Jason Rohde: Verdediging hou vol dit was selfmoord

Forensiese patoloog dr. Izak Loftus (7 Augustus 2018) Foto: David Ritchie/ANA

ʼn Forensiese patoloog het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig dat die vrou van die moordbeskuldigde Jason Rohde haarself agter die badkamerdeur van die Spier Wynlandgoed-hotel naby Stellenbosch gehang het.

Rohde, die voormalige uitvoerende hoof van Lew Geffen/Sotheby’s International Realty, staan tereg op aanklag dat hy sy vrou Susan op 24 Julie 2016 vermoor het.

Dr. Izak Loftus het Dinsdag aan die hof gesê hy is van mening dat Susan haarself die oggend van haar dood gehang het.

Susan se liggaam het van ʼn elektriese koord aan ʼn haak agteraan die badkamerdeur van die egpaar se kamer gehang.

Jason Rohde (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Loftus het gesê dit is vir hom belangrik dat die hof nie hom moet beskou as iemand wat gehuur is nie, maar dat hy daar is om die hof te help en so objektief as moontlik te wees om die wetenskap en die wet bymekaar te bring, en daarom is hy ʼn forensiese patoloog.

“Ek sal dus instem dat daar altyd ʼn 1% of 2%-kans is dat dit iets anders kan wees, maar soos wat ek hier staan, glo ek, soos ek vantevore gesê het, bo redelike twyfel, dat sy só gesterf het.”

Rohde, wat erken dat hy ʼn buite-egtelike verhouding aangeknoop het wat tot spanning en konfrontasies met sy vrou gelei het, ontken skuld op aanklag dat hy sy vrou vermoor en dit soos ʼn selfmoord wou laat lyk.

Die saak hervat Woensdag.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shame ·

Hoeveel geld het hy nog? Hoeveel forensiese pataloë gaan hy nog huur om vir hom te getuig?

Anoniem ·

Almal is nie altyd te koop nie… Daar is altyd 2 kante van ‘n storie. Wie is jy om te oordeel?

Cherokee ·

Ons wag Anon, om te sien of jy die guts gaan hê om, as die saak afgehandel is, afgesien van wat die uitslag sal wees, vir die regter te vra wie hý is om te oordeel. Natuurlik sal jy dit nie doen nie.

Ou Koos ·

Cherokee, weet jy dat die regter in die saak ‘n “sy” is? Dit laat mens wonder oor jou ingeligtheid oor die hele Rhode aangeleentheid en die draagkrag van jou opinie.

Oop oge ·

Enige getroude man of vrou – ongeag die omstandighede – het `n verpligting teenoor God om getrou aan sy/haar ander helfte te bly tot “die dood ons skei” … in die teenwoordigheid van menige getuienise, voor die aangesig van die Here.

Girlfriens, boyfiends en owerspel is `n vloek in die oë van die Here want dit het dieselle emosionele effek as moord en verkragting op die ander party en is `n absolute verbreking van `n Goddelike ooreenkoms.
Enige owerspeler mag miskien vrygespreek word op aarde, maar voor die aangesig van die Here sal hy of sy altyd vuil en skuldig wees.
Uitsluitlik ware (Skriftuurlike) bekering voor die aangesig van God en die lydende party, kan jou vryspreek van God se oordele ….

Galasiers 5:19-23
19 Now the works of the flesh are evident: sexual immorality, impurity, sensuality,
20 idolatry, sorcery, enmity, strife, jealousy, fits of anger, rivalries, dissensions, divisions, 21 envy,[d] drunkenness, orgies, and things like these. I warn you, as I warned you before, that those who do[e] such things will not inherit the kingdom of God.
22 But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, patience, kindness, goodness, faithfulness,
23 gentleness, self-control; against such things there is no law.

Die mens se ondersteuning en oordeel aangaande God se Woord bewys die oorsprong van die boom en sal uiteindelik in sy bestemde rigting val…….

Ook n vrou ·

Die feit dat di vrou bloed gesluk het, dat daar tekens is dat haar neus en lugweg toe gedruk was, wat daarvan? Soos dr Abrahams gesê het, sy het n pynlike dood gesterf. Ek glo dit was n geweldadige aanval wat haar gedood het. Hy lyk en tree allermins soos n mak lammetjie op. N mens kan net hoop dat so versmoring+verwurgings dood nooit oor n mens se pad sal kom nie! Die regter sal al die feite opweeg.

christa ·

Die Bybel se nie verniet geld is die mamon nie. So baie mense val vir geld. Omkoopkeld nog beter want jy hoef nie daarvan te verklaar nie

Andre ·

Dis was moord – verwurg en toe gehang of gewurg tot dat sy bewusteloos was en toe gehang om dit klaar te maak as selfmoord. Vergeet sy “Spin Doctors”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.