Jason Rohde eers dán gevonnis

Jason Rohde. Foto: Armand Hough/ANA

Jason Rohde wat aan die moord op sy vrou skuldig bevind is, sal eers in Desember gevonnis word.

Rohde, wat vroeër die maand skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Susan op 24 Julie 2016, het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof vir vonnisverrigtinge verskyn.

Adv. Graham van der Spuy, Rohde se regsverteenwoordiger, het egter versoek dat die saak uitgestel word en het gesê hulle het nog nie genoeg tyd gehad om voor te berei nie.

Regter Gayaat Salie-Hlophe het die versoek toegestaan en die saak tot 5 Desember uitgestel om die verdediging kans te gee om voor te berei om voorleggings ter strafversagting te doen.

Rohde se tweelingdogters gaan ook ter strafversagting vir hul pa getuig. Hulle skryf tans hul matriekeksamen.

Rodhe is op 8 November skuldig bevind waarna sy borgtog teruggetrek is. Hy het weer aansoek om borgtog gedoen maar dit is geweier.

Salie-Hlophe het Rohde ook aan regsverydeling skuldig bevind. Sy het in haar opsommende uitspraak van 38 bladsye gesê Rohde se weergawe van gebeure dat Susan selfmoord gepleeg het toe die egpaar die naweek van 22 tot 24 Julie 2016 Sotheby’s International Realty se jaarlikse geselligheid op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch bygewoon het, kan onmoontlik nie waar wees nie.

Die regter het gesê die bewyse dui daarop dat Rohde sy vrou met die vuis in die gesig geslaan, haar gewurg en haar met ʼn kussing versmoor het. Hy het toe probeer om haar dood na selfmoord te laat lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Genieve ·

Kan nie glo dat die kinders nou betrek word terwyl hulle eksamen moet skryf nie. Hoe kan hulle konsentreer in die geval.

Juffrou ·

Grieve. Eers die 5de Desember! Eksamen is Dan al laaaankal verby!

Santjie ·

Ek verstaan ook nie – reg aan die begin wou hy alles weghou van hulle af

Lientjie ·

Die kinders ( 2 ling ) het self besluit om vir hulle pa te getuig. Niemand het hulle gedwing nie.

zoom zoom ·

Waarmee Koop hy nou die kinders Om. Hoekom het hulle dan ook nie vir hom getuig toe die saam nog aan die gang was. Die man het geld Om tyd Te Koop wn Sy regsmense smile al die pad bank toe. “SIEK SPUL”

Lientjie ·

Niemand koop die kinders om nie die 2ling het uit hulle eie gevra om vir hulle pa te getuig. Dit bly tog nog steeds hulle pa.

annie ·

Hoekom nou jou dogters betrek toe jy jou vrou vermoor het het nie aan hulle gedink nie.
Hy moet lank sit en geen borg kry nie.

Glo in Jason se onskuld ·

Ek volg van die begin af die storie en ek glo nogsteeds dat die man nie skuldig is nie.
As hy onskuldig is mag ons Liewe Vader sy hand van genade oor hom en sy kinders hou en beskerm!

VanAfrika ·

Sjoe hoe kan jy in sy onskuld glo? Die beserings is genoeg gewyse dat hy haar dood gemaak het. Sy buite egtelike verhouding en die feit dat sy minnares ook op die konferensie was, spreek duidelik dat hy sy vrou uit sy pad uit wou gehad het. Hy is 100% skuldig.

Kobus ·

Net omdat die man `n verhouding gehad het vind 90% van mense, veral vrouens, hom skuldig. Ek glo 110% hy is onskuldig, sy vrou het haarself vermoor om hom terug te kry en nou lei die kinders ook.

So jammer.

Ryperd ·

Kobus en jou kader
Dan moet sy mos n goue steen op haar graf kry
Want dan het sy haar briljant van haar taak gekwyt
Mag hy kry wat hom toekom

Nikola ·

Ek stem saam met jou.
Ek glo nie hy is ‘n moordenaar nie en as hy dit wel gedoen het, het Susan hom uitgelok.

Cherokee ·

Waarom Kobus nou dink dat Jason se kinders nou leiers is, is onverstaanbaar. Miskien sal hy verduidelik wie hulle waarheen lei. En hy erken in sy skrywe sy het rede gehad om hom ‘terug te kry’ so sy het onder hom gely. Die regter het haar saak uiters duidelik gestel wat presies haar tot die uitslag van die saak gelei het.

Martin ·

Duidelik het jy nie die saak van die begin af gevolg, of na die uitspraak geluister nie.
Sy Regspan is egter ook baie duidelik besig om geld te maak uit di ding uit. Volgens my is daar geen voorbereiding gedoen vir gister se saak nie.

MJ ·

Kobus, doen jouself ‘n guns en gaan lees die volledige saakrekord op Saflii, veral die patoloë se getuienis en dan besluit jy of jy steeds in sy onskuld glo. Susan is oorlede terwyl sy plat op haar rug gelê het, nie gehang het nie. Dit is bewys in die hofsaak en Jason se patoloog het dit toegegee. Daar is BAIE meer inligting van ‘n persoonlike aard in die saakrekord wat nie in die media genoem is nie omrede die oorledene se waardigheid beskerm word. Glo my, daai man is skuldig sonder twyfel!

fanie ·

jy moet maar lekker glo in sy onskuld want sit gaan hy sit !!!!!

Oujongvrou ·

Ek sou nie vir so n ouer wat my ma vermoor het getuig nie. Inteendeel!!!

Pasop ·

Sover ek weet gaan hulle VIR hom getuig. Hulle weet meer wat in die huis aangegaan het as ons. Hulle kan dalk teen haar getuig deur omstandighede in die huis.

linda limbo ·

hy moet maar lig loop
die kinders gaan dalk ons baie meer leer as net die vrou se koue liggaam
kinders weet altyd alles wat in ‘n huis aangaan

Irma ·

Ons sal maar eers moet sien of die dogters se bydrae regtig sy vonnis gaan versag. Hulle het in die huis gebly waardat die pa hulle doelbewus mislei het om sy verhoudings weg te steek. Hoeveel respek het kinders vir so ‘n ouer, of sanik hy nou dat hy al is wat hulle oor het. Klink moontlik hartvogtig maar sy dade het gemaak dat hy nie hul hulp en simpatie wêrd is nie

Lee Randburg ·

Hy gryp na strooihalm..sy kinders moet aandag aan hul skoolwerk gee. Hy het sy kinders n ma ontneem..dis tragies!!

Piet ·

`n Onskuldige man wat nou trunk toe gaan omdat die regter nie van hou mans nie.
So tragies vir die hele familie.

Dorie ·

Stem saam met jou. Ek dink nog steeds hy is onskuldig, en die kinders gaan meer die waarheid vertel wat regtig in die huishouding aangegaan het.

CZ ·

Sy het haarself seker ook in die gesig geslaan…. dalk dreig hy die kinders. ..wie weet?

MJ ·

Siestog Piet, jy het seker nie die saak en al die verdoemende bewyse gevolg nie?? Sy is verwurg en met die kussing versmoor – haar gesmeerde grimering en bloed is op die kussingsloop op die bed gevind. Haar ribbes was gebreek soos wat hy haar plat gedruk het met sy knieg, en so het sy 100ml bloed gesluk omrede haar longe beskadig is.

Verduidelik vir my hoe jy dink hierdie man is onskuldig? Die nadoodse ondersoek het bewys sy het plat op haar rug gelê toe sy gesterf het want die bloed het eerste onder by haar rug en boude gestol, en nie in haar hande en onderlyf soos wat die geval is met iemand wat hang en sterf nie. Daar was skraapmerke op haar rug en skouer soos wat sy oor die growwe mat gesleep was na die badkamer toe. Haar ontlasting is in die kamer en in die badkamer gevind, want haar lyf het “ontspan” voordat sy by die badkamer uitgekom het. Hoeveel bewyse kan ek nog vir jou noem? Ek het die hele gerapporteerde saakrekord gelees. Dalk moet jy ook?

alida ·

Hier is weer baie regters aan die woord vandag. Ek persoonlik dink hy is onskuldig en is geregtig op my eie mening. Dit is my reg.

Kopskud ·

Julle “slimmes” hierbo, wag vir 6 Desember dan praat julle weer.
Onskuldig?? Nee, nooit nie!! O, ja, en as hy skuldig is, is dit omdat sy hom getreiter het???? Mal!!!!

WitBlits ·

Verstommend in hoeveel sake word mense (Europees van afkoms) word deesdae op omstandigheidsfaktore skuldig bevind sonder dat daar EEN ooggetuie is wat dit kan bevestig! Maar die sake waar “andere” deur ooggetuies gesien is of duidelike bewyse teen hulle is, heel lig daarvan afkom.

Martie germishuizen ·

My Hart gaan uit na sy kinders. Nou verloor hulle nog n ouer en dan word daarvan hulle verwag om in te staan vi hulle pa. Is hulle ni al deur genoeg truma ni. Wanneer gaan mans en vroue besef egbreek vernietig die gesin . Voor jy betrokke raak met n ander man of vrou Dink eers aan jou vrou en kinders. Moenie selfsugtig wees ni. Gaan sien n berader probeer alles as niks werk Nie skei dan maar asb moenie hulle deur hel sit ni. Ek weet ek mag nie n ander judge ni maar jolene gaan aan met haar lewe. Sy kan aan gaan met haar lewe n ander man ontmoet dalk trou … Maar vi hierdie kinders sal n kersfees n verjaarsdag , moedersdag en vadersdag NOOIT OOIT weer dieselfde wees ni. Hartseer hartseer. Sy vrou sou hom vergewe het want sy sal baie lief vir hom . Dit was sy selfsig en behepheid met jolene en jolene is ni onskuldig ni. As jy in verhouding is stop dit dadelik dink aan jou gesin.

Blikke ·

Aag Twak man…..die man is skuldig en moet sy loon kry !!!! Punt !!!

Pop ·

Martie wat jy se is waar. Die ander persoon gaan net aan met hulle lewe , terwyl die skerwe van gebroke huwelik en stukkende kinders agterbly.

CJ ·

Ek dink wat die tweeling moontlik kan noem is dat hulle nou geen “ouerhuis” meer gaan hê as Pa tronk toe gaan. Alhoewel dit waar is, is daar (ongelukkig) baie ander SA-kinders wat op veel jonger ouderdom “child headed homes” bestuur. Jammer vir die kinders, maar Liefies, jul pappa moes vroeër aan jul toekoms gedink het toe hy met die ander tannie gelol het.

Koeksuster ·

Vir elke 1 man wat sy vrou verneuk is daar 1 vrou wat instem dis is dit nie net 90% mans wat verneuk nie . ….

liefie ·

Ek weet nie of dit ‘n goeie “move” is om die kinders te roep nie. Dit is vroeg al duidelik dat haar Edele Regter dik is vir die beskuldigde en dit kan haar net meer die hoenders in maak.

wendals ·

ek volg die zaak van dag een af elke persoon het sy die opinie maar as jy mooi na al die mense wat getuig luister na die regter se uit spraak sy is vermoor lieg sel foon rekords alles het n vinger na die jason gewys om sy kinders nou in te sleep is n totale skande hulle het hul ma verloor en nou vir hul pa gaan getuig hy het hulle lekker gebrein wash nee jong hy het geding hy gaan loskom daai regter haat nie mans nie sy is reg baie goed haar werk gedoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.