Jason Rohde-saak: ‘Staat se bevindings is foutief’, sê verdediging

Reggie Perumal in die hof 6 Junie. Foto: ANA.

Reggie Perumal, die forensiese deskundige wat deur Jason Rohde aangestel is, het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof die bevindings van Akmal Coetzee-Khan, die staatspatoloog, betwis. Coetzee-Khan voer aan dat Susan Rohde dood is as gevolg van ʼn tekort aan suurstof nadat sy versmoor en verwurg is.

Rohde word daarvan beskuldig dat hy sy vrou verwurg het en dit laat lyk het of sy selfmoord gepleeg het.

Perumal, wat op Rohde se versoek ʼn tweede outopsie uitgevoer het, het getuig dat heelwat van die staat se bevindings ná hul outopsie foutief was en het ook beweer daar is foute begaan met die berekenings op die misdaadtoneel om die tyd van dood te bepaal.

Perumal meen een van die fundamentele beginsels vir ʼn student in forensiese patologie is om die presiese tyd van dood te bepaal.

Adv. Graham van der Spuy, vir die verdediging, het Perumal gevra oor sy kommentaar oor die beweerde verkeerde berekenings aangesien dit ʼn belangrike rol speel in terme van Rhode se skuldigbevinding al dan nie.

Jason Rohde. Foto: Ayanda Ndamane/African News Agency(ANA)

Die staat het Dinsdag aangevoer dat Rohde Susan versmoor het. Die verdediging voer aan dat Susan haarself gehang het na ʼn geveg met Rohde oor sy minnares, Jolene Alterskye, wat ook in dieselfde hotel was die aand van haar dood.

Perumal het op navraag van Van der Spuy aangedui dat hy nie enige beserings aan haar liggaam aangetref het wat nié strook met Rohde se weergawe van die gebeure nie.

Hy het verder getuig dat sommige van die beserings wat hy aangetref het, algemene skedelbeserings was wanneer ʼn persoon gehang het. Die hof het verder gehoor dat die meeste liggaamsdele nie in ag geneem is tydens die eerste outopsie nie.

Volgens Van der Spuy het Deidre Abrahams, die Wes-Kaapse hoof van forensiese patologie wat teenwoordig was toe Coetzee-Khan die eerste outopsie uitgevoer het, beweer dat Susan se regterlong erg beseer was ná ʼn aanval deur haar man en dat daar bloed in haar maag was en dat sy [Abrahams] aanneem dat dit van die long afkomstig was en in die maag beland het.

Perumal het dit betwyfel en gesê volgens hom was die bloed van ʼn neusbesering en het die bloed met die slukderm af beweeg na die maag.

Hy het aangevoer dat daar minder as 200 ml bloed aangetref is en dat die bron van daardie bloed ook in ag geneem moet word wanneer ʼn nadoodse ondersoek gedoen word.

Die saak duur Donderdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

regtig ·

Sy is so mooi vrou. Hoekom rond loop hoekom nie skei en aanbeweeg nie…? Al word hy nie skuldig bevind nie en sy het haarself gehang is dit steeds sy skuld sy kon nie met die feit dat sy nie goed genoeg was deal nie. ons mag nie oordeel nie maar God slap nie ou maat!

Sjoe ·

Buiten dat die man dink hoe stadiger jy in die hof praat en staan en dink hoe meer geloofwaardig is jy, is dit hartseer wat mense sal doen vir n paar rand, dit is seker n hele paar rand. As hy dan nou voel dit is van n neusbesering, wonder ek wie haar so hard geslaan het, of nee volgens Rhode doen sy mos als self aan haar. Dit is so belaglik, arme kinders……..

Lana ·

Perumal praat teen sy beter wete! “Minder as 200 ml bloed” in maag aangetref, beteken om en by 200 ml. Dit is te veel om van die neus te kom. Dit kom van ‘n ander plek. Ek stem saam met patoloog. Dis afkomstig van die long. (Hier is beslis ‘n paar rand op die spel).

Wonder net ·

Kry dieselfde idee oor skotvry uitstap. Sou die staat se pataloog foute gemaak het wonder ek net weereens oor die bevoegdheid van baie in sekere poste.

Verder ·

Verder moet n mens getuienis weerle nie ander getuienis se karakter of bevoegdheid takel nie. Ek dink Coetzee-Kahn is innoverend en skerp & Abrahams het beslis bevoeg deurgekom en weet waarvan sy praat.

kas ·

In watter berig het hy die bekentenis gemaak.Ons lees nie dieselfde berigte nie.

Koos ·

Rohde gaan tjoekie toe. Dit gaan nog ‘n rukkie vat, maar hy gaan. Hou maar dop. Koos het gepraat!

PIPPIE LANGKOUS ·

Ek hoop van harte dat hy skotvry afkom van hierdie liederlike saak!!! Hy het nie sy vrou vermoor nie, sy het selfmoord gepleeg. Ek was in presies dieselfde bootjie as sy, en wou telke male dieselfde aksie deurvoer. Het nog net nooit die moed gehad nie. Alkohol laat jou anders reageer en dink. Die ou het erken hy het sy vrou verneuk en is indirek verantwoordelik vir haar dood, maar hy het haar nie self doodgemaak nie.

Nie ernstig ·

Jy is nie ernstig nie, was jy daar – dan moet jy inspring en getuig vir die man, hy is in die moeilikheid. Sy getuienis is aangepas met ‘n flou verskoning dat hy skaam was voor die familie om te erken en toe kom dit uit, hy weet hul het geweet…… As jy jok, moet jy ‘n baie goeie geheue hê!!!! Anders byt hy!!!!! Waar stoot jy iemand aan sy nek uit die pad!!!

Verstaan ·

Ek hoor wat jy sê, Pippie Langkous. Kan ook verstaan dat Susan moontlik selfmoord kon pleeg. As ‘n huwelik vir baie jare mooi was, is dit méér as onbeskryflik seer as jou huweliksmaat van jou onttrek, wat nog te sê as daar ‘n derde persoon in die situasie is. Dit is beslis genoeg om ‘n vrou tot selfmoord te dryf. Vir hierdie vrou was haar man haar lewe. En toe hy sê dis klaar, was dit vir haar die einde van haar lewe. Ja, hy is die oorsaak van haar dood deur die buite-egtelike verhouding waarin hy was, maar ek dink nie hy het haar vermoor nie. Tog ironies. Juis deur haar dood het sy geslaag daarin om die buite-egtelike verhouding wat haar so bitterlik laat ly het, te verbreek…

Mielie ·

Die ou praat met geloofwardigheid. Ek kom tot die gevolgtrekking dat hy Rohde goed gecoach het vir sy verhoor. Ek sal graag kruisondervraging wil sien, alhoewel ek glo hy goed sal deurkom. Ek sal ook graag wil weet presies hoeveel hy verdien met die saak en of dit sy gewone tarief is, of is hy baie meer aangebied en dit nie kon weier nie. Perumal het eintlik n baie goeie reputasie . Hy het glad nie in OP saak getuig nie en ek dink een van die redes is Gerrie Nel en die ander was heelmoontlik dat hy nie die hof anders kon oortuig nie. Hy het n goeie kans om Rohde los te kry.

Blommie ·

Wat vir my hartseer is die feit dat sy kinders elke dag moet sien en hoor van hulle pa se verhouding en wat hy alles “PER-ONGELUK” aan hulle ma gedoen het.
Dit is darm maar baie erg, baie sterkte vir sy kinders!
Mens kan nie help om te wonder hoekom?? nie.

Denise ·

Ek glo nie sy het dit gedoen nie al was sy hoe woedend !!!!

Natuurlik nie ·

Die klomp bloed is glo van haar neus af, so sou sy haarself nou so op die neus slaan, vir wat. Hoe meer uitkom hoe naarder raak mens.

LVH ·

Ek twyfel nie ‘n oomblik dat hy sy vrou vermoor het nie. Sou hy tog om een of ander rede onskuldig bevind word, en blyk dat sy vrou selfmoord gepleeg het, is hy alsnog medepligtig. Dit was deur sy toedoen dat sy dit gedoen het. (Sou sy selfmoord gepleeg het, maar ek glo nie)

Penelope ·

Watter forensiese deskundige se woord vat jy nou? Is dit moontlik dat daar 200ml bloed van haar neusbloeding af in haar maag kon loop… Dit is nou al telkemale bewys dat forensiese deskundiges ‘n saak kan maak of breek. Wie sal nou die mees bevoegde een wees om te glo? Hoop nie die saak gaan ook langer uitgerek word nie…..

jean ·

Genugtig!….as ek woedend was, vermoor ek hom, pleeg nie selfmoord. En wat is makliker om hom liewer te los en jou eie paadjie te loop?

Sy was so pragtig…sekerlik sou sy in haar hartseer weer liefde kon vind…..

marous ·

Waarom moes daar ‘n privaat pataloog aangestel word as hy so seker was dat sy vrou haarself opgehang het ? Is dit omdat daar dalk besef is dat die staatspatoloog se bevindings nie gaan strook met die gebeure nie , en dit ‘n vraagteken oor sy weergawe gaan plaas? Waarom het was die privaat pataloog nie by toe die staats pataloog die ondersoek gedoen het nie? Eers gewag vir die verslag en toe gespring vir ‘n teenstrydige bevinding ? Was die staats pataloog by toe die tweede ondersoek gedoen is ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.