Jason Rohde mag na dogters terugkeer

Rohde tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Skermskoot eNuus-video

Rohde tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Skermskoot eNuus-video

Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, sal toegelaat word om terug te keer na sy dogters in Johannesburg tot sy volgende verskyning in die Stellenbosch-landdroshof.

eNCA berig Rohde het vandag weer in die hof verskyn, waar landdros Greg Jacobs hom verlof gegee het om terug te keer na sy huis in Bryanston. Rohde is op 30 Augustus op borgtog vrygelaat, maar kon volgens sy borgtogvoorwaardes nie die Wes-Kaap sonder toestemming verlaat nie en het in die tyd by sy swaer in Melkbosstrand tuisgegaan.

Sy verdediging het Vrydag aangevoer hy moet na Johannesburg terugkeer omdat hy die risiko loop om sy werk te verloor indien hy nie daar is om sy pligte uit te voer nie. Rohde se regspan het ook gesê die saak is baie traumaties vir sy dogters en hy wil spesifiek sy 18-jarige dogter bystaan, wat nou haar matriekeksamen moet skryf.

Die staat het hierdie versoek teengestaan en gesê Rohde is tydelik by Sotheby’s geskors en hoef dus nie in Johannesburg te wees vir werk nie. Dit het ook aan die lig gekom Rohde het na bewering sonder die nodige toestemming dubbele burgerskap van Suid-Afrika en Australië gekry. Die staat het in die lig hiervan gesê hulle kan nie waarborg dat Rohde nie ʼn vlugrisiko is nie.

Jacobs het egter Rohde se versoek om terug te keer na Johannesburg toegestaan en sy borgtog verleng. Die saak is uitgestel tot 27 Januarie volgende jaar.

Rohde staan tereg op ʼn skedule 5-aanklag van moord op sy vrou, Susan (47). Haar liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Rohde beweer sy het selfmoord gepleeg, terwyl die staat aanvoer Susan is verwurg. ʼn Private patoloog en staatspatoloog wat verskillende nadoodse ondersoeke gedoen het, is dit nie eens oor hoe Susan gesterf het nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Alida ·

Ek kan regtig geen rede sien hoekom hy nie na sy kinders toe kan gaan nie. Ek is bly oor die bevel. Die man is nog nie skuldig bevind nie en mens kan sien dit is ‘n beskaafde opgevoede man met ‘n ordentlike werk. Die klippe gaan seker nou weer rol soos met die OP saak. Die mense wat so klippe gooi moet objektief wees. Hierdie is nie ‘n misdadiger soos die duisende wat elke dag mense doodmaak en daarmee wegkom nie.

Madsi ·

Selfs ‘n “beskaafde opgevoede man met ‘n ordentlike werk” is in staat om moord te pleeg…….en soos jy uit wys “hierdie is nie ‘n MISDADIGER soos duisende ander wat weg kom met moord”…..

Francois le Cochon ·

@Alida. Jy weerspreek jouself. Jy noem dat hy nog nie skuldig (of dan onskuldig) bevind is nie, maar terselfde tyd noem jy ook dat hy nie ‘n misdadiger is nie. So jy het hom alreeds onskuldig be vind. Wat as hy sy vrou doodgemaak het, en hy kom daarmee weg weens swak polisie ondersoek?

Hannelie ·

Alida “looks can be deceived”. Moenie dat sy vroom, kry-my-jammer gesiggie jou flous nie. Ek het hom nie “skuldig” bevind nie, glad nie. Maar kom ons wag maar vir die hofsaak en uitspraak. Mens sou net dink jy ken hom persoonlik. Ek weet niks van hom nie. Maar moordenaars hoort agter tralies.

vytjie ·

Alida – Ek glo nie hy is skuldig nie. Te veel teenstrydighede. Dalk skuldig aan ander dinge, maar betwyfel moord.

Alida ·

Dankie Vytjie. Kom ons wag maar vir die bloedhonde om weer kommentaar te lewer.

Interessant ·

Ek dink dit is baie interessant dat hy onwettige dubbele burgerskap aansoek intussen kan doen en dit is ok. Soos julle sê, hy lyk ordentlik en ek dink nie hy sal vlug, net baie interessant. Dit is egter ‘n hartseer saak en ek voel vir die kinders wat meer as ons tussen 2 vure sit. Sonder Ma en aangekla van Pa as moontlike moordenaar. Sterkte ons dink aan julle. Die gereg moet egter sy gang gaan as hy dit gedoen het sal ek wil hê hy moet net soos alle ander behandel word, nie bedoelende gewone misdadigers nie, mens kan duidelik sien indien dit so is, is dit in die hitte van die stryd. Ek voel net sy het ‘n reg op lewe gehad en dit moet deur die MRK beskerm word.

Wonder-maar-net ·

As ek die berig reg verstaan, het hy nie “intussen” aansoek gedoen vir burgerskap in Australië nie, ek dink hy het dit al lank terug gedoen, dis ‘n hele proses en gebeur nie net in ‘n maand of twee nie. Dit het wel nou eers aan die lug gekom dat hy dubbele burgerskap in SA en Aus het – en toe hy destyds aansoek daarvoor gedoen het was dit seker goedgekeur sonder nodige toestemming.

Rottweiler ·

Alida, ons wag nog so bietjie….daars nog nie genoeg om spoor te vat nie……

Alida ·

Ja wel ek hoop nie die arme man word ook so gekruisig soos die arme OP nie. Hy is ook nie ‘n misdadiger nie. Wag en kyk wat gebeur. Elke saak het sy eie meriete.

ToffieProffie ·

Mens kan nie onwettige dubbele burgerskap van Australie en SA kry nie. Dit is onmoontlik – die proses werk nie so nie. Wanneer jy aansoek doen vir Ausraliaanse burgerskap word alle vorige “burgerskappe” automaties gekanselleer TENSY jy spesifiek vra om dit te behou. Die proses om jou bestaande burgerskap te behou word deur die betrokke regerings gehanteer en is heeltemaal uit jou hande, en heetelmaal onderhewig aan hulle diskresie.

Hulle sal jou laat weet. Die enige resultaat van die proses is dat jy OF Aus burgerskap het OF Aus + Ander land se burgerskap het. So eenvoudig soos dit.

Dit klink rerig asof die Staat oneerlik is met hulle bewerings. Die kwessie van “onwettige” dubbele burgerksap aansoek het absoluut geen impak as ‘n vlug risiko nie. Slegs permanente residente kan aansoek vir burgerskap wat beteken dat a.g.v. hulle residensie status hulle alreeds kan kom en gaan soos hulle wil in Australie. Die ENIGSTE verskil tussen ‘n resident en ‘n burger is dat burgers mag stem en residente nie. Verder is hulle gelyk in die oë van reg….Dus as hy wil vlug kan/kon hy alreeds. Daar is ook ‘n uitleweringsooreenkoms tussen Aus en SA. So, selfs vlug hy dalk soontoe gaan hulle hom spoedig terugstuur.

Martin ·

Sy het haarself so min opgehang as wat ek myself opgehang het.

Francois le Cochon ·

@Martin. Stem nogal saam, veral omdat haar lyf vol “ou” blou kolle was wat besig was om te genees, asook “nuwe” blou kolle wat sy net voor haar dood opgedoen het. Of was sy iemand wat gedurig in goed vasgehardloop het !!

Anoniem ·

Martin…Ek stem saam….Hier is meer agter die storie as wat daar voorgele word aan die howe…….

Alida ·

Ons buurvrou is ook vol blou kolle – oues en nuwes. Sy loop heeltyd ‘n hangkas raak.

Kiepie ·

Die verwysing na “opgehang” is baie misleidend. Volgens verklarings in die eerste borgaansoek het sy nie “gehang” nie, sy het op haar knieë op die vloer gestaan met die koord wat om haar nek gebind was en aan die kraan of handoekreëling (kan nie onthou watter een nie) vasgemaak was. Ek weet nie wat hier gebeur het nie maar ek dink nie ‘n mens kan jouself so “hang” nie.

Ja nee ·

Ja nee, ek wil darem ook sien hoe spring die hangkaste etc so voor die vrou in, in daai grote huis. Ek kan nie glo sulke goed gebeur nog vandag nie!

sjoe ·

Sjoe Alida, dit is jou plig om haar te oorreed dat sy haar hangkas ‘n slag moet laat toesluit om van die nare gewoonte ontslae te raak. Net ‘n kwessie van tyd of sy is ook in die koerante nie vir die plesier, maar omdat sy nie meer met ons is nie. Skakel die welsyn, gesins geweld eenheid, ek was nou so ruk terug saam met ‘n paar van die dames op ‘n vlug oorsee en kyk hulle is on top of it. Hul sal die vrou ten volle ondersteun met respek en beskerming. Die vrou is al so gewoond, sy dink dit moet so wees, daarom moet ons op die kantlyn dit rapporteer en die vark hangkas vasvat.

Marianne ·

Volgens pataloë het sy selfs gebreekte ribbes gehad wat besig was om te herstel….vroeëre beserings…..klink regtig vir my of hier gereeld aanrandings was. Nee wat…….weet nie van hierdie “beskaafde” man nie….

Ceward ·

Geld wat stom is… maak reg wat krom is… n een miljoen rand borg voorwaarde beteken hierdie is n swaargewig saak, die staat sou nie so n hoë premie geplaas het as daar nie n risiko was nie. Ander ouens se boeke is maar duister. Dat daar groot geld gevloei het is seker.

Anoniem ·

Ek sien of lees eerder dat n mens die toiletdeure van die hotel waar alles afgespeel, met n R 2 of R 1 stuk kon oopmaak ….. Dit se ook baie ne……. Laat mens verder dink……

Maria van Dieweeck ·

Wat is n vrou se lewe werd? Hulle het die vorige nag woes baklei weens sy gerondlopery, Ek self as kind sou my pa glad nie wou sien nie! Wat as hy wel skuldig is? Arme kinders. As mense net kan besef waaarvoor hul opteken as hul daai stap neem om ontrou te wees. Almal kan ook maar weer hul mooi engeltjie OP ophaal, hy is n misdadiger en moordenaar. Hy het die land se wette oor vuurwapens oortree( n paar maal) hy het moord gepleeg. Mag die mense die lig sien.

Martin ·

Hoe gaan hy sy kinders in die oë kan kyk!. Die arme vrou was vol ou kneusplekke en dit laat reeds talle vrae ontstaan.
Mense kan nie net op hulle uiterlike geoordeel word en sê hulle “lyk” ordentlik nie. Gaan kyk gerus maar weer hoe lyk van die mans wat hulle vrouens aanrand. Gewoonlik steek die vrou dit weg en dan is mense agterna verstom omdat hulle nie kan glo of selfs vermoed het dat die man ń vroueslaner is nie.

Adeline ·

Wat ookal, ek hoop uit my hart dat hier geregtigheid sal wees vir hierdie vrou, niemand verdien om so te sterf nie.

Marlene ·

Met ń goeie regsspan en simpatieke regter kan hy wegkom. Kyk nou maar vir Oscar. !

Draadhondjie ·

Gelukkig het ons ‘n regstelsel wat skuld of nie sal bepaal en die regte straf sal ople.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.