Jayde Panayiotou: Man in hof; bly in aanhouding

Christopher Panayiotou Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Jayde Panayiotou se man, Christopher (28), het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op ʼn aanklag van moord verskyn en sal in aanhouding bly tot en met sy volgende hofverskyning.

Panayiotou is een van drie verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op Jayde Panayiotou, wat twee weke gelede buite haar kompleks in Kabega Park in Port Elizabeth ontvoer is. Haar liggaam is ʼn dag later in ʼn afgeleë gebied naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind.

Brig. Marinda Mills, polisiewoordvoerder, het gesê Panayiotou sal op 19 Junie weer in die hof verskyn.

Intussen het Mills bevestig dat die derde verdagte, ʼn 30-jarige man, Sondag in New Brighton in Port Elizabeth in hegtenis geneem is. Hy sal Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Volgens Mills is daar ʼn moontlikheid dat nog inhegtenisnames gedoen kan word.

Mills wou nie spekuleer oor die motief vir die moord, die polisie se ondersoek of berigte dat dit ’n huurmoord was nie. “Hierdie inligting kan nie gedeel word nie omdat dit deel vorm van die polisieondersoek en in die hof voorgelê sal word tydens die verhoor,” het sy gesê.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bets van Aswegen ·

uitstekende speurwerk! Hoog tyd dat die doodstraf weer ingebring word vir moordenaars en verkragters. Ons moet aandring op referendum vir of teen doodstraf. Baie ANC lede ondersteun dit ook!

Wally ·

Die doodstraf sal nie die moorde en verkragtings stop nie, MAAR dit sal die skurke twee keer laat dink!!!

Wally ·

Die doodstraf sal nie die moorde of verkragtings laat verdwyn nie, MAAR dit sal baie mense twee keer laat dink voordat hulle dit doen!!!

Hannelie ·

Sterkte aan haar familie. Ek stem saam met Bets, dit is lankal tyd dat die doodstraf ingebring word, moordenaars en verkragters sal net aanhou en aanhou, want hulle weet hul gaan nie lank sit nie of hul gaan niks oorkom nie. Maar hy sal altyd ‘n moordenaar gebrandmerk wees!!!!

Illa ·

Bets, ek het ook aanvanklik gedink dit mag dalk werk. Die probleem is egter – kan ons iets so finaal soos die doodstraf loslaat in die hande van onbekwame geregsdienaars? (Ek bedoel nie om dié geregsdienaars wat wel nog trots in hul werk het en dit na die beste van hul vermoeëns uitvoer te affronteer nie, maar ek’s seker jul besef daar is ‘n heel paar vrot appels) Ek sal weer daarvan hou as ons Amerika se stelsel van “three strikes and you’re out” kan implementeer, wat daarop neerkom dat as ‘n misdadiger vir die derde keer skuldig bevind word aan ‘n ernstige misdaad (waarvan gewone roof deel uitmaak), hy lewenslange tronkstraf opgelê word. Ons sit met reeksmisdadigers wat hulle stukkie vonnisse uitdien en weer terug op straat gesit word om dit weer en weer te doen. Hulle eskalleer ook dikwels met die graad van wreedheid wat hul toepas. Miskien kan dit tenminste die siklus stop?

amanda ·

Hoekom kry hul die arrestasies so vinnig ma van breda sin sloer al v januarie af

Asjas ·

Ek stem saam. Bring terug die doodstraf. Die probleem waarmee ons tans sit is dat daar is geen vrees vir of vertroue in ons regstelsel nie en dit is hoekom mense kanse vat en die misdaad erger word. Geen vrees nie, en so baie kom weg met “klein” misdaad dus gaan maar groot of gaan huis toe.

Annerie ·

Die regering sal nie die doodstraf terugbring nie want dan sal n paar regeringsamptenare ook moet boet.

Gerhard ·

Pel, as jy skuldig bevind word hoop ek hulle sluit jou tóé, so diep dat jy eers drie-uur die middag jou brêkvis kry. Met ‘n duikboot.

alex ·

Brig. Marinda Mills en haar span speurders het uitstaande werk gedoen in ‘n besondere kort tydperk. Die publiek en gemeenskap kan trots op julle wees. Sulke polisielede laat die publiek se harte warm klop. Dankie aan julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.