Jason Rohde mag appelleer teen skuldigbevinding, vonnis

Susan Rohde.

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer, is in die appèlhof toegestaan.

Rohde (50), ʼn Johannesburgse sakeman, het sy vrou, Susan, in Julie 2016 in ʼn hotelkamer op die Spier-landgoed vermoor. Hy het die toneel na ʼn selfmoord laat lyk.

Die hooggeregshof in Kaapstad het hom in Februarie vanjaar 20 jaar tronkstraf opgelê.

Regter Gayaat Salie-Hlophe het Rohde tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en vyf jaar tronkstraf op aanklag van regsverydeling. Sy het beveel dat drie jaar van die tweede vonnis samelopend met die eerste vonnis uitgedien sal word, wat beteken Rohde sal effektief 20 jaar agter tralies deurbring.

In April het Salie-Hlophe Rohde se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer van die hand gewys.

Hy het hom daarna tot die appèlhof gewend.

EWN berig die hof het Dinsdag sy aansoek toegestaan.

Rohde gaan volgens berigte ook weer om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

jo ·

So as jy moord pleeg mag jy oor en oor appelleer? Solank jy nie DIE WOORD se nie. Ai

Skaap ·

Snaaks hoe daar n ooreenkoms is tussen almal wat in die eiendoms bedryf is …..

HM ·

Ai nog n uitgerekte saak wat net nie einde het nie. Verhore sloer ook te lank.

ne ·

Skelpmie betaal seker onder die tafel deur. Ons regstelsel in SA stink.

fish ·

Mense daar is baie mense wat appelleer en soms word die besluit omgekeer oor nuwe bewyse of oor die regter net nie die ou gelike het nie. Kyk na daai 2 ouens wat skuldig bevind is oor die laaitjie wat hulle van die bakkie af gegooi het kamtig. Bewyse kom uit dat die oog getuie gelieg het. I rest my case.
Die bewyse wat hulle die ou in die tronk gegooi het maak nie vir my sin nie. “Faceprint in die kussing” nie vir my genoeg bewyse omte se hy het haar vermoor nie. Sy kon in die kussing geskree omdat sy kwaad vir hom was. Verder het hy baie goed bewys hy het haar nie gehang nie want tot die naadoodse ondersoek beampte kon nie se of sy verwurg was of haar self gehang of deur die kussing versmoor was nie. Plus as ek reg kan onthou het hulle makeup in die kussing gekry wat die “Face print” gegee het en toe hulle haar liggaam kry het sy geen makeup op gehaat nie , maar kan verkeerd met daai een wees.

Sê maar net ·

Ek stem 100% saam met fish. Rhode is nie skuldig nie. Susan was beslis ‘n neurotise vrou en ek verstaan Rhode wou al ‘n egskeiding gehad het maar sy wou nie. Hierdie was haar manier om wraak te neem. Dr’s kon bewys dat sy op antidepresante was en dat sy al selfmoord nygings gehad het.

VanAfrika ·

@Fish en Sê maar net, gaan volg weer die saak, veral na die pataloog se bevinding. Hy het haar ribbes gebreek met sy knieg soos hy haar teen die bed vasgedruk het en gewurg het. Hy het ook self die deur gesluit want n sleuteldeskundige het gewys hoe die deur van binne en buite gesluit kan word om dit te laat lyk soos self moord, veral met die tipe slot wat aan daardie deur was. Die feit dat haar ribbes gebreek was en die kolle op haar liggaam het die pataloog n ander bevinding laat kry. Volg asb die saak behoorlik voor julle hom onskuldig verklaar.

Gaan lees die saak oor Chris Watts en Shan’Ann Watts en wat daardie man aan sy twee dogtertjies en vrou gedoen het omdat hy n buite egtelike verhouding gehad het en hy blameer nogal die dogtertjies se moorde op sy vermoorde swanger vrou wat haarself nie kon verdedig nie. Gaan kyk hoe die man gelieg het om homself los te kry en sy eie kindertjies het geboet vir sy origheid. Kom sê dan vir my of Rhode onskuldig is.

Pop ·

@fish, kyk bietjie wat doen n vis in n vistenk. Hy swem al in die rondte en hap na lug. Aan en aan. Hierdie man is n moordenaar sonder berou. Paar manne hier wie se vrouens seker ook nie wil padgee nie.

Landie ·

Dalkies het die mense hierbo die saak nie behoorlik gevolg nie. Die beserings wat Susan Rhode aan haar liggaam gehad het kon nie opgedoen word as sy selfmoord gepleeg het nie. So dink maar weer. Mnr Rhode kan maar appeleer tot die perde horings kry, hy is so SKULDIG soos kan kom.

Gert van Wierdapark ·

Wonder wie borg sy appelletjie!? Miskien was hy en Markus Jooste tjommies gewees? Ek Wonder maar net. Daar is mos nie einde aan die outjies se miljoen/biljoene nie, en die Banke het hom ook mooi uitstel gegee vir die paar Randjies wat hy hulle nog skuld!!! Hy besit mos skynbaar sy eie sous-trein wat hy jare aan gewerk het!

Lana ·

Susan kan nie appelleer of om borgtog aansoek doen nie!!
Jason mag dis ook nie!!
Net regverdig.

Magda ·

Geen borgtog nie – hy is 100% skuldig en verdien niks minder as lewenslank tronkstraf – nie 20 jaar nie – Hoop sy aansoek slaag nie.

Theresa ·

Hy het meer regte as wat arme Susan gehad het. Hy gaan nou seker borg ook kry en aangaan met sy lewe. Wys jou nou net…………………………….

CHAPPIES ·

Geweldig jammer,vir hul kinders en familie beide kante,wat agterbly en moet aangaan met hul lewens.
Ennn…jaa,laat ek maar eerder, mý opinie vir mysélf hou…!
MAG REG EN GEREGTIGHEID GESKIED

jean ·

Sjoe!….Wat ookal…mag geregtigheid net geskied. Persoonlik hoop ek dit word teengestaan.

Valerie ·

‘n Veroordeelde moordenaar. Sy appêl sal misluk. Skande, skande, skande.

Barry ·

Ek glo as ek deur die getuienis in die “pampiere ” gelees het hy is skuldig
Laat maar sien wat die toekoms oplewer.Hoop maar in my hart sy appel slaag nie
Barry
Thailand

anton ·

Ek weet nie of hy skuldig is of nie maar kan wel sê dat alles wat in n hof gebeur nie altyd noodwendig regverdig is nie!!!Soms word eerlike en ware getuienisse verwerp en die wat gelieg het sin word aanvaar!!! Mense moet ophou om te glo dat alles wat in n hof gebeur altyd 100% regverdig is.
Ek praat van persoonlike ondervinding ook.

Naas ·

Ek hoop die appélhof vermeerder sy tronkstraf na 30 jaar effektief.

Lindtjies ·

Susan Rhode het geen regte gehad nie. Dit is haar nie gegun nie. Haar lewe is kortgeknip deur haar wellustige man en sy sogenaamde minnares is net so aandadig. So as hy nou appèl aantteken dan kan hy seker weer al die drade van sy lewe optel en aangaan assof niks gebeur het nie. Hoe uiters siek. Dit gebeur tog dat die appèlhof die vonnis vermeerder. Weet van baie sulke gevalle.

Pop ·

Apel regters moet dit vermeerder na 30 jr. Hyt gans te lig afgekom. En nog steeds geen berou????

Barry ·

Moet se ek sal nie treur as sy straf vermeerder word en dit kan gebeur.
As hy 30 jaar kry is hy uit na 15 jaar maar as hy lewenslank kry 25 jaar geen parool voor die 25 jaar verstreke is nie
Selfed vir Packham wie sy vrou vermoor en verbrand het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.