Jason Rohde hoor vandag sy lot

Jason en Susan Rohde Foto: Facebook

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde word vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Rohde, voormalige uitvoerende hoof van Sotheby’s in Suid-Afrika, is in November verlede jaar skuldig bevind op aanklag dat hy sy vrou, Susan Rohde, in Julie 2016 vermoor het. Hy het Kersfees agter tralies deurgebring by Pollsmoor-gevangenis ná sy aansoek om borgtog, hangende vonnisoplegging, deur regter Gayaat Salie-Hlophe afgekeur is.

Brenda Rohde, Jason se ma, het verlede week ter versagting van vonnisoplegging getuig. “Hy het ʼn hart van goud. Ek is baie lief vir hom, net soos sy pa, sy susters, sy tannies, ooms en neef en niggies. Hulle het hom deurgaans ondersteun. My kleinkinders is baie lief vir hul pa en ek vra die hof om toegeeflik te wees, al is dit net vir sy kinders.”

Brenda het aan die hof gesê haar seun “was nog altyd baie goedhartig en vriendelik”. “Ek weet dit is wat baie ma’s sou sê, maar Jason is ʼn goeie, lojale en sagmoedige mens. Hy is baie stil. Hy kan soms kwaad word, maar dan is hy stil en loop weg. As ʼn seun was hy baie goed vir ons. Hy was nog altyd daar vir ons.”

Twee van Rohde se vriende het vroeër oor sy karakter in die hof getuig. David Craig Livingstone, wat Rohde sedert 2015 ken, het die hof versoek om Jason in die belang van regverdigheid en empatie te vonnis.

ʼn Tweede getuie, Craig Fleischer, ook ʼn vriend van Rohde, het gesê: “Ek bid dat die regte besluit geneem en die regte vonnis vir Jason opgelê sal word.” Hy het aan die hof gesê Rohde se vriende is besorg oor hom en het hom “deur hierdie emosionele fase ondersteun”. “Daar is baie ondersteuning vir hom. Daar is vriende van Engeland wat gekom het om hom te ondersteun. Hulle sal ook graag hier wil wees vir die vonnisoplegging.”

Rohde is skuldig bevind op aanklag van Susan se moord en dwarsboming van die gereg omdat hy dit soos ʼn selfmoord wou laat lyk. Susan se liggaam is in ʼn geslote badkamer gevind in ʼn kamer by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch wat sy op 24 Julie 2016 met Rohde gedeel het. Sy het ʼn elektriese koord om haar nek gehad. Die koord was aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Alida ·

Wat maak dit saak hoe ander mense hom sien. Hy het sy vrou vermoor die Ma van sy kinders. Hy moet lewens lank kry. As sy lewe so ondraaglik was met haar hoekom het hy ni geskei ni, maar hy wou seker ni sy geld deel ni. Dis tyd dat die mense hul straf kry wat hul toekom.

Androclus ·

Presies,waarom sy ma ma kom pleit weet ek nie hy hoort agter trallies.Vuilgoed

rina ·

Gekyk na al die verwensing wil ek net se, hoe sou julle reageer het as dit jou man, seun kleinseun is wat dit gedoen het, Laat tog asb die oordeel aan ons Hemelse Vader oor, Hy sal regverdig oordeel, dit kom ons nie toe nie. Hou op om so lelik te wees, hou sy kinders en ouers ingedagte wanneer julle iets te se het of bly eerder stil

Lekker lag ·

Ongelukkig vir hom gaan die regter en nie die Hemelse Vader vandag die vonnis uitspreek omdat hy reeds hier op aarde skuldig bevind is aan moord en dwarsboming van die gereg. Of is dit nou lelik om dit te se ???

Agie ·

Ek hoor jou hart, Rina.
Tog moet ek van jou verskil.
Die moordenaar aan die kruis het gepleit…dink aan my. Hy het tot inkeer gekom en onmiddellik vergifnis gekry. Sy gees was vry en sy liggaam het gesterf. Ek dink ons moet dit mooi besef. Rhode het erken dat hy onder eed in die hof gelieg het…..hy sal maar laaaaaank moet sit en met sy eie nagmerrie stoei?

Swartwolf ·

Gruweldaad gepleeg deur sy vrou so te vermoor. Loverboy moet maar sy lot in die gesig star vandag dink dit gaan lig wees nie.

Stier ·

Ongelukkig sal hy nie die straf kry wat hom toekom nie die doodstraf is afgeskaf.

sakkie ·

ek wil regtig nie lelik wees nie, maar het hy sy kinders, sy ma en sy vriende ingedagte gehou toe hy sy vrou vermoor het.

Lana ·

Sakkie, ek stem saam, maar ek wil byvoeg – 1. Het hy aan Susan gedink en die feit dat sy die reg op lewe het?
2. Het hy aan Susan se familie gedink?
Verder wil ek sê – indien die hof versagting geen ter wille van sy kinders, skep dit ‘n president dat moordenaars wat kinders het maar kan aangaan en moor, want hulle sal vetsagting kry.

Christel ·

Hy verdien die swaarste straf. Hy is n moordenaar. Hy het sy vrou tot angs ens. gedryf met sy leuens en verhoudings. Boonop dit als het hy haar, nadat hy haar vermoor het, haar karakter in die hof afgebreek en gelieg om sy onskuld te probeer bewys. Haar naak aan n deur laat hang. Skaam jou. Die forensiese ondersoek het bewys dat jy haar vermoor het.
1. Wanneer n persoon moord pleeg – moet die gereg hom straf. Nie hom vergewe nie!! Die reg is daar om regverdigheid te laat geskied!
2. Die familie kan besluit of hulle die moordenaar vergewe.
3. Die moordenaar kan vergifnis gaan vra by God.

Katrynkie ·

Versagtende omstandighede??? Dink die karakter getuies end ondersteuners moet vir ‘n oomblik hul self in Susan se familie se situsie plaas en dink hoe hulle sou voel en sou optree as dit hulle geliefde was wat deur ‘n “lojale en sagmoedige” eggenoot met ‘n “hart van goud” vermoor is, en dan vra vir “regverdigheid en empatie” vir de beskuldige. Wat van regverdigheid en empatie vir Susan se families?

Johan ·

Die argument dat hy ‘n ligte vonnis moet kry ter wille van sy familie hou geen water. Die vonnis moet billik wees ter wil van sy vermoorde vrou. Hy is nie in die Hof omdat hy ‘n oulike familie het nie. Hulle is in die agtergrond. Hy is skuldig bevind dat hy sy vrou vermoor het. Dis waaroor dit gaan.

Carel ·

Rina
Ek sou hom persoonlik lewenslank laat toesluit het al was dit my eie seun
Hy is gemors en moet uit die samelewing
Verwyder word

Vra Net ·

Ek wil net weet, en dit is een ding wat my bitter kwaad maak…HOEKOM kan die ANDER vrou net aangaan met haar lewe? As sy haar bepaal het by haar eie lewe en nie in ‘n getroude man se lewe gekrap het en alles deurmekaar gekrap het nie, sou die tragedie dalk nooit gebeur het nie. Hoekom kan mans sowel as vroue nie getroude mense uitlos nie? Hier is ‘n hele familie uitmekaar geskeur omdat sy nie vir een sekonde gedink het aan dit wat sy doen is verkeerd nie….Ek voel sy moet ook aangekla word!

Aneyte ·

Nou praat jy n waar ding. Last dit n led weed vor elke man en vrou.

Snowball ·

Ek stem, tyd dat mense (mans en vrouens) besef jou “soulmate” is nie ‘n ander vrou se man, of ‘n ander man se vrou nie….jy lieg vir jouself. En jy speel met vuur!

Erwee ·

“Arm chair referees” hierbo, met die Bybel onder die arm, gereed om voor-vonnis-beslissings te gee!!! Miskien moes Mnr Rohde se regsverteenwoordiger hom probeer oortuig het om na sy skuldig-bevinding self na vore te tree (wie weet, miskien het hy). Miskien as hy sy dade erken het en regtig berou getoon het oor sy dade en sy gesin, familie en ander om vergifnis gevra het sou ‘n regter versagtende omstandighede kon oorweeg. Hy hou nog steeds by sy storie, selfs na skuldig-bevinding! Mag geregtigheid geskied vir dit wat hy oor homself gebring het. Mag hy tot inkeer kom en die pad van vergifnis stap ter wille van homself en die mense naaste aan hom. Mag sy kinders sterker en wyser hier-uit kom en mag ABBA hulle wonde verbind en versorg. Mag dit vir hulle almal ‘n omdraai-punt in hulle lewens wees. Mag dit vir die oorlewendes ten goede uitwerk. Mag Mnr Rohde die regte besluite vorentoe neem! ……………….. tensy hy werklik onskuldig is en die regter verkeerd is. Mag die bewyse daarvoor dan uitkom.

Marianne van Zyl ·

Was die minnares werklik die moeite werd? Of is sy besig om n nuwe huwelik te verwoes?

WIEBO ·

Laat hy sy sy tronkstraf kry en elke dag dink oor wat hy gedoen het. Ek wonder net wat dink sy skelmpie wat eintlik die bal aan die rol gesit het dat Jason moord gepleeg het. Sy kom nou niks oor nie, en ek dink nie haar gewete sal haar pla nie, want sy is gewetenloos om n verhouding te kon aanknoop met n getroude man. Jason moet ook sommer n paar jaar ekstra gevonnis word vir egbreuk! My vrou het ook rondgeloop, en weet waardeur sy oorlede vrou moes gaan. Dis glad nie lekker nie en het jarelange nagevolge.

Anette ·

En om te dink sy is ook die dogter van n ma en n pa. Waar plaas dit hulle . Voel baie kammer vir hul. Ou mense

RHG ·

Ek kan nie help om te wonder wat ‘n man na ‘n ander vrou dryf nie. Die mooigeit van eie vrou beteken niks as sy ‘n bakleierige mens is nie. (Ek praat im die algemeen).
Die skreeuery en kyfery op die aand van die bakleiery kon hom oor die rand gestoot het.
Ek praat geensins die geweldsmisdaad goed nie. Susan is dood. Die lesers weet nie regtig hoe dit in hul huis en huwelik was nie, tog is die persepsie dat sy onskuldig was.
Beskaafde mense skreeu nie op mekaar nie en slaan nie aan mekaar nie. Hier het die emosies oorgeneem, sy is dood en hy sit vir die res van sy lewe met die gewetenslas. Wat mens doen, is nóóit net jou eie saak nie. Dit kring uit en raak baie ander mense. Vir een familie is dit ‘n geliefde wat vermoor is. Vir ‘n ander familie is dit ‘n geliefde wat ‘n moordenaar geword het. Beide kante toe is ewe tragies.

Pop ·

As buitestaanders ander mense se huwelike respekteer sal daar baie minder ongeluk in die lewe wees. Kinders se lewens word verwoes, huwelike eindig in skeihowe en moorde word gepleeg, oor mense in n huwelik inmeng.

Lindtjies ·

Die gras is nie altyd so groen aan die anderkant nie. As jy die gras aan jou kant natlei sal dit nie verdroog en doodgaan nie. Dit is die grootste vernedering om deur jou man/vrou verkul te word. Susan wou veg vir haar huwelik maar moes toe in die proses met haar lewe boet. Dit was darem nie regverdig nie, sy het dit nie verdien nie. En die minnares gaan aan met haar lewe asof niks gebeur nie.

Blom ·

Wie sê hy het nie sy skelmpie verlei nie? Hierdie was nie ‘n beplande moord om sy vrou uit die weg te ruim nie. Die minnares kan nie hiervoor blameer word nie. Dit het gebeur uit woede in ‘n bakleiery. Ek kan verstaan dat as mens begin slaan, jy nie kan ophou nie. Groot tragedie.
Kinders is hul ouers ontneem en ook die mimnares moet verder leef sonder die man vir wie sy lief is, ongeag die verkeerdheid van die verhouding. Die hele land weet nou ook van haar. Sy ly vir seker ook. Hê tog net genade vir ‘n ander siel.

Essie ·

So n pragtige vrou vermoor net om jou heil by ander te soek

Arion ·

ek hoop daar wag vir jou ‘n helde verwelkoming met ‘n pragtige uitrusting

Dunsie ·

Hy moet lewenslank kry. Seker gedink met sy geld en aansien gaan hy met moord wegkom. Dalk moet haar dogters die ander vrou dagvaar vir iets. As sy nie betrokke was nie het hulle dalk vandag nog n moeder gehad. As jou eggenoot nog nie ň affair gehad het nie, weet jy nie wat dit aan die kinders en ma/pa doen nie. As jy juk kry vir jou ň truksvy bos. Sy moet ook ‘betaal’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.