Jason Rohde vra weer borgtog

Argieffoto van Jason Rohde. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die sakeman en veroordeelde moordenaar Jason Rohde sal eers volgende week hoor of sy jongste aansoek om borgtog suksesvol was.

Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag uitspraak voorbehou in sy aansoek om borgtog, nadat die appèlhof verlede maand toestemming gegee het dat Rohde teen sy vonnis appelleer. Hy vra vir borgtog hangende die uitslag van dié appèl.

Rohde voer in hofstukke aan hy wil op borgtog vrygelaat word sodat hy na sy sakebelange kan omsien en sy kinders finansieel kan onderhou.

Rohde dien tronkstraf van 20 jaar in die Drakenstein-gevangenis uit vir die moord op sy vrou, Susan, asook vir regsverydeling omdat hy die moord soos ʼn selfmoord wou laat lyk.

Susan se liggaam is ʼn toegesluite badkamer gekry van die kamer wat sy in Julie 2016 met Rohde by die Spier-wynlandgoed in Stellenbosch gedeel het. ʼn Elektriese koord was om haar nek gedraai en was aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak.

Adv. William King, Rohde se regsverteenwoordiger, tydens die aansoek. Rohde was nie vandag self in die hof nie. (Foto: Brendan Magaar/ANA)

Regter Gyaat Salie-Hlope het Rohde in Februarie vanjaar tot 18 jaar tronkstraf vir die moord gevonnis en vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Drie jaar van laasgenoemde vonnis word gelyklopend met die vonnis vir moord uitgedien.

Salie-Hlope sal volgende Donderdag uitspraak lewer in die borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Martin ·

Waar sit sy ore? Regter Hlope moet hom sommer nog ‘n paar jaar gee op sy vonnis.

Deloris ·

Hoe dik vellig en arrogant… Sit papa sit jy wou mos jou kinders se ma dood maak….

toy ·

Dit voel vir my dit gaan nie regtig oor sy besigheid nie. Daar steek iets anders in die storie van hom wat borg wil he, mens kan verkeerd wees.

wilma ·

So jammer hy het nie eerder aan sy kinders gedink wat sonder ‘n ma sou wees nie.

Niklaas ·

Gaan ons almal nie verskriklik verbaas wees as hierdie galant se wildste drome waar word en hy borgtog kry ? Dis so verregaande dat ek wonder of hy nie net n kans vat of dalks verwronge sin vir humor het. Belaglik , maar snaakse dinge is al toegestaan in SA howe. Die man is skuldig aan moord van sy vroutjie ,wie niks verkeerd gedoen het nie. Nou wil hy uitkom om sakebelange op te pas. Moes hy nie vroeer daaraan gedink het nie ? Hy redeneer nou soos die bylmoordenaar Henry v Breda. Borg moet toegestaan word en vinnig ook ,mense…

Miekie ·

As al die pappies wat hulle vroue vermoor en nou aansoek doen om borgskap en dit dalk tien teen een kry. Waarvoor is daar wette en tronke. Liewe land vermoor jou vrou nou is dit sekere koud in die tjoekie in die winter.

Justice ·

Susan wil ook borgtog he net om haar pragtige dogters n drukkie te gee.word hulle verlange beantwoord? Die man dink weer net aan homself. Ten minste kan hy sy dogters bel maar Susan nie .selfsugtige slang.

JohanR ·

As die ou wat in die tronk sit vir MOORD, op borgtog vrygelaat word, dan kan alle moordenaars dan vra vir die selfde. Dit sal dan baie plek maak in die tronk vir al daai klein kriminele. Wat ‘n land!

Justice ·

Dan het sy selfmoord gepleeg omdat hy haar gees gebreek het verneder het verwerp het verneuk het verlaat het en belieg het. Ten spyte van die feit dat sy hom nie wou verloor nie . SY HET HOM LIEF GEHAD.

Domvraag ·

Regtig Susan? Het jy dan nie die saak gevolg nie? Die moord toneel is verander om na selfmoord te lyk?

Nettie ·

@Susan, ek weet darem nie. Ek dink tog hy het Susan vermoor. Reg en geregtigheid het nou geskied.

Maar liewe land, hy kon maar gerus homself beter van sy taak gekwyt het as hy net ‘n greintjie breinkrag gebruik het. Enige mens kan jouself indink dat ‘n wurg-dood (met die hande gepleeg) nie dieselfde kán lyk as ‘n hang-dood nie (waar die liggaam se gewig die tou opwaarts sou laat trek het en beentjie(s) in die gorrelpyp beslis in ‘n ander rigting gebreek sou wees en daar nie breë kneusmerke aan die nek sou wees nie). Hoe moeilik kon dit wees om die liggaam op te tel en oor die deur te laat hang? Hy is immers ‘n groot, sterk man, teenoor Susan se klein, petite liggaamsbou. As hy régtig wou, kon hy hierdie soos ‘n hang-selfdood laat lyk het …. maar nou ja, nie almal is versot op misdaad-reekse soos ek, waar ‘n mens ‘n bietjie “know-how” opdoen nie.

Karen ·

Karen skyn jy het jou beroep gemis – jy redeneer soos goed betaalde advokaat wat saak wil uitrek tot voordeel. Hy mag nie borg kry kastig vir sy besigheid (watter besigheid is hierdie?) En vir sy familie sorg? (Met watter geld? Erfgeld) ek bid mamma se geld is veilig in trust want onthou buite is ‘n ander mooi Pikkewyn’jie wat wag vir haar Pikkewyn …..

George ·

Wonder of hy nie meer bekommerd is oor sy skelmpie as oor sy dogters nie!

Christa ·

Hy soek net Borg om Sy huiswerk opdatum te bring. Hy Moet sit en verrot in tronk.

Gert van Wierdapark ·

Susan se insig laat my dink sy is in die politiek betrokke – He-he-he!!

Jannie ·

Die feit dat hy kan appelleer is n bewys dat die regstelsel voel dat daar wel n kans is dat hy moontlik onskuldig is.
So Susan jy is nie so simpel as wat die ander klomp dink nie, inreendeel.

Karen ·

Nee bly jy net waar jy is – ek glo hulle ma het finansièl voorsiening gemaak en het hulle jou regrig nie nodig. ….gevoelloos dikvellig kortsigtig genoeg om te glo hy is nodig vir wat ookal…..

Verby arrogant ·

Dis asof dit nie tot hom deurdring dat hy die ma van sy kinders, die vrou aan wie hy trou geweer het, se lewe geneem het nie.
So asof SY belange, begeertes en behoeftes waaragtig nou nog steeds prioriteit moet wees.
Asof die hof met hom sal saamstem dat sy planne dringend is en gerieflik sal vergeet dat hy ‘n koelbloedige moordenaar is. Hy het waarskynlik geen berou nie.
Verstommend om die minste te sê.

Lisa ·

verby Arrogant, hy is ‘n narsist hy het geen berou of gevoel nie, ons almal vermoed hyt sy vrou vermoor omdat sy seker helfte van sy goed sou vat. Hy gee ook nie om oor sy kinders nie. Hy wil net saam met sy narsistiese minnares wees. die groot rede waarom arme Susan vermoor was. hulle altwee is psigopate, en ek hoop die regstelsel laat ons nie teleur deur hom borg te gee nie.

Moroon ·

Finansiele redes?!?! Ek dink hy verbeel hom hy iets nog oor in die lewe.

Wie weet ·

Maar is sy kinders nie al groot nie Hulle kan mos werk ek het begin werk toe ek 19 was en op 20 op my eie gebly Ek het nie ryk Pappie gehad nie Kan nie glo hy wil borg kry om nog geld te maak nie sodat sy kinders kan geld he nie belaglik Vir die kinders begin julle eie pot krap begin oor en sterkte vir julle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.