Jason Rohde terug in hof

Rohde tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Skermskoot eNuus-video

Rohde tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Skermskoot eNuus-video

Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, sal na verwagting vandag in die Stellenbosch-landdroshof hoor of hy toegelaat sal word om terug te keer na sy dogters in Johannesburg.

Rohde is op 30 Augustus op borgtog van R100 000 vrygelaat. Hy moes die bedrag onmiddellik betaal om uit polisie-aanhouding vrygelaat te word. Hy moes ook teen 14 September ʼn bankwaarborg aan die hof verskaf vir R1 miljoen.

Volgens Rohde se borgtogvoorwaardes het hy, sedert sy vrylating, by sy swaer in Melkbosstrand tuisgegaan. Hy moes ook drie keer per week by ʼn polisiestasie aanmeld. Rohde mag ook nie sonder die toestemming van die ondersoekbeampte of die staatsaanklaer naby vertrekpunte van hawens of lughawens kom nie en hy mag nie die Wes-Kaap sonder toestemming verlaat nie.

Rohde se regspan het tydens sy vorige verskyning versoek dat hy toegelaat word om terug te keer na sy huis in Bryanston, Johannesburg en sy drie dogters, waarvan een tans in matriek is. Landdros Greg Jacobs het toe gesê hy sal vandag daaroor besluit.

Hy staan tereg op ʼn skedule 5-aanklag van moord op sy vrou, Susan (47). Haar liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Rohde beweer sy het selfmoord gepleeg, terwyl die staat aanvoer Susan is verwurg. ʼn Private patoloog en staatspatoloog wat verskillende nadoodse ondersoeke gedoen het, is dit nie eens oor hoe Susan gesterf het nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.