Jayde Panayiotou-moord: Derde persoon in hof

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

ʼn Derde persoon wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die onderwyseres Jayde Panayiotou, sal Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Brig. Marinda Mills het bevestig die man is Sondag in New Brighton in hegtenis geneem. Dié nuus volg nadat Panayiotou se man Maandagoggend in dieselfde hof verskyn het.

Christopher Panayiotou (28) het vlugtig in die hof verskyn en staan tereg op aanklag van ontvoering, diefstal, moord en sameswering om sy vrou te vermoor. Die saak is uitgestel tot 19 Junie vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding. Klik hier om meer te lees.

Jayde Panayiotou is op 21 April buite haar huis in Kabega Park ontvoer terwyl sy vir ʼn vriendin staan en wag het. Haar liggaam is later aan die buitewyke van die Kwanobuhle- informele nedersetting in Uitenhage gevind.

Thando Siyoli (31), een van die mans wat in verband met die misdade in hegtenis geneem is, het Donderdag in dieselfde hof verskyn.

Daar het intussen ook besonderhede aan die lig gekom dat ʼn noemenswaardig bedrag geld glo betaal is om haar te vermoor.

Bron: Ahmed Areff, News24
Lees alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert Malan ·

Kan een mens so lafhartig wees? Wat gaan hy aan God antwoord wanneer dit eendag sy beurt gaan wees om te antwoord? Kom ons bid vir haar familie en vir bystand in hierdie moeilike tyd.

Asjas ·

Ek sal net bitter graag wil weet hoekom? Sy was ‘n pragtige vrou, baie gewild en hulle lyk gelukkig op fotos. Hy moes tog seker ‘n bietjie lief vir haar gewees het? Wat maak dat mense so iets aan iemand doen aan wie jy trou beloof het voor die Here??

nig ·

Verdomp! Hoekom nie net skei nie? Hoekom die arme mooie vrou vermoor? Die tipe goed gaan my verstand te bowe. En dan dink hulle hulle kan wegkom met dit.

Erma ·

Daar is deesdae so baie soortgelyke moorde.En die mense leer nie.As jy nie meer gelukkig is nie skei dan eerder.Hoekom sover gaan en n lewe neem?

scalla ·

Sy kop het uitgehaak, ek vermoed daar is polisse met lewensdekking betrokke waarvan gewoonlik die baasbrein agter die storie die begunstigde is.

Anoniem ·

Omdat in SA jy kan wegkom met moord soos Shrien Dewani bewys het sal meer gevalle soos die gebeur.

Kosie ·

Buite egtelike verhouding? Ja die kleinkoppie sindroom is ñ vieslike ding lyk dit vir my.

Anoniem ·

Omdat Shrien Dewani bewys het jy kan wegkom met moord sal al hoe meer sulke gevalle voorkom. Die regstelsel is ook nie betroubaar nie.

Lizzie ·

Bring die doodstraf terug en minder moorde sal plaasvind. Want die moordenaars sien daar word nie streng genoeg teen hulle opgetree nie en daarom gaan dit net erger word. Onskuldige mense se lewens word geneem en die skuldiges kom skotvry.

Let ·

Toe ek hoor haar man sit moontlik agter die hele ding het ek ‘n hol kol op my maag gekry…nòg ‘n vrou wat deur haar man vermoor is…en dan kyk jy na hulle troufoto’s en wonder soos Asjas, waar het alles verkeerd gegaan. Tog, foto’s vertel nie altyd die volle waarheid nie…voorgee is maklik, dit weet ons almal. En ander mense se boeke is duister. Ek voel veral geruk deur hierdie tragedie en ook die van die vrou wat verlede week deur haar ex verloofde doodgeskiet is, want wat sê dit van verhoudings tussen mans en vrouens? As ek jou dalk tot jou “limit” druk, draai jy om en skiet my? Of laat my vermoor? Dit laat my (as geskeide vrou) sidder om te dink…wat gebeur môre of oormôre met my of met jou…?

malinda ·

Dit gaan my verstand te bowe. Dan huil hy nog oor haar en lees (vals) gediggie op begrafnis. oeeeeeeee bring terug die galg tou.

CHRISTA ·

Hulle sal nooit weer die doodstraf terugbring nie – moordenaars en ander geweldsmisdadigers het mos MEER menseregte as hulle slagoffers. Maar die wiel draai en ons regering moet weet hulle het ook kinders en kleinkinders!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.