Jason Rohde gevonnis

Jason Rohde in die hof. (Foto: Verskaf)

Jason Rohde, die Johannesburgse sakeman wat sy vrou in Julie 2016 in ʼn hotelkamer op die Spier-landgoed vermoor het, is Woensdag 20 jaar direkte tronkstraf in die Wes-Kaapse hooggeregshof opgelê.

Regter Gayaat Salie-Hlophe het Rohde tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en vyf jaar tronkstraf op aanklag van regsverydeling. Sy het beveel dat drie jaar van die tweede vonnis samelopend met die eerste vonnis uitgedien sal word, wat beteken Rohde sal effektief 20 jaar agter tralies deurbring.

Die hof het Rohde ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Susan Rohde se liggaam is op 24 Julie 2016 in ʼn geslote badkamer gevind in ʼn kamer by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch wat sy met Rohde gedeel het. Sy het ʼn elektriese koord om haar nek gehad. Die koord was aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak. Rohde het aangevoer Susan het selfmoord gepleeg, maar die hof het beslis dié weergawe van gebeure kan nie moontlik waar wees nie.

Salie-Hlophe het in haar omvattende uitspraak gesê dit is opmerklik dat Rohde in die uitvoering van die moord slegs aan sy eie belang gedink het sonder om die impak van Susan se dood in ag te neem. Sy het verwys na ʼn slagofferimpakverslag wat aan die hof voorgelê is waarin die impak van Susan se dood op die egpaar se dogters uiteengesit word.

“In die verslag word verduidelik hoe jul oudste dogter elke oggend wakker word en opnuut besef haar ma is nie meer daar nie, en elke dag opnuut leeg en siek voel. Die dood van haar ma het elke aspek van haar lewe geaffekteer. Sy mis haar ma en die emosionele ondersteuning wat haar ma aan haar gebied het,” het Salie-Hlophe gesê.

Sy het ook verwys na ʼn uitlating wat tydens die verhoor deur Rohde gemaak is waar hy genoem het hoe moeilik sy vrou se dood vir hom is omdat hy as gevolg daarvan homself in ʼn hof moet verdedig. Die regter het gesê dié uitlating dui weereens daarop dat Rohde bloot aan homself dink en hoe Susan se dood hom raak, eerder as die omvangryke impak wat haar dood op almal het wat haar geken het en vir haar lief was.

Sers. Marlon Appolis en sers. Stephen Adams wat onder leiding van kol. Deon Beneke die Rohde-moordsaak ondersoek het. (Foto: Verskaf deur SAPD)

Salie-Hlophe het ook verwys na Rohde se regspan wat ter versagtende omstandighede aangevoer het dat hy ʼn bekende en welgestelde sakeman is wat gewoond is aan ʼn lewe van luukse en dat tronkstraf dus ʼn baie swaar impak op hom sal hê. “Ek vind hierdie ʼn belaglike en sinnelose argument. Dit is ʼn grondwetlike en fundamentele beginsel in ons demokrasie dat almal gelyk is voor die reg, ongeag klas of status. Daarom kan die rykdom, vryheid en luukshede waaraan jy gewoond is nie as ʼn versagtende faktor gesien word nie.”

Die regter het gesê die vlaag van geweld teenoor vroue in Suid-Afrika toon net opnuut dat howe nie ligtelik met die tipe misdade kan omgaan nie. “Susan was jou vrou. Sy het na jou gekyk vir beskerming en jy het daardie vertroue verbreek en haar aangeval en vermoor in jul private ruimte.”

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Cybersakkie ·

Sersante Adams en Appolis kan met reg trots wees soos op die foto. Welgedaan manne, goed om te weet daar is nog goeie polisiemanne daar buite.

Cindy van der Merwe ·

Susan nou kan jy rus kry en sien hoe vrot Jason in die tronk. So jammer wat met so mooi mens gebeur het.

Alta Smit ·

Wel gedaan aan die 2 speurders. Sterkte aan sy 3 dogters , niemand verdien wat met jul gebeur het Nie. En aan sy minares- mag God jou vergewe en mag jy jouself vergewe Vir jou aandeel aan n familie wat vandag verwoes is

MTSteyn ·

Jy gebruik nou ‘n vers in die Bybel om iets te probeer regverdig wat presies nie in die Bybel staan nie. Mens noem dit misleiding.

Elizabeth 111 ·

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ Maar Ek sê vir julle:…. [MATTEUS 5:38-48]

Gaan lees al 10 verse en vergewis jouself wat Jesus hier bedoel – gladnie wat jy in gedagte het nie!

Sonet Schutte ·

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.
MATTEUS 5:38‭-‬40 AFR83

Melanie ·

MTSteyn jy is heeltemal reg. Enige mens moet maar betaal vir sy sonde. In God se woord staan daar ook die woord “vergifnis”. Wat hierdie man en sy minares aan sy gesin gedoen het kan nie ongedaan gemaak word nie, maar ons vertrou dat hy in sy sel sal sit en nadink oor sy verlede. Heel moontlik stap hy eendag ‘n beter mens by die deur uit. Dit het al voorheen met ander gebeur.

Hester ·

Wat het die feit dat hy n luukse lewe gelei het en net aan die beste gewoond was enige iets hiermee te doen . Niks net mooi niks. Ek voel retig jammer vir die familie wat agter bly. Maar hy moet maar sit.

Theresa ·

Weereens so bitter hartseer. Susan was ‘n pragtige vrou en haar dogters se vriendin. Hy kon nooit skei nie want dan moet hy alles met Susan deel. Dis beter om so baie lewens te verwoes as om jou rykdom te deel. Goeie hemel – mense is mal.

Liekie ·

Dit is goeie nuus!
Dankie aan Regter Salie-Hlophe vir geregtigheid.

Janine ·

hy het sy vrou, sy dogters en die familie se lere verwoes! Laat hom 100j sit!

jaco ·

Nogal ‘n kwaai vonnis as in ag geneem word dat sy vrou “mos maar net wit” was. Hoe het Oscar dan ‘n ligter vonnis gekry? Sy slagoffer was dan ook “mos maar net wit”.

Susan Forret ·

Waarom moet Oscar elke keer opgebring word as so iets gebeur? Kan hy nie nou maar in vrede gelos word nie??

Matthys ·

Jaco, die verskil is, Oscar het nooit ontken dat hy haar geskiet het nie, terwyl Jason Rohde steeds sê dat hy nie aan haar geraak het nie.

Trol ·

Ek slaan altys my hande in verstomming saam. Julle mense hierbo wek die indruk dat die man gestraf moet word nie omdat hy gemoor het now, maar omdat hy n pragtige mens vermoor het. Met ander woorde moordenaats wat lelike mense doodmaak hoef nie gestraf te word nie. Pik by alle moordenaars verdien om swaar gestraf te word.

Chiddy ·

LEVITIKUS 24:20 NLV
’n beenbreuk vir ’n beenbreuk, ’n oog vir ’n beseerde oog, ’n tand vir ’n gebreekte tand. Presies wat iemand gedoen het toe hy ’n ander persoon seer gemaak het, moet nou met hom gemaak word.

hannelie ·

Wanneer die Bybel dan sê dat God regverdig is, sê dit vir ons dat hy doen wat reg en billik is en dat hy dit konsekwent, sonder partydigheid, doen (Romeine 2:11)

DS ·

Geregtigheid het eintlik vir jou geskied Susan. Nou kan jy in vrede rus. Voel net so jammer vir die dogters hulle het vir geen van die dinge gevra nie maar hulle selfsugtige pa het nie aan hulle gedink nie. Sterk wees julle en stap die pad saam julle Pa Jesus – wat julle nooit sal verlaat en troos sal bied.

Agie ·

Baie dankie vir die Reg.

Sterkte aan Susan se dogters?

Geniet jou nagmerrie ou?

Osie ·

#Elizabeth111:
Die boek Right and Reason—Ethics in Theory and Practice sê dat “geregtigheid verband hou met die wet, verpligting, regte en pligte, en dat dit beslissings gee op grond van gelykheid of verdienstelikheid”

Ben Esterhuizen ·

Welgedaan regstelsel, uitstekende werk SAPS, sterkte aan die kinders…… En los Rhoode se verdere veroordelings nou gerus, die vent gaan selfs erger in die tronk afgetakel word as sy vermoorde vrou.

Oujongvrou ·

Hierdie regter verdien n spesiale dankie. Sy laat nie met haar mors nie. Baie dankie regter Gayaat Hlophe, mens kry weer moed dat daar tog geregtigheid is vir die weerloses.

Liza ·

Ek is spyt hy het nie dubbeld leenslank gekry nie. Sy moeder het ook gaan pleit vit versagting en vir haar bloei my hart want n moeder bly n moeder maar net so het Susan ook n moeder n vadee en kinders en familie en vriende wat moet saamleef met die bittere pyn hartseer en verlange. Geniet jou nuwe luukse leefstyl in die tronk waar jy hoort. Mag jy leer wat hel op aarde is. Jy moes dink aan die innerlike hel wat sy moes deurmaak tydens jou verraad en toe moord. Wees bly S.A het nie meer n doodstraf nie, dit sou ver te gou vir jou verby gewees het. Gaan ly soos haar familie en vriende nou moet ly.

Skerpioen ·

Aan al julle ryk mans met skelmpies… skei en gee maar vir mamma wat haar toekom. Dis wanneer jy jou skelm wil hou en vir mamma niks van jou geld gun nie dat dinge so vir Rohde uitgedraai het… kyk nou net hoeveel lewens het bitter skade gelei. En aan al die Jolene’s buite… dink hard en dink mooi. As hy dit aan mamma kan doen, kan hy dit aan jou ook doen…. en los asb ander vrouens se mans uit….

Kobus ·

Aan al die mammas daar buite, julle sal moet werk vir wat julle toekom. Pappa hoef jou niks te gee nie, niks is verniet nie.

Lekker lag ·

Ou skerpioen is jy jaloers of moes jy ‘n steek inkry….?

Nel ·

Ek kry sy dogters so ongelooflik jammer. Hulle gaan eendag trou sonder n ma wat kan help, sonder hul ma se raad en liefde. Sonder n pa wat hul kan inbring omdat hy een onnosele besluit geneem het. Ek weet nie hoe daai dogters met hulle lewens moet aangaan met hierdie teleurstelling nie!

Betty ·

Ek wil nou nie almal se partytjie bederf nie,
maar ek wil graag die kinders by die voete van onse Vader lê,
asof hulle nie genoeg trauma en pyn beleef het, gaan hierdie verseker hulle lewe
vir ewig en altyd verander.
Mag julle weet dat mamma elke dag neerkyk op julle en ek bid dat Vader julle sal veilig hou,
vir jou meneer hoop ek dat jy reg sal maak met die Skepper, dat jy sal besef dat ‘n oomblik van passie net nooit die moeite werd is.
mans soos jy oorleef nie maklik in die tronk ons kyk maar of jy so sterk is as wat jy sê!
RIV Susan wens dinge was anders!!!!

Gert J ·

Bly geregtigheid het eindlik geseevier. Hy ontken dat hy dit gedoen het, maar die vertoee is maar pateties. Daar is n tyd vir rekenskap vir jou handelinge. Voel jammer vir sy familie.

leser ·

geld wat dom is kon nie reg kry om die tronk / krom, weg te kry nie

Ore ·

Ek gaan nie kommentaar lewer op die Bybel aanhalings nie.Wat wel onstellend is,is die feit dat hy volgens berigte ‘n verhouding met ‘n ander vrou gehad het.Is sy medepligtig? Sy het sekerlik geweet hy is getroud? Waarom haar vermoor? Skei en kry klaar.Die gesin en familie kon met hulle lewens aangaan maar ‘n mens is vermoor,kinders is teen die planke,’n moeder is gedaan gehuil en meneer gaan royalty in gevangenis wees.

Hennie ·

Die vrou wat nou kwansuis sy minaarres is of was is net so aandadig aan hierdie moord want was dit nie vir haar wat hom beïnvloed het nie sou die moord nie plaas gevind nie.Ek dink persoonlik die wet moet verander want die Deler is net so goed soos die steler

Nina ·

Groot jammerte dat die minnares, Jolene Alterskye steeds haar heerlike lewe het en lekker huise verkoop in Seepunt en Clifton……

Die waarheid ·

Almal wat se Susan kan nou rus. Dink julle regtig Susan weet van die hofsaak en vonnis. Dood is dood.

Linda ·

Ek is verheug oor hierdie vonnis. Soos Steve se gooi die sleutel weg. Net jammer die minarres gaan aan met haar lewe asof niks gebeur het nie ! Rhode se dogters is darem nou al groot genoeg en hul ouma aan moederskant sal hul ondersteun. Jason…Jy kan nie so selfsugtig wees om jou vrou dood te maak en met jou rykdom te spog, en n nuwe lewe met die ‘ander’ vrou te begin. Jy moes jou vrou en dogters beskerm het teen daardie vrou ! Susan rus in vrede, Rhode se dogters, jul Pa het jul Ma vermoor, Die Reg het geskiet, wees sterk en gaan voort, julle kan !!!!! God slaap nie !!!

Jepetto ·

Die Waarhied . kom ek vetel jou iets vandag het jy geweet mense het a siel en weet jy wat dit is . Ons lewe gaan aan na die dood op aarde

Linda ·

Die waarheid…ek dink tog so iemand weet wat aangaan. My sus se dogter Concelia Mare, 20 jaar oud (sien Google) is wreed vermoor in Pretoria vir haar SLK Mercedes. Die moordenaar se minaarres was medepligtig was, het agterna vir ons gese dat Concelia se beeld elke dag by haar in die tronk was, sy het mal geword ! Hoe verklaar mens dit. Hierdie was my sus se enigste kind.

Agie ·

Hi Bolla

Toe Jesus die moordenaar vryspreek en hul alby sterf, dis Nuwe Testament

ALR ·

Dis bitter hartseer wanneer moordenaars 15 of 20 jaar tronkstraf kry. Hul het nie 15 of 20 jaar gevat by die slagoffers nie, hul het hul lewe gevat!!

Corrie Stander ·

A job well done hy moet vrot daar binne! ek wonder WAAR is Jolene NOU! staan sy haar beminde by, gaan sy vir hom wag! Sy vrou Is mos nou uit die pad! of gaan sy haar rug nou op hom draai! en aangaan met haar lewe! Hoop sy kan met haarself saamleef!

An affair to remember ·

Ja, die allesoorheersende liefde vir die ander vrou, het hom so ver gekry om vir sy vrou te lieg, egbreuk te pleeg en uiteindelik moord, en nou het sy uit sy lewe verdwyn soos mis voor die son…..
Die groot liefde is toe nie groot genoeg vir haar om hom te bly ondersteun nie. As minnares het sy maar min toewyding en min opofferings gemaak vir ‘n man wat bereid was om te moor om by haar te wees……hoe ironies, hy vermoor die een wat bereid was om alles te doen om hulle huwelik te red, ter wille van ‘n “flimsy affair” met ‘n vrou wat ooglopend min gepla is oor die ellendige lot wat hy nou in die gesig staar……
I guess, what goes around, comes around !

waarheid1 ·

Ai ek kry die kinders so so jammer. Hulle trek altyd aan die kortste ent.

Ek voel die minnares was ook aandadig.

Poppie ·

Nou wonder ek net: As jy opregte berou het, dan word jou sondes vergewe. Ek praat nie van nou nie, maar met oordeelsdag. Kan mens na so daad, regtig berou het?

Linda ·

Ek het gehoor dat Jolene nogsteeds lekker huise in die Kaap verkoop, op soek na nog n ryk man, wie se huwelik sy kan opbreuk ! Sy het lankal haar rug op Jason Rhode gedraai !!!

Mariius ·

Kry plaarmoordenaars ook sulke lang vonnisse? Wonder maar net. Hoeveel dogters en seuns raak ook elke dag wakker en moet met die wrede werklikheid die dag aanpak dat daar nie meer n pa of ma is nie.

Michael ·

Andre jy voel duidelik nie lekker nie, seker jou kop gestamp.

Carel ·

Andre waarvan praat jy hy is n moordenaar en hoegenaamd nie onskuldig nie jy dink srker aan n ander saak

Alida ·

Nie een van ons ken die feite nie. En asb ons hou nie kerk op MM nie.

Elizabeth 111 ·

Ek dink ‘n bietjie kerk so nou en dan kan nie kwaad doen nie – die tronke sal beslis leër wees en die kerke voller.

Zombie ·

Nou van wanneer af het jy die reg om voor te skryf wat op MM bespreek mag word, Alida-mens? Jy is nie nou in jou kombuis nie, hoor. Eiegeregtigheid is nie ń mooi eienskap nie, jong.

Linda ·

Mans soos Andre hier moet een ding besef. As jy owerspel pleeg en jy skei jou vrou [ of vermoor haar ]en vat die ‘ander’ vrou, nie lank nie, dan doen sy dit weer met iemand anders. So verwoes sy jou huwelik en jou kinders en op die ou einde vir jou ook !!! Dan wil n man huil. Spyt kom altyd te laat !!!

TN ·

Andre __ ek dink nie dat jy reg is nie ; die regter hoe duidelik nie van geweldenaars nie en Oscar kan bly wees dat hy nie hierdie een gekry het nie maar as jy die saak gevolg het , sou jy ook besef het dat daar nie ‘n manier is waarop Susan haarself die beserings kon toegedien het nie . Daar is verder bo twyfel bewys dat die koord om haar nek NA haar dood daar gebind is . Nee wat jong , probeer weer ; die man is skuldig , presies soos wat die hof bevind het .

TN ·

Andre __ ek dink nie dat jy reg is nie ; die regter hoe duidelik nie van geweldenaars nie en Oscar kan bly wees dat hy nie hierdie een gekry het nie maar as jy die saak gevolg het , sou jy ook besef het dat daar nie ‘n manier is waarop Susan haarself die beserings kon toegedien het nie . Daar is verder bo twyfel bewys dat die koord om haar nek NA haar dood daar gebind is . Nee wat jong , probeer weer ; die man is skuldig , presies soos wat die hof bevind het .

Elizabeth 111 ·

#Osie: Die teksgedeelte in Mattheus 5:38 is deel van Jesus se Bergrede. Hy het eenvoudige mense toegespreek en sy boodskap is glashelder, sonder die filosofiese redenasies van ‘n Aristoteles of ‘n Aquinas, opgeteken in Mattheus – nl. dat in God se Koninkryk die beginsel van ‘n oog vir ‘n oog nie geld nie. Ja volgens ons regstelsel het Rhode gekry wat hom toekom, maar om dit enigsins in dieselfde asem as die betrokke Bybelgedeelte hierbo te gebruik is verkeerd en misleidend. Punt.

Karuska ·

Vat sy geld, al sy geld, lyk vir my dit is al wat hy lief het

Susan du Toit ·

Bid vir die dogters se lewens vorentoe sonder ‘n kosbare moeder geregtigheid het geseevier

Susan du Toit ·

Andre ek glo nie die regter was onredelik nie ‘n saak word goed nagegaan
sy het alles in haar vermoë gedoen om haar man te behou as jy die hele saak van vooraf gevolg het. Haar dogters gaan hom vir die res van sy lewe aan haar laat dink want hulle al 4 is een persoon pragtig.

Anoniem ·

Ek weet nie juis waarom jubel en juig almal nie, hy mag effektief ‘n derde van sy vonnis uitdien voor hy in aanmerking kan kom vir parool en dis ongeveer oor 8 jaartjies, dan vreet Rhodes dalk weer uit die vleispotte van Egipte………………….Hierdie is GLAD NIE geregtigheid wat hier geseevier het nie. In hierdie land kan enigeen maar moor of vermoor, 20 jaar en ‘n klop op die skouer vir goeie gedrag.

Ek wil ook net bylas, die minnares, ek hoop jy voel goed dat jy ook maar deels skuld het aan die tragedie wat homself uitgespeel het en dat jy ook indirek Susan Rhode se bloed aan jou hande het. Hou jou bene nou voortaan toe en hou op om met getroude mans te wil lol, want eintlik was jy net ‘n fortuinsoeker, want liefde was dit beslis nie. Ek hoop jy kan sy drie dogters wat nou half wees agtergelaat is vierkantig in die oe kyk en verduidelik

Ekke ·

… en tot op die einde dink hy net aan homself en sy luukshede.
Wonder net wat gebeur nou met die ander “liefde” in sy lewe… gaan sy groener weivelde soek en dit ook vertrap ??

Anoniem ·

Ekke, wil jy regtig weet? Wel haar lewe is ‘n lied, sy het steeds haar werk by Sotheby’s, sy gaan aan asof hierdie hele petalje nooit gebeur het nie. Maar God slaap nie, ek bid dit vir haar toe dat Susan haar sal in haar drome teister

ne ·

Jolene ek hoop jy kry jou verdiende loon vorentoe. 3 Dogters is nou sonder ‘n pa EN ‘n ma deur jou toedoen. Jy is die skarlaken vrou. Hoop Jason vrot in die tronk. Wil graag weet wat jou aandeel aan die moord was.

Doris Gouws ·

Ek wil net vir Regter Gayaat Salie Hlophe dankie sê dat sy Geregtigheid laat geskied het met hierdie Meneer die Vonnis wat sy gegee is beter as wat hy daar buite sal rondloop of daar nie iets gebeur het. nie. Niks en niemand kan ooit die 3 pragtige dogters se moeder vir hulle terug bring nie. Laat hy sy vonnis sit en voel hoe voel daardie kinders sonder hulle moeder. En hulle moet hulle oë op Jesus hou en Jesus alleen kan hulle vertroosting gee.

Wielspore ·

Jason wil nou die slagoffer wees, dit was hy wat buite egtelike verhoudings gehad het en nadat Susan hom die hoeveelste keer vergewe het, het hy teen die einde weer ‘n verhouding aangeknoop. Susan het hom verlaat en toe gaan vermoor hy haar en nou vra hy ter versagting dat hy gewoond is aan luukse leefstyl en dat tronkstraf hom gaan benadeel.
In die tronk is daar genoeg tyd om na te dink oor jou selfgesentreede leefstyl en daar is ook genoeg tyd om na ‘n minderwaardiger leefstyf te verander.
Ek glo jy sal as ‘n ander mens uit die tronk kom.

waarheid1 ·

Andre maak seker net ‘n grappie om almal op hol te jaag.

Ek stem saam – kla die minnares aan.,
Sy het ook gehelp om oneindige skade aan die kinders en familie te berokken en nou stap sy lekker rond asof niks gebeur het nie. Dit gaan teen my grein. Sy moet by dieselfde regter beland.

Daan ·

Hoekom nie maar net die vrou van sy jeug gekoester nie?Die moeder van sy kinders,die een wat by hom gestaan het.Met wie hy ‘n verbond voor God gesluit het? Dit gaan oor selfsug,eersug en hebsug. Jason vra God en jou familie om vergifnes.Dawid en baie ander het dit gedoen.God maak alles weer nuut.Jesus het alles op die kruis op Hom geneem.

jaco ·

Ek dink nie sulke ryk mense sluit ‘n verbond voor God nie.

Rina ·

En ons laat toe dat sy daad, dinge wat buite ons aard is, laat sê!

jakes ·

Ek was ook 15 jaar gelede in n buite egtilike verhouding betrokke en na 2 jaar weer opgebreek. In die proses het ek my lewe verwoes asook die lewens van die vrou, haar eks en die kinders sn. So iets byt jou agterna en is nooit die moeite werd nie. Rohde sal vir jare berou daarroor voel en sal dit uiteindlik sy tol eis. Die arme kinders sal vir altyd die letsels drae.

Jenny ·

Is ek die enigste een wat glo sat hy onskuldig is? Dit voel altyd vir my dat as dit ‘n “high profile” moord is, dat daar ALTYD n moordenaar aangekeer word. Henri Van Breda – ek dink is ook onskuldig. Die plaasseun wat tronkstraf gekry het vir die moord op sy pa, ma en sussie. Wat my pla is: al 3 die mans pleit onskuldig!

TN ·

Wat sou jou keuse wees tussen lewenslank in ‘n SA-tronk en ‘n valse pleit ?

Jenny ·

TJ: ek glo wel dat sy vermoor is- maar hoekom was die badkamer deur van binne gesluit? Sekerlik laat dit n mens wonder? Kon ‘n rower of iemand nie deur die badkamervenster geklim het en het vermoir het nie? Dalk het haar man iemand gehuur – ek dink nie hy is heeltemal onskuldig nie – maar ek dink nie hy het haar self vermoor nie.

Jacques die Goodwoodianer ·

Soos die metaalgroep K.O.B.U.S! sê: “Doodstraf! Bring die doodstraf terug!”

mariaan ·

Regter Salie-Hlope het meer genade met hom gehad as wat hy met sy vrou gehad het.
Nietemin, mooi so aan die regter. Hy verdien sy straf.
Lagwekkend hoe hy pleit vir sy eie lewe en toekoms net om sy straf vry te spring. Skielik dink hy aan sy kinders. Was hulle ooit een oomblik in sy gedagtes toe hy rondgekuier het by sy minnares, erger nog, toe hy hulle ma vermoor het?
Wonder hoe voel sy minnares oor die vreeslike hartseer waarmee drie jong mense moet saamleef en boonop geen ouerhuis meer het nie.

Martin ·

Jenny, jy vergeet van Oscar wat ook “onskuldig” is.
Het jy al ooit die gesegde gehoor. “die tronke is vol onskuldige mense”?
Al die bewyse is verdoemend teen die skuldiges.
Almal pleit onskuldig, want hulle wil nie tronk toe gaan nie.
Dis ook net die sogenaamde hoe profile sake wat die meeste dekking kry, juis omdat hulle bekend is en die belangstelling van die publiek. Dis nie waarom hulle skuldig bevind word nie. hulle leuens klop nie en patoloe is deskundiges wat die presies oorsaak van dood bepaal. Dit weerspreek die skuldiges se storie wat hulle uitdink om hulself te red.
Gaan lees gerus weer hoekom die badkamerdeur van binne gesluit was.

Jenny ·

Martin: dankie vir jou kommentaar. Dit laat my beter voel as ek weet dat n verduideliking is oor die badkamerdeur. Ek is net altyd bang dat die mense onskuldig is!

Nico ·

In Amerikaanse deelstate wat nog die doodstraf het, sit jy soms langer as 20 jaar in die dodesel voor jy tereggestel word. Geen straf is swaar genoeg vir voorbedagte moord nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.