Jason Rohde hoor sy lot

Jason Rohde (Foto: ANA)

Die sakeman Jason Rohde is Donderdagoggend skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan (47).

Regter Gayaat Salie-Hlophe het in die Wes-Kaapse hooggeregshof Rohde skuldig bevind op aanklagte van moord en regsverydeling.

Salie-Hlophe het in haar opsommende uitspraak van 38 bladsye gesê Rohde se weergawe van gebeure dat Susan selfmoord gepleeg het toe die egpaar die naweek van 22 tot 24 Julie 2016 Sotheby’s International Realty se jaarlikse geselligheid op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch bygewoon het, kan onmoontlik nie waar wees nie.

Salie-Hlophe het gesê hoewel sy aanvaar dat Rohde nie ʼn geskiedenis van geweld gehad het of voorheen ʼn fisieke bedreiging vir sy vrou ingehou het nie, was hierdie naweek anders aangesien Rohde self erken het dat die rusie tussen die egpaar fisiek geraak het.

Die regter het gesê die bewyse dui daarop dat Rohde sy vrou met die vuis in die gesig geslaan, haar gewurg en haar met ʼn kussing versmoor het. Hy het toe probeer om haar dood na selfmoord te laat lyk.

Rohde het strak voor hom uitgestaar terwyl die uitspraak gelewer is. Salie-Hlophe het onmiddellik ná haar uitspraak Rohde se borgtog teruggetrek en gelas dat hy in aanhouding geneem word.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

ZAR ·

Kan iemand dalk vir my verduidelik hoe hy die badkamer deur gesluit het van buite af, hoe het die aanklaers dit verduidelik? Asb, as iemand weet.

jeremy ·

as ju huisgenoot ware lewens drama laasweek donderdag gekyk het…hulle het aangedui dat mens die badkamer deur slot van binne of buite met i minstuk kon oopsluit…die slotte is juis so gemaak indien iemand binne dringend hulp nodig het.

Nix ·

Blykbaar kan die badkamer deure van buite af met ‘n munstuk gesluit word, hulle het die landgoed se nutsman gevra om dit te demonstreet…..binne sekondes met ‘n enkele muntstuk was die deur gesluit van buite af. As dit my eggenoot was aan die ander kant van die deur sou ek nie vir ‘n nutsman gewag het met ‘n loper om die deur oop te maak nie, ek sou hom afgebreek het of soos ‘n mal mens om die gebou gehol het en deur die venster geklouter het….

Muntstuk ·

ZAR, daar’s ‘n glefie by die handvatsel aan die buitekant van die deur. Jy kan dit oopsluit met ‘n muntstuk.

my mening ·

kyk laas week se huisgenoot lewensdramas.

hul het daar gewys dat een van die joernaliste die deur kon oopsluit van buite af met ‘n muntstuk.

bo baas ·

mens kan daardie badkam er deur van buite of binne oopsluit sonder i sleutel,mens kan i 50c of selfs i 20c gebruik om deur van alby kante af oop tesluit vir sekuriteids redes

koos1 ·

Baie hotelle, gastehuise en openbare tiolette het die tipe slotte, wat ontwerp is om van buite oop en toe te maak, juis vir ‘n noodgeval.

HPV ·

Daardie tipe slotte is standaard op baie badkamer en toilet deure, dit kan van buite af gesluit of ontsluit word met ‘n skroewedraaier, tafelmespunt of selfs ‘n muntstuk.

Geoegia ·

Op VIA (dstv), het hulle tydens die program, ware lewensdramas, gedemonstreer dat die badkamerdeur met n geldstuk van buite gesluit kan word. Jy druk net die munt in die gleufie in en draai.

Sanna ·

Hy het sy kinders van hul ma ontneem en ook van n pa. Ek hoop die kinders tel hulle koppe op en gaan aan met hul lewens.

Maraai ·

Vertel die waarheid en maak jouself vrou. Dit is al hoe my en jou kinders en ander familie afsluiting gaan kry anders gaan die gebeure vir die res van jou lewe by jou spook en jou gek maak

Gert ·

Jy mag nie doodmaak nie. Baie goed dat borgtog geweier is. hoop die regter gee lewenslank.

Zylf ·

Op Kyknet laas week, is n program “Ware lewens Dramas” hierdie einste drama was laas week op gewees. Hulle wys dat n R2 of R5 muntstuk die deur van buite kan sluit.

Mienie ·

Wat ek nie kan verstaan is hoekom het die nutsman die deur met n loper kom oopsluit as hy geweet het hy kan net n muntstuk gebruik.

Hess ·

Ai boeta, mens maai wat jy saai. Geld kon ongelukkig toe nie, jou vryheid koop nie. Geregtigheid het geseevier. Kry haar familie nog baie jammer.

Koos de Meyer. ·

Die nuts man het provesioneel opgetree, hoekom moet hy die deur met ‘n munt oopmaak as hy ‘n loper het. Hy het wel gedemonstreer dat dit met ‘n munt oop of toegemaak kan word

Nel ·

Die arme kinders … Nou is daar geen ouer meer nie. Hulle lewens het drasties verander, hoe gaan daai man ooit aan hulle kan verduidelik? Dom besluit Jadon Rhode!!!

Nou wat nou? ·

Wat gebeur nou met die pateloog wat getuig het vir Jason en beweer het dat sy nie verwurg is nie…hy het gelieg of hy is onbevoeg om sy werk te doen…? Is daar enige nagevolge?

Niklaas ·

Geregtigheid moet seëvier. Die straf behoort gepas te wees.

Trudie ·

Ja, as dit my familielid binne was het ek niemand gebel om die deur oop te maak nie, ek sou daai deur afbreuk.

Hess ·

As die pateloog gelieg het en die vraag ontstaan of hy moet vervolg word, hoe vol sal ons howe nie wees nie, want die prokereurs lieg ook om hul kliënte los te kry. Hul vra seker elke sekond van hul lewe om vergewe te word want anders beland hul in die hel.

Abe ·

Maroela Media het deeglike verslag oor die uitspraak in hierdie saak gelewer. Baie dankie daarvoor. Doen asb. ook so met die vonnisoplegging.

marieta ·

nog een wat gedink het hy gaan wegkom….al wat hy gewen het was dat hy nie gaan hoef te worry wat gaan hy elke dag aantrek nie…maar die girl moes as medepligtige aangekla word want sy het sy vrou baie provoke…. geen simpatie van my vir hulle nie..

Niklaas ·

Baie lewens is onherstelbaar geraak deur hierdie dinge. Wonder hoe voel daai man se vriendin oor alles ? Hy het sekerlik gedink hy gaan wegkom , soos Panayoutou ook gereken het.

Siek en sat ·

Wel Jolene Alterskye hoop jy gaan vir hom gereeld pakkies aandra. Jyt immers gehelp om hom daar te kry.

anni ·

Ai Ai Susan as jy ni daai naweek saam gegaan het ni, het jy nog vandag geleef

VanAfrika ·

Hoekom moes sy nie saam gegaan het nie, sy was sy vrou????/

Foxi ·

Jammer Jason…..ek sou eerder aan my huwelik gewerk het as om agteraf met n skelmpie rond te rits en saam jamtertjies te eet. Ongelukkig het jy dit so geniet dat jy nie die werklikheid in die gesig wou staar nie, toe pleeg jy eerder n misdaad wat ook jou lewe verwoes het. Hek man…..wat het jy nou gedink mens.

Johan H. ·

Sy Geld is seker opgesuig deur die bloedsuiende lot,,,,Skuldig , tronk toe vir lank perd!!

Linda ·

Siek en sat, ek ondersteun jou mening !!! Eonder waar was sy gister toe Jason Rohde skuldig bevind was ???

AA ·

Die hartseerste is, net soos in die Panayiotou saak, die mans kon hul vroue gelos het. Was hulle nou bang hulle moes hulle geld verdeel omdat hulle iemand anders ontmoet het. Baie, ongelooflike selfsugtige mense. In plaas van net skei, moor maar jou vrou en dink jy gaan daarmee wegkom (geldjies met jou minnaar) – maar gelukkig het geregtigheid geskied in hierdie twee gevalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.