Jason Rohde-verhoor: ‘Dit was ʼn hangdood’

Jason Rohde. Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag gehoor wat ʼn forensiese patoloog meen die oorsaak van Susan Rohde se dood is.

Susan se man, Jason Rohde, staan in die hof tereg op Susan se moord. Die staat voer aan Rohde het sy vrou vermoor en dit soos selfmoord laat lyk terwyl die verdediging aanvoer Susan het haar eie lewe geneem.

Dr. Izak Loftus, die patoloog wat deur Rohde se verdediging opgeroep is om te getuig, meen die geldige oorsaak in Susan se geval is ʼn hangdood.

Adv. Graham van der Spuy, Rohde se regsverteenwoordiger, het Loftus gevra of die elektriese koord voor of ná haar dood om haar nek geplaas is.

“Ek glo dat die ligatuur toegepas is terwyl die persoon steeds lewend was en sy ʼn hangdood gesterf het,” het Loftus getuig.

“Volgens my mening dui die bloedingsgebied op haar vel dat dit deur die ligatuur veroorsaak is onderwyl sy gesterf het.”

Loftus het gesê hy kan nie ander oorsake van die beserings aan haar nek uitsluit nie, maar volstaan met sy mening dat sy weens ʼn hangdood gesterf het.

Die saak is tot 6 Augustus uitgestel wanneer Loftus na verwagting kruisondervra gaan word.

Die Rohde-egpaar het die naweek van 22 tot 24 Julie 2016 Sotheby’s International Realty se jaarlikse geselligheid op ʼn wynlandgoed buite Stellenbosch bygewoon. Susan se liggaam is in die egpaar se hotelkamer gevind. Sy het aan ʼn elektriese koord van ʼn krulhaartang gehang wat oor ʼn haak agter aan die badkamerdeur geglip was.

Lees die vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

CJ ·

Net Jason Rohde sal waarheid weet. Was Susan half “versmoor” en toe opgehang of het sy dit alles self gedoen? Soveel vrae …

Wat as ·

Wat as Jason Rhode regtig onskuldig is? Ek dink dis beter om die saak van alle hoeke te bekyk sodat reg en geregtigheid sal geskied, al vat dit hoe lank.

Leon ·

Ek stem saam… hierdie man kan tog seker die voordeel van die twyfel geniet totdat hy skulding of onskuldig bevind is. Almal is so vasgevang in onlangse gebeure (van Breda, Steenkamp, Pistorius) dat dit amper nou gegewe is dat hierdie man ook skuldig is. Laat die reg sy gang loop en indien die man skuldig is, straf hom – maar indien hy onskuldig bevind word moet ons mense seker bietjie wakker skrik en onthou dat ons nie so vining ons oordeel moet fel nie.

Andre ·

Jason vertel die waarheid en spaar ons belasting geld asb! Daar is nog baie sake na jou wat wag! Jou verdediging sal aan hou blah blah tot jou geld op is. Maar wat se jy dan weer vir jou kinders as jy die waarheid praat?

Gaap ·

Gaaaaap. Stuur tog net tronk toe. Ons nasionale gesprekke het belangriker dinge as rykmanne wat uit tronk probeer bly.

Ai Ai! ·

Ja gaap lekker wonder wat gaan jy doen as hy onskuldig in ‘n tronk gaan sit, want ek dink hierdie man is onskuldig. Die publiek het hom klaar skuldig bevind en gevonnis so wat maak dit saak.

Priscilla ·

Sy is verwurg met die koord en toe opgehang terwyl sy bewusteloos was sodat sy verder kon hang totdat sy dood is…..

marous ·

Maklik om sy onskuld en eerbaarheid te bewys . Ondergaan vrywilliglik ‘n poligraaf toets in die hof . Slaag hy , loop hy . Slaag hy nie dan sit hy.

kas ·

Ongelukkig word die poligraaftoets soos hiepnose nie in howe aanvaar nie.Hierdie saak kan beide kante toe gaan Rhode kan skuldig of onskuldig wees.Dit gaan afhang wie se saak is die sterkste die staat of die verdediging.Dit lyk vir my in die stdium of Susan wel selfmoord kon gepleeg het

Andre ·

Jason is onskuldig, ongelukkig het die regter klaar haar besluit gemaak en hy gaan tronk toe gaan. Maak nie saak wie wat sê nie, sy gaan `n onskuldige man wegvat van sy kinders. Sterk women’s lib in daai regter, dit is jammer dat sy in so `n gesags posisie sit.

Blommie ·

Gesags possisie my VOET, mens wil uitdeel maar nie ontvang nie.
Hoeveel pyn en vernedering moes hierdie vrou net nie deur gaan nie.
Net omdat die man in die 1ste plek sy broodjie wil gebotter en konfyt he!!!
Hoekom is daar soveel lafaards, wat rondloop en nie n ruggraat het om te se weet jy wat MY huwelik werk nie. Nee dis te lekker o, die lekker van die lewe aan altwee kante te he.
Toe word hy KEELVOL oor die vrou hom lastig val terwyl HY maar net WEER n goeie tyd wou he en verloor sy KOEL.
So jammer in n ongelukkige huwelik kan niemand opstaan en se tot her toe en nie verder nie. Nee want ons soek ALLES

Koos de Meyer. ·

Blommie ek stem saam. Hy het egbreuk gepleeg en die dood moet ‘n oorsaak hê. Hy is die oorsaak want dit is deur sy toedoen dat sy dood is. Hoop van harte dat geregtigheid sal geskied en dat geld wat stom is in die geval nie sal reguit maak wat kom is nie.

Helen ·

Ditto, te veel moordenaars met geld kom weg met moord in die land. Ek hoop vir eenkeer sal geregtigheid geskied.

Denise ·

Ek stem saam met Blommie,Koos en Helen ek glo nie vir een oomblik dat sy haarself opgehang het nie wat sy wel nodig gehad het is sy ondersteuning deur die erg teleurstelling wat sy moes verwerk en dit vat tyd of jy nou n vrou is of man so iets is n groot skok!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.