Jason Rohde weer in hof

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde, die Johannesburgse man wat aangekla word van die moord op sy vrou, het Vrydag weer in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

EWN berig die hofverrigtinge is vinnig afgehandel nadat die saak slegs uitgestel is vir verdere ondersoek. Rohde se borgtog is verleng en sy borgtogvoorwaardes is effens aangepas.

Maroela Media het vroeër berig Rohde staan tereg op ʼn skedule 5-aanklag van moord op sy vrou, Susan (47). Haar liggaam is die oggend van 24 Julie 2016 in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Rohde beweer sy het selfmoord gepleeg terwyl die staat aanvoer Susan is verwurg. ʼn Private patoloog en staatspatoloog wat verskillende nadoodse ondersoeke gedoen het, is dit nie eens oor hoe Susan gesterf het nie.

Rohde is op 30 Augustus op borgtog vrygelaat, maar kon aanvanklik volgens sy borgtogvoorwaardes nie die Wes-Kaap sonder toestemming verlaat nie. Landdros Greg Jacobs het hom egter in September toestemming gegee om terug te keer na sy huis en sy kinders in Bryanston.

Rohde sal weer op 30 Junie in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pop ·

Nog n klad op die naam van die regstelsel. Die arrogante man gaan weer wegkom.?

Alida ·

Pop ai wag tot jy al die feite het. Hoe weet jy hy het haar vermoor? Wat as sy selfmoord gepleeg het?

DS ·

Miskien haar nie met sy hande vermoor nie maar wel met sy dade….

AP ·

Kan net nie verstaan hoekom hulle vanaf Augustus 2016 tot Jan 2017 nie genoegsame tyd gehad het vir die ondersoek nie, wat het al die maande gebeur dan.

jaco ·

die privaatpatoloog doen sy werk reg en het dit nie, soos die staatspatoloog, gekry NET omdat hy die regte velkleur het. En natuurlik sal ons regstellende aksie geinfekteerde regstelsel die staatspatoloog glo, ook omdat die verdagte wit is. Enigiets om wit mense te “straf” omdat hulle wit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.