Jason Rohde ‘verlig’ oor hofbeslissing

Rohde tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Skermskoot eNuus-video

Rohde tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Skermskoot eNuus-video

Jason Rohde, die man wat aangekla word van die moord op sy vrou, is verlig dat hy kan terugkeer Johannesburg toe.

“Tydens hierdie moeilike tyd sal die terugkeer na Johannesburg hom moontlik toelaat om ʼn sekere sin van normaliteit te bereik,” het Daniel Witz, een van Rohde se regsverteenwoordigers, aan Maroela Media gesê.

Rohde se regsverteenwoordigers het Vrydag in die Stellenbosch-landdroshof aangevoer dat Rohde nou ʼn enkelouer is en dat sy drie dogters deur die media geïdentifiseer is. Hulle het aangevoer Rohde is desperaat om sy dogters te beskerm en dat hy dit nie kan doen as hy in die Wes-Kaap moet bly nie.

Rohde se oudste dogter is in matriek en moes volgens sy regspan koshuis toe gaan omdat Rohde nie by haar kan wees nie. Sy ander twee dogters is in die koshuis in die Oos-Kaap, maar moet tydens die skoolvakansie saam met hom tuis wees.

Sy verdediging het ook aangevoer hy moet na Johannesburg terugkeer omdat hy die risiko loop om sy werk te verloor indien hy nie daar is om sy pligte uit te voer nie.

Die staat het hierdie versoek teengestaan en gesê Rohde is tydelik by Sotheby’s geskors en hoef dus nie in Johannesburg te wees vir werk nie. Dit het ook aan die lig gekom Rohde het na bewering sonder die nodige toestemming dubbele burgerskap van Suid-Afrika en Australië gekry. Die staat het in die lig hiervan aangevoer hy kan nie waarborg dat Rohde nie ʼn vlugrisiko is nie.

Landdros Greg Jacobs het egter Rohde se versoek om terug te keer na Johannesburg toegestaan en sy borgtog verleng. Die saak is uitgestel tot 27 Januarie volgende jaar.

Rohde staan tereg op ʼn skedule 5-aanklag van moord op sy vrou, Susan (47). Haar liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Rohde beweer sy het selfmoord gepleeg, terwyl die staat aanvoer Susan is verwurg. ʼn Private patoloog en staatspatoloog wat verskillende nadoodse ondersoeke gedoen het, is dit nie eens oor hoe Susan gesterf het nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Justice ·

Ek wonder nog die heeltyd hoe bly jy by jou skoonouers wanneer jy vir die moord op hul dogter aangekla word.

Mariaan ·

Ja Boetman. Dis hoe dit hier gaan. Nou gaan dit nie meer oor die slagoffer nie, die beskuldigde se regte en belange word mos nou beskerm.

louis ·

Nuusbrokkies kom deesdae tweekeer op my foon deur. Gee asb aandag aan die probleem dankie!!

E. M. ·

Mnr. Rhode, hoop dat dit onder omstandighede goed gaan met jou, die familie en vriende. Dit is ‘n verskriklike tragedie maar daar sal weer lig aan die einde van die tonnel wees. Ek dink aan julle en bid vir julle.

Justice ·

Ek wonder nog die heeltyd hoe bly jy by jou skoonouers wanneer jy vir die moord op hul dogter aangekla word.

lynette ·

Justice, jy kan by jou skoonfamilie bly want hulle ken jou al jare en weet jy is nie skuldig nie.

Mariaan ·

Lynette … hy het nié by sy skoonouers gebly nie. Wel by sy sustee en swaer.

Justice ·

Goeie standpunt Lynette- ek hoop werklik dat jy reg is vir die kinders se onthalwe.

suster sêra ·

Ek wens hom alle sterkte toe en hoop sy onskuld word gou bewys.

Martin ·

Mense, vergeet julle dat die man ń affair gehad het? Dis bevestig! Hy was die nag van die moord by sy minnares in die hotel. Sy vrou het hom daar gaan soek en ń rusie het ontstaa wat deur gaste gehoor is. . Vergeet julle dat hy nie sy vrou wou saamvat ja die konferensie nie? Sy vrou was vol ou kneusplekke en beserings.
Die feite spreek harder as wat goedgelowiges wil glo.

suster sêra ·

Nou ja toe regter Martin – klaar veroordeel sonder verhoor en gevonnis. Koning Dawid het ook ‘n affair gehad en het gemoor. Waar kry jy die selfvertroue verdaan om sommer summier te veroordeel? Oppas tog vir die kort swepie …

Alida ·

Wat op aarde het oorlede Dawid se kapperjolle met hierdie aangeleentheid te make???
Sover my kennis strek het die antie met wie oorle’ Dawid die ding gehad het, of die koning se vrou, nie die emmer geskop het nie.

E. M. ·

Martin, ek was ongelukkig nie soos jy op die toneel toe sy vrou gesterf het nie. Ek het ook nie soos jy al die bewysstukke voor my nie en kan hom dus nie skuldig bevind nie. Ek wens hom, die hele familie en almal wat deur die tragedie geraak word maar net sterkte toe, want dit moet bitter swaar wees. Dankie.

suster sêra ·

Well said, E.M. Ek kan soms nie glo hoe veroordelend mense is nie! Kry niemand dan ooit meer die benefit of the doubt nie? Gee bietjie binnevet, seblief!!

Sjoe ·

Sjoe vuurwarm, ek stem ons moet nie oordeel nie, dit is ‘n tragedie, ek wens vir sy dogters en familie dat dit nie so is nie, maar werklik die staat sou nie so ver gaan sommer net nie, ek vermoed ook elke moontlike manier sal gebruik word om hier uit te kom, as hy onskuldig is gun ek hom dit, maar as nie, moet hy sy straf kry, geeneen het die reg oor lewe en dood, maak nie saak hoe goeie mens jy is nie, verder is hier geen per abuis kans nie.

Martin ·

E.M ek was nie op die toneel nie maar ek lees die feite waarop die staat hulle saak basseer. Die staat delf ook dieper, dis hoekom daar ander bewyse soos bv ou beserings gevind is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.