik wat jy Sarel gedoen het?? Mag die gisiggie by jou spook vir Lewenslank…. al dien jy jou lewenslange tronk diens uit”’ sal jy vir altyd daai dag onthou… toe jy n onskuldigge kind se lewe op se n wrede manier( of eerder sieklikke manier van haar af weggevat het… omdat jy jouself nie kon inhou”’ En nou het jy haar Ma agtergelaat met al die Hartseer,… Ek stem Werner”’Eina Boudjies??? Kry vir jou”” Sarel…. DIE TRONK SAL JOU LEER”’ Sterkte aan Jasmin se Ma….. Mag jy berusting vind?? met die Wete….Al is Sy seer gemaak”” JESUS HET KLAAR AL HAAR SEER WEGGEVAT… EN KYK NOU MOOI NA HAAR;;;

SNEL ·

Bitter bly oor sy straf, mag hy ook n gevoel kry van wat die arme kind moes deurmaak. Soos die ander hier melt….pappa wag vir jou! Hierdie vent het meer as net die dogtertjie se lewe gesteel van haar, hy het deur sy dade sekerlik omdat hy die oom is, hierdie familie en gesin ook in rigtings in geskeur. Hier is meer as net die verkragting en moord van n onskuldige kind vir die arme mense om te hanteer en te verwerk. Baie sterkte aan die mamma en pappa en die wat geraak word hierdeur.

angel ·

We’ll mense die land het boos gedraai, ek is bly om te hoor du toit het dubbele lewens lange tronkstraf gekry vir sy dade, surf en seep is sy voorland maar ja my seun se verkragter het losgekom, waar is die gereg vir seuns soos dit is vir meisies

Elbie ·

Priester, hy het sy regmatige plek in die samelewing verbeur , die oomblik toe hy sy afskuwelike gedagtes begin kry het. Dis siek siek siek, niks kan dit wat hy aangevang het regverdig nie.

AntiPriester ·

Hoe ironies dat Maroela Media besluit het om die kommentare teen Priester te verwyder. Dia tog net ou Priester poep wat sou kla oor die kommentare geen ander mens nie.

Phillip ·

Dagsê AntiPiester

Sy kommentaar was teenstrydig met ons bepalings en voorwaardes en is daarom verwyder.

Groetnis

Phillip Bruwer nms. Maroela Media

Priester ·

Hi Anti Priester
Inteendeel,ek het glad nie gekla oor al die kommentaar nie. Weet nie waarom my en ander lesers se kommentaar verwyder is nie.
Ek het geensins haatspraak,vulgere of enige direkte aanval op enige lesers gelewer nie. My kommentaar was bloot dat enige mens verdien i 2 de kans in die lewe. Ja,hy het moord gepleeg en hy moet boet vir sy dade,maar as hy i beter mens word terwyl hy sy tronkstraf uitdien gun hom i 2de kans. My vraag aan jou is as dit jou broer is,sal jy nie graag wil he hy moet i beter mens word nie? Of gaan jy hom die res van sy lewe met klippe gooi? Hy moet sy straf vat ja.want hy verdien dit. Maar ek glo hy kan i beter mens uit die tronk uit stap. Jammer as ek almal aanstoot gegee het met my kommentaar gister.

petro ·

Dis verskriklik wreed!!! So onskuldige Klein dogtertjie …. breek my hart. Hoop sy dag kom gou en ek hoop hy kry wat hy verdien …. Geen kind verdien dit nie . Hartseer om te dink daar is nog van die siek monsters daar buite… darm is een weg gesit. … maar dink hy verdien nie sy eie lewe nie …. Rus in vrede meisiekind , jy was pragtig.

jp ·

hoekom kan die vonnise samelopend wees dws na klompie jare is die monster terug op die straat. lewenslank is 25 jaar dan kry hy afslag vir goeie gedra, amnestie van die president en dan nog parool ook dan n a 10jaar is hy uit op straat. nee man ek se n og steeds lewenslank moet lewenslank wees so lank hy lewe sal hy sit

ANDRÉ ·

…en ek wens hy word iemand se teef terwyl hy is die tjoekie sit! Mislike stuk jy-weet-wat! Liefde en gebede vir die ouers van hierdie mooi kind.

Elbie ·

Ek kan nie begryp hoe so monster kan verander nie, ek kan nie verstaan hoe so iemand ‘gerehabiliteer’ kan word nie. Dis in die beste belang van alle kinders, meisies en seuns, dat daai tipe permanent uit die samelewing verwyder word. Ek hoop hy bly waar hy is, hy het lig afgekom in vergelyking met daai onskuldige kind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.