Jay in hospitaal opgeneem

Die Afrikaanse sanger, Jay. Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die bekende Afrikaanse sanger, Jay, is in ʼn Bloemfonteinse hospitaal opgeneem.

Corné Oosthuizen, Jay se agent, het aan Maroela Media bevestig die sanger is in die hospitaal opgeneem nadat hy Dinsdag van ʼn perd geval het naby Zastron.

“Die buikgordel van die saal het gebreek terwyl die perd vinnig gehardloop het en Jay is van die perd af geslinger. Hy het nie ʼn valhelm gedra nie,” het hy gesê.

Jay se oogbank is gebreek, ʼn ooglid is geskeur en sy niere en ribbes is ook beseer. Hy het reeds steke in onder meer sy knie en enkel gekry en sy ooglid sal Donderdagoggend tydens ʼn operasie geheg word.

“Ons is baie dankbaar hy het nie ernstiger beserings opgedoen nie. Dokters is oortuig daarvan dat hy volkome sal herstel en geen permanente skade sal oorhou ná die ongeluk nie,” het Oosthuizen gesê. “Ons verwag dat hy teen Vrydag ontslaan sal word.”

Oosthuizen het gesê Jay se optrede wat Woensdagaand in Zastron sou plaasvind, is gekanselleer. Hy hoop dat die sanger sy optredes vanaf Saterdag af weer sal kan hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Debs ·

Jay, man jou oulik ek hoop jy word sommer gou gesond na die vallery …. vat dit maar dan kalm vir eers.. Stertkte jong.

lance ·

Oh my hat…Baie bly hy sal okay wees…as hy weer wil leer perd ry kan hy kom kuier..

yolande ·

Ai. Ek wat self perdry weet hoe gevaarlik perdry is… hoekom hoekom het hulle toegelaat dat hy op die perd klim sonder n ryhoed… Baie bly hy gaan volkome herstel en vertrou dat dit so sal gebeur!!!! Nie baie is so gelukkig nie!!!

Dalene van Zyl ·

Ek hoop hy het n vrywaringsvorm geteken indien dit by n Lodge of Gasteplaas was.

maggie goldsmith ·

Laat die nursies maar Dirty Dancing ou Jay! Dit sal jou gou beter laat voel. Jy is ons Superhero! Word gou gesond! Reddersburg Liefde. Xx

madi ·

Baie sterkte jay…. Maar ek dink tog jy moet dt rustg neem .

ronelda ·

Hay jay….Hoop jy word vinning gesond…ons afrikaanse mense laat niks ons onder kry nie sterkte en mag alles van die beste voor loop sterkte van dt ma rustig

Driekie Roberts ·

Baie sterkte jong, jy moet ons nie so laat skrik nie!! Baie liefde, Robbie, Drieks, Ylandrei en Janco!!

Christine ·

Sterkte Jay… Bid vir ‘n vinnige herstel en beterskap xx

Istelle ·

Baie sterkte aan Jay en sy gesin, ons glo en vertrou dat God sy hand sal vas hou deur die moeilike tyd. Hoop om gou weer jou op die verhoog te sien Jay. Word gou gesond

Anna Schoeman ·

Jay ons bid jou sterkte toe hoop en vertrou dat ons jou ook eendag hier in Orania sal sien.
Word gou gesond en sterk behoorlik aan hoor.
Liefde
Anna Schoeman

magriet ·

oh man Jay, die tannies hierbo sal jou seker nog kom bad het ook as hulle die kans gekry het…

Johan ·

Jay, mag jy vinnig gesond word en sterkte. Hoop jy het nie baie pyn nie.

Deirdre ·

Die feit dat die buikgord gebreek het is terrible, as die tack (saal en toom en perdry gereedskap) versorg was en na gegaan was sou dit nie gebeur het nie! Die feit dat Jay nie n ryhoed aan gehad het nie is baie nalatig en gevaarlik! Ek klim nie eers op my perd voordat ek een aan het nie! Mens is verantwoordelik met perde en die hantering van hulle, enige nalatigheid kan erinstige gevolge mee bring!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.