Jason Rohde: ‘My vrou was woedend oor minnares’

Jason Rohde (Foto: ANA)

Jason Rohde en sy vrou, Susan, het ʼn fisieke onderonsie gehad nadat sy verneem het dat hy steeds in ʼn buite-egtelike verhouding met een van sy kollegas betrokke was.

Rohde het in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig dat sy vrou “woedend” was die aand van haar dood nadat sy verneem het dat Rohde steeds ʼn verhouding met sy kollega, Jolene Alterskye, gehad het.

Die Rohde-egpaar het die naweek van 22 tot 24 Julie 2016 Sotheby’s International Realty se jaarlikse geselligheid by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch bygewoon. Alterskye was ook by die geleentheid.

Susan het glo reeds in Februarie 2016 van die verhouding te wete gekom wat na bewering al in Junie 2015 begin het. Rohde het Susan glo probeer oortuig dat hy die verhouding beëindig het.

Susan en Jason Rohde. Foto: Facebook

“Sy was absoluut woedend. Sy het my betrap saam met my minnares nadat ek herhaaldelik vir haar gesê het dat ek haar [Alterskye] al ʼn paar maande nie meer sien nie,” het Rohde getuig.

Volgens Rohde wou hy die kamer wat hy en Susan by die Spier-wynlandgoed gedeel het, verlaat. Susan het hom egter probeer keer. Volgens Rohde wou hy na sy kollega se kamer gaan aangesien Alterskye daar was.

Hy het aan die hof gesê “daar was ʼn kombinasie van fisieke bewegings” en dat hy Susan in ʼn stadium aan haar nek beetgehad het om haar uit die pad te probeer kry sodat hy die kamer kon verlaat.

Staatsaanklaer Louis van Niekerk het aangevoer dat Rohde ook vir Susan teen ʼn muur vasgedruk en gewurg het. Hy het dit egter ontken. Volgens Rohde kon hy uiteindelik daarin slaag om die kamer te verlaat, maar Susan het hom agternagesit. Sy het glo buite sy kollega se kamer gestaan en daarop aangedring dat Rohde uitkom.

Rohde tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Skermskoot eNuus-video

Rohde het getuig dat die onderonsie met Susan voortgeduur het nadat hy by die kamer uit is. Van Niekerk wou weet hoekom die onderonsie sou voortgaan aangesien Susan daarin geslaag het om Rohde uit die kamer te kry. Rohde het herhaal dat sy vrou “woedend” was en dat die rusie daarom voortgeduur het.

Van Niekerk het Rohde daarvan beskuldig dat hy ʼn leuenaar is, en daarop gewys dat hy nie eerlik was oor die fisieke bakleiery met sy vrou ure voor haar dood nie.

Van Niekerk het aan die hof gesê Rohde het in sy verklaring aan die polisie gejok en wou ook weet waarom hy gesê het dit was ʼn “meningsverskil”, hoewel hy aan sy skoonpa erken het dat hy en sy vrou baklei het.

Jason en Susan Rohde Foto: Facebook

Susan se liggaam is kort daarna in die egpaar se hotelkamer gevind. Sy het aan ʼn elektriese koord gehang wat oor ʼn haak agteraan die badkamerdeur geglip was.

Rohde het gesê hy was verleë toe hy sy verklaring aan die polisie gegee het, want sy familie was ook teenwoordig. “Wel, toe ek my verklaring afgelê het, was ek saam met my familie. Wie wil voor sy familie erken dat hy met sy vrou gestoei het?”

“So, jy het gejok,” het Van Niekerk volgehou.

“As jy daardie woorde wil gebruik, dan ja, ek het gejok. Vir my was dit egter nie ʼn leuen nie, maar soos ek gesê het, ek was verleë,” het Rohde geantwoord.

Die saak word Maandag hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Sanna ·

Alterskye is seker nou weer “beskikbaar”. Wie sal nou wil uithang met iemand wat van moord verdink word?

Genieve ·

Jy sal nie hiervan los kom nie. Jyt nooit dit in die begin gese nie en noem jy alles op wat gebeur het maar sy is nie hier om haar kant van die storie te vertel nie.

Oujongvrou ·

Ek was nie mal oor my pa nie maar tenminste het hy my ma nooit verneder nie. Stomme kinders. Kom n kind of jongmens ooit oor sulke skokke???

Rissiepit ·

Nee ek dink nog elke dag aan alles al is ek nou in my vyftigs. Elke dag se koerant opskrifte en tydskrifte laat my aan alles in die verlede dink! Geen sielkundiges en Kerke kan help vir alles wat in my geheue is nie!!!

Popsa ·

Rissiepit, nie die kerk nie, maar God Self kan deur die bloed van Sy Seun álles wat in jou geheue is wegneem. As jy in volkome opregtheid vir Hom vra…

Jan Seerot ·

Geagte Rissiepit, Popsa is so reg. Jesus Christus het self nie eers die vrou wat op heterdaad met owerspel betrap is, veroordeel nie.
My sonde was net so groot, maar God is getrou. Hy het my, nee óns vergewe. Jy moet nou net jouself ook vergewe. Dit is die moeilikste gedeelte. Staan sterk. Glo in God. Glo in jouself. Groete.

Susan ·

Kry vir jou Mnr Rohde! Jy wil mos rondneuk – KRY VIR JOU!!! Jou arme vrou – SIES VIR JOU! JY MOET SIT!

Penellope Jones ·

Kan sy kwalik geneem word dat sy ‘woedend’ was . . . . . .

Carel ·

Sy vrou kan nie kwalik geneem word nie, maar hy is onskuldig aan moord.

Regtig Carel en Lola? ·

Issit? Was jy daar of is jy familie? Van waar ek kyk wat objektief is lyk hy redelik skuldig.

Leser ·

“Regtig Carel en Lola”, almal is geregtig op hul eie opinie, en jy ook. So wat daarvan as daar mense is wat glo hy is onskuldig? Was JY daar of is JY familie? Ek hoop maar dat geregtigheid sal geskied, watter kant toe ookal.

LALIE ·

Sy was ‘n pragtige vrou .. jy het haar waardigheid aangetas met die verhouding . en dit nogals so oop en bloot . almal het daarvan geweet . Ek sou ook woedend wees . wat het van SKEI geword?? Ek is jammer maar ek hoop jy ry aan die pen vir die lewe van hierdie pragtige vrou.

Wynand ·

Was julle al in so n’ verhouding? Julle vsal geoordeel word soos vjulle oordeel

LB ·

Ek neem aan jy was al in so ‘n verhouding want jy klink simpatiek? Was jy al aan die onvangkant van so ‘n oneerlike vertrapping van jou siel? Al die leuens, die verwerping en sleg wat daarmee gepaard gaan wat om jou hang soos ‘n vuil jas. Hy is ‘n gesonde volwasse man met gesonde oordeel en het gekies om sy pragtige vrou te verkul en daarmee saam sy familie te vernietig. Trou beloftes, selfrespek, respek en eerbied vir die huweliksmaat wat eens goed genoeg was, waar was dit? Hy moet vat wat na hom toe kom, ek glo beslis nie daardie vrou sou haarself hang sonder om te dink aan twee jong dogters vir wie sy lief is nie. Alle rondlopers, mans en vrouens moet mooi oplet en leer uit hierdie mense se foute.

LB S ·

Die liewe lustigheid! Dit het al sovele mense soveel hartseer besorg. My simpatie lê by hulle dogters, pragtige jong meisies wat se lewe vir altyd verander is. Hoe moet hulle nou oor hul pa voel en ma is nie meer daar nie, selfmoord of moord, sy is weg vir altyd!

Alete ·

Ek was oortuig daarvan dat hy skuldig is. Namate ek my indink oor alles wat gebeur het dink ek hy is onskuldig. Die man het sy vrou verneuk, maar ek glo nie hy het haar vermoor nie. Indien hy wel onskuldig is sal dit tragies wees as hy vir jare lank tronk toe gaan omdat hy ontrou was. Dan moet die helfte van die mans wat ek ken, toegesluit word.

Oeps! ·

Ek dink ook hy het haar nie vermoor nie. Onthou net almal hammer nou op die man wat haar verkul het. Vir elke getroude man is daar omtrent net soveel getroude vrouens wat hulle mans verkul.

Alete ·

Cherokee, was die geval nie so tragies nie, sou ek jou kommentaar ammusant gevind het. Probeer in vervolg by die onderwerp bly indien jy ‘n stuiwer in die armbeurs wil gooi.

Carel ·

Regtig, van waar “kyk” jy? Jou objetiwiteit is vol oordeel. Ek was nie daar nie en is nie familie nie, maar sonder oordeel is dit ‘n objektiewe siening van die reaksie wat tussen hulle plaasgevind het. Jy sien dit uit hoe jyself sou optree, daarom vind jy hom onmiddellik skuldig aan moord.

Komaan Carel ·

En jy vind hom onmiddellik ONSKULDIG aan moord trwyl jy self erken jy was nie daar nie en jy is ook nie familie nie. Ek kan nie wag dat hy saam met Oscar sy straf kry nie .. Van WAAR KYK JY?

JANEE ·

Sal dit nie wonderlik wees as alle egbrekers /rondlopers kan boet met tronkstraf nie…ons trokke sal te klein wees.

Sjoe ·

Sjoe dit bly maar moeilik, dat hy definitief goed afgerig is en skerp is, is so. Vir my egter, maak nie saak wat verder gebeur – hy is direk of indirek verantwoordelik vir haar dood en ek hoop hy maak reg met sy kinders, dit is die groot lydende party hier, haar ouers en familie ook.

Marietjie ·

Dit was nie sommer net ‘n verhouding nie Wynand. Dit was ‘n huwelik wat hy op waardige manier moes beïndig het.

Vanessa Moore ·

Sy vrou was pragtig. Ek kan dink sy was woedend en teleurgesteld in hom. My vraag is net as die verhouding beëindig was wat wou hy nog by die ander vrou gaan maak het. Ek neem sy vrou glad nie kwalik dat sy opgetree het soos wat sy het nie. Ek sou dit ook verloor het, bedoelende haar woede. Sy moes hom ongelooflik lief gehad het want anders sou sy hom net gelos het. My persoonlike opinie is (indien hy onskuldig bevind word) dat hy en die “ander vrou” net gaan voortgaan met die verhouding. Ek skaam my vir die ander vrou, sy het geweet hys getroud so ek hoop sy weet dat sy net so skuldig is aan alles, maar hoe sê hulle die wiel sal draai vir haar en hom. Ek het al hoeveel keer gehoor dat sulke verhoudings i.e.g. nooit hou omrede daar dan ook wantroue ontstaan as hulle uiteindelik saam is. Arme Susan moes deur hel gegaan het deur hulle selfsugtigheid.

Mary ·

Ek veroordeel nie een van hierdie twee partye nie, en niemand sal regtig weet wat gebeur het nie. Ek wil net n beroep doen op getroude paartjies om te dink aan daai belolfte wat hulle voor God gedoen het toe hulle getroud is. As jy weet n man of n vrou is getroud, hou jou hande van van hulle af. Daar is baie ongetroude mense wat graag n maatjie wil he, hoekom n ander vrou se man vat en skelm vry. Nee man dink twee keer voor julle so iets doen. Sterkte aan almal wat betrokke is en ek hoop die kinders daan ok wees.

Ronelle ·

Ek het ook aanvanklik aan sy onskuld geglo maar hoe meer ek die saak volg en sien hoe hy optree, hoe meer begin ek twyfel. Sy was voorwaar ‘n pragtige vrou en ek glo hy wens menigmaal hy kan die horlosie terugdraai – maar nou ja, spilled milk …

Absoluut ·

Absoluut Ronelle, ek dink ons almal se draai punt het gekom, toe hy getuienis aanpas om die vingermerk op die nek te plaas. Sooo sinneloos, waar gryp jy iemand aan die nek om uit die pad te druk.

Amelia ·

Eish, eintlik moes sy hom uit woede vermoor het. Dan het dit nog sin gemaak. Ek neem aan hy wou nie skei want hy wou nie die helfte van sy skatte opgee aan iemand wat hom versorg het nie.

TLC ·

Ek kry ook gevoel dat hy haar nie vermoor het nie maar wel indirek verantwoordelik is vir haar dood Ek was daar Baie baie lief vir my man en elkekeer het hy weer en weer my in grond in getrap en wou nogsteeds my ook he Ek het vergewe weer en weer maar nooit vergeet nie Gelukkig weet ek al vir 12+ jaar waar presies is hy Maar as hy skuldig bevind word gaan ek hom nie jammer kry nie Want ek dra nogsteeds letsels van daai seer

TLC ·

Ek kry ook gevoel dat hy haar nie vermoor het nie maar wel indirek verantwoordelik is vir haar dood Ek was daar Baie baie lief vir my man en elkekeer het hy weer en weer my in grond in getrap en wou nogsteeds my ook he Ek het ???vergewe weer en weer maar nooit vergeet nie Gelukkig weet ek al vir 12+ jaar waar presies is hy Maar as hy skuldig bevind word gaan ek hom nie jammer kry nie Want ek dra nogsteeds letsels van daai seer

Pop ·

Griet ja, elke saak het 2 kante. Hier is die een kant dood en die ander kant gaan suinig om met die waarheid.

Wilma ·

Ek was 38jaar getroud en vind tu eers uit my ex man het n leuen gelewe ali jare. Sal nooit wee iemand vertrou. Gelukkig op my eie

Ronel ·

Snaaks dat hy jok “uit skaamte” vir n bakleiery met sy EIE vrou, maar hy is nie skaam om openlik met die ANDER vrou om te gaan nie. Ek dink hy was geirriteerd dat sy vrou hom weer uitgevang het en sy naweekpret bederf het. Om vingermerke op n nek te laat verg n redelike hardhandige vashou (o ja, sy kneus mos maklik). Ek dink sy ego was gekneus, daarom was hy so skaam. Narssis!!!!

Maryna ·

Egbreker, leuenaar, moontlik ‘n moordenaar… eish. Sy sou beter af gewees het sonder so ‘n man, as sy hom net geskei het. Sy het so baie gehad wat in haar guns kon werk as sy net ‘n nuwe lewe aangepak het. Ai dis hartseer.

Hartseer ·

Dis onbeskryflik jammer dat ‘n huwelik van twee sulke mooi mense met drie sulke pragdogters só kon eindig. Na alles is dit prysenswaardig dat hy ten diepste verantwoordelikheid aanvaar vir sy vrou dood. Tog was daar drie mense betrokke in hierdie bitter intense saak. Hoe vat jy bloot ‘n man (van ‘n ander vrou, die pa van drie kosbare jong meisies) vir jouself asof optelgoed hougoed is? Watter rol speel die vreemde vrou in hierdie hartseer verhaal? Die Bybel draai nie doekies om oor haar nie. Die huwelik is verwoes. Susan het vir maande gely. Nou is sy dood. Jason word aangekla van moord. Sy naam en sy beroep is daarmeeheen. Maar watter rol het die derde party in diepte en waarheid gespeel in hierdie tragedie? Waar is haar weergawe? As sy maar die integriteit gehad het om ‘n huwelik te respekteer. As…as… Ek glo dat die skok om die realiteit te sien (en te besef dat haar huwelik finaal verby is), Susan selfmoord laat pleeg het. Ek glo haar man praat die waarheid. En die Bybel is steeds waar: Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? Maar alle hoop is nie verlore nie, pa en dogters. God kan steeds alles nuut maak. Ten spyte van. As ons Hom toelaat.

Popsa ·

Ja, Hartseer. So skuldig soos hy aan sy vrou se dood is, so skuldig is ook die vreemde vrou. So verantwoordelik soos hy vir die vernietiging van Susan is, so ook die vreemde vrou. Sy is die een wat hom, sy vrou en hulle dogters se lewens verwoes het. Nou kom sy skotvry. Verdwyn. Behalwe vir die vretende gewete… Laat mens dink aan Dawid, Batseba en Uria, Batseba se man, wat onskuldig ‘n heldedood moes sterf. Dit was baie verkeerd in God se oë. Dawid en Batseba is diep pynlik gestraf, maar tog het God daarná vergewe en herstel. Ons almal kan veel leer uit hulle lewens.

Buffel ·

Hoe durf sy vies gewees het oor jou rondgeneukery ? Jy is die groot tier ? Toe vermoor jy haar. Jou FD.

Oom Kalahari ·

Sjoe hier word darem lelik vuur gespoeg, maar nou-ja die meeste van ons almal reg deur die jare was maar iewers betrokke, maar steek die ou geraamtejie weg in die kas en speel onskuldige jantjie. Daar moet darem ook mense wees wat met ons gewesw Pres moes meeding. ‘n sosatie stokkie het heelwat vleis stukkies nodig.

Toni ·

Ja wat. Hierdie is nie grappies nie hoor. Lewens is verwoes en dit krap baie mense wat kommentaar lewer se wonde oop wat ook deur ‘n lewesmaat se ontrou vernietig was. Praat namens jouself as jy ook agter die deur gestaan het.

Ek ook ·

Aan hierdie verhaal is daar soveel gebeurtenisse wat steeds pynlik deel van my verlede is. Emosioneel het ek, soort van, n plekkie vir als gekry maar fisies, Ja; dis n ander verhaal. Dae, maande, selfs jare word jy geestelik en fisies so afgekraak/afgebreek tot daar weinig van jou oorbly. Jy aanvaar maar al die “ek is jammer” en hoop dit hou op maar dit duur net n paar dae en dan word jy gepeper met afbrekende woorde en sterk hande wat jou so onsettend seermaak. Jy spandeer ure voor die spieël soggens om al die sigbare blou kolle weg te steek. Jy bly maar want jy hoor daagliks hoe swak en vrot jy is – wie sal jou wil hê. Jy is n nul! Tot daar iets of iemand op jou pad kom en genoeg omgee om jou hand te neem en jou te help om veilig te bly en leef! Ek sal my “Engel” altyd dankbaar wees!
Hierdie arme vrou wat soveel moes verduur…. my trane vloei vrylik vir haar. Mag sy nou in vrede rus want ek dink nie sy het baie vrede in haar, relatief, kort lewe gehad nie! Die een aan wie sy “Ja” voor gesê het, het haar liederlik gevaal en so ook haar mede-mens!

My pennie ·

Hy was kwaad oor sy hom verneder het en uit daai kamer gaan haal het voor sy minnares. Hy was nie net kwaad nie maar woedend. Sy het dalk tekere gegaan en hy het haar in sy woede verwurg en haar toe opgehang sodat dit lyk na selfmoord. Sy was so maer, ek kan nie dink dat sy haarself op so ongemaklike angle sou kon doodmaak nie. Hierdie was n passiemoord.. Of eerder ‘n woede moord. Hy was dik vir haar geteem oor sy verneukery. Hy wou vry wees om sy luste uit te leef. Neewat hy is skuldig. Ek voel jammer vir die dogters. Hy en sy ou aanhangsel het baie lewens verwoes. Pleks erken hy eerder soos daai jong outjie met die Stella mesisies. Daai outjie het terrible goed gedoen maar ek het darem respek omdat hy soos ‘n man sy skuld erken en sal boet vir sy dade. As hy erken maak gee hy gouer kans vir sy kinders om aan te kan gaan met hul baie hartseer lewens.

Martin ·

Jason Rohde dis normaal dat jou vrou sou woedend wees. Het jy gedink sy sou verheug wees dat jy besig was met owerspel?
En Jolene die minnares? Erken jy jou aandeel in ń onskuldige vrou se dood? As jy in die toekoms nie ń ongetroude man kan kry nie, bly enkellopend.

Riana ·

Vroue moordenaar! Lyk soos ‘n vroue verneuker… sies man!

Moeniemetmysukkel ·

Sy oorlede vrou het hom lig daarvan laat afkom. Ek sou gewag het tot hy slaap en hom met n krieketkof gemoker het daar waar dit juk…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.